Ouers gewaarsku oor plasing by Gauteng-skole

skoolskoene-2

Argieffoto

Die Gautengse departement van onderwys het ouers Maandag gewaarsku dat meer as 70 000 leerders die risiko loop om hul plek in skole vir gr. 1 en gr. 8 volgende jaar te verloor.

Die departement het in ʼn verklaring gesê altesaam 285 834 aansoeke is ontvang van ouers wat plek vir hul kinders in gr. 1 of gr. 8 vir volgende jaar in skole in dié provinsie wil kry. Die departement het op 24 Julie begin om leerders volgens hierdie aansoeke in skole te plaas en het plasingsaanbiedinge aan ouers gestuur.

Volgens die departement het ongeveer 71 275 ouers egter steeds nie op die aanbiedinge vir plasing gereageer nie. “Die departement het SMS-kennisgewings aan hierdie ouers gestuur om hulle te herinner om te reageer op die aanbiedinge vir plasing. Indien ouers nie reageer nie, kan dit daartoe lei dat hul kinders hul plek in die skole verloor. Die versuim om op die aanbiedinge te reageer veroorsaak ook erge vertragings in die stelsel,” het die departement gesê.

Die departement het gesê 65 595 leerders is reeds in gr. 1 geplaas en 51 486 leerders in gr. 8. Die plasing van leerders sal op 20 Oktober 2017 sluit.

“Alle skole, distrikskantore en hoofkantoor kan ouers bystaan om hul plasingsaanbieding te aanvaar,” het die departement gesê. “Ouers kan gerus wees dat die distrikte tans besig is om leerders te plaas wat nog nie deur skole geplaas is nie. Die departement werk onverpoosd om alle leerders teen 20 Oktober geplaas te kry.”

Volgens die departement sal die plasing van leerders wat voor die sperdatum van 12 Junie aansoek gedoen het eers afgehandel word voordat die stelsel vir laat-aansoeke oopgestel word. Die datum vir laat-aansoeke sal in die media bekend gemaak word.

“Ons sê weereens dankie aan die mense van Gauteng vir die oorweldigende reaksie op die aanlyn toelatings,” het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in die provinsie, gesê. “Die vroeë verwerking van toelatings beteken dat onderrig en leer op die eerste dag van die 2018- akademiese kalender kan begin. Die samewerking van ouers word hoog op prys gestel.”

Ouers wat aansoek gedoen het vir plasing van ʼn leerder, maar steeds geen reaksie van die departement ontvang het nie, word versoek om hul distrikskantoor te kontak. Die departement se inbelsentrum kan ook op 0800 000 789 geskakel word of ʼn e-pos kan aan [email protected] gestuur word. Volg ook die Gautengse departement van onderwys op Twitter, Instagram en Facebook vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Moedeloos ·

Die inbelsentrum verwys mens na die distrikskantoor, wat nie hulle fone antwoord nie. Waarom vra hulle dat mens moet kontak?! NOG ‘n sisteem wat in plek gestel is, maar nie behoorlik bestuur word nie.

Susan ·

haha, hulle dring aan op terugvoering van aanbiedings (laat mens wonder) maar indien ons nie sodanige aanbieding ontvang het nie moet ons hulle kontak. Watse twak is dit?? Wys weereens dat hulle NIE die kontak eerste gedoen het nie en nou verwag hulle jan-alleman moet agter hulle aanbel – en dan antwoord hulle nie eers die telefoon nie…….

Hanna ·

Aan die begin v elke nuwe skooljaar sit die Weskaapse dept van Onderwys met hande in die hare agv kinders wat in hul hordes vanuit die Oos Kaap na die Wes-Kaapse skole stroom. Hierdie kinders daag net doodeenvoudig op… Hoop Gauteng se ouers is meer verantwoordelik. Die probleem is, baie v hierdie ouers weet hul kinders sal iewers geakkommodeer word, so why bother? Skree net rassisme of so iets. Probleem uitgesorteer.

dont worry be happy ·

Mense dit is honderd maal beter om jou kind/kinders te “home school” tuis skool geen skoolklere geen skoolgeldd geen boelies geen goed wat weg raak nie ens ens en daar is goeie tuis skole

Marianne ·

Ons dink daaraan volgende jaar. Was nét nie tevrede met die hoërskool nie.

Tuisonderrig vs cottage school ·

Tuisonderrig word deur die ouer self gedoen, in die kind se eie huis en die ouer kan net sy eie kinders onderrig…..enige iets anders is n cottage school, nie n tuisskool nie.

Vicki ·

Tuis onderrig is nie vir almal moontlik nie. Ouers moet werk deur die dag. Waar nog tyd kry vir skoolgee?

Leana ·

Ek stem 100% saam, Tuisonderig is baie beter. Ek het die jaar begin daarmee en my dogter is in Gr6 by Breinlyn. Ek is glad nie spyt oor my besluit nie. Ek spaar baie op skool geld, skool uniforms en al daai extra fooie wat deur die jaar betaal moet word. Sy is gelukkig en ek is gelukkig.

Michael ·

Tuisonderig het sy voordele maar die gewone ouer gaan sukkel met wiskunde en wetenskap veral in in graad 11 en 12 weeg maar eers die pros en cons op voor jy so besluit maak.

Deon ·

En almal wonder hoekom die pap oral op die grond val, vra net vir die ANC wat die direkte oorsaak is van Suid Afrika se oorpopulasie van die nagenoeg 30 miljoen plus wat Suid Afrika binne gestroom het vanaf 1994 tot en met hede, en nogsteeds binnestroom….. vandaar, werkloosheid, alle infrastruktuur onder druk, tekort aan behuising ens ens….alles bydraend tot alle probleme in ons land en vir ons mense…..grootste bydraende faktor tot Misdaad. Wie moet ons bedank, definitief nie Wesbank nie…..die ANC

Andre ·

Ai, die politieke korrektheid van die “verligte en moderne” ouers, veral die in die stede, skop hulle en hul kinders darem lekker in die rug.

SARIE VAN HEERDEN ·

Mens moet die goeie uit die verlede neem as dit gewerk het en daarop voortbou. Hoekom kan ons nie soos vanouds slegs kinders vir ons skole neem uit die omgewing waarin die skool is nie. Met ander woorde: plaaslike kinders van die omgewing. Hoekom moet ons kinders van wie weet waar akkommodeer? Sekerlik het hul hul eie geriewe, en as hulle nie het nie, kyk na geboortebeplanning.

Connie ·

Wees maar versigtig vir tuisonderrig. Baie moeilik. Wie gasn die wiskunde verduidelik? Wat van ouers wat werk ? Wat van ‘n lui kind. Goeie onderwysers bemoedig die kinders en kinders leer om met alle soorte mense saam te werk. Hul moet mos leer om oral aan te pas. Wat as hul die lewe daar buite moet gaan aandurf?

Wenef ·

Daar is baie private tutors wat na jou huis kom en wiskunde klas gee vir jou kind. Ja dit kos geld, maar soveel beter en jy spaar elkgeval baie. Staatskole is n NO NO.
Anders, privaat Christen skool.
Tragies wat aan ons pragtige onderwysstelsel gedoen is en ons prag skole.Deur mense wat net aanhou onverantwoordelik aanwas.
Beter om selfverantwoordelikheid te aanvaar vir jou kind se opvoeding met jou eie waardes binne jou kultuur.
Is daar nie n kosskool vir kinders uit SA in Orania nie? Hullehet n uitstekendeonderwysstelsel, maar weereens uit ons eie, vir ons eie.
Siek SA.

SARIE VAN HEERDEN ·

CONNIE, Tuisonderrig beteken nie dat die ouers SELF skoolhou nie. Vriende van my het onderwysers gekry om dit te doen. ‘n Lui kind sal by die skool OOK lui wees. En hoe pas ‘n kind by ander kinders aan wat moontlik almal ANDERS met ander waardes as hy is? Enige kind moet “buite” ook gaan aanpas by allerhande ander siele want ons is NIE almal dieselfde nie.

O my wêreld ·

Genade mense, mense het geld en ander nie, mense kan huisskool doen ander kan nie. Om rasse van mekaar te probeer weghou is nie die oplossing nie. Ons kinders word groot in hierdie SA of mense dit nou wil aanvaar of nie. Die online system is nie ideal nie maar dit werk as almal hul kant bring en saamwerk. Ons het geregistreer, ons dokumente ingegee ens. Alles het vlot verloop want ons het nie gesit en slaap of hande in die lig gegooi en gese whatever nie. Hul waarsku hier dat jy jou kind se plek kan verloor as jy nie saamwerk nie. Of hul kontak no werk of nie daar is n epos en webtuiste. Oor die 60000 mense het nie gesukkel nie. Mense is so vinnig om sisteme aftebreuk as dit nie vir hul werk nie. Dis die probleem met ons almal ons gn mekaar niks en soek altyd die probleem by ‘rasse situasie’ want ons kan sien hoe great dit vir ons almal tot dusver gewerk het ne… Kom by mense… Om te sit en moan oor iets het nog nooit gehelp nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.