Ouers gewaarsku teen ‘fidget spinners’

Fidget spinner (Foto: Pixabay)

ʼn Waghondgroep van Boston in die VSA het ouers en kinders vandeesweek gewaarsku teen die potensiële gevare van die hoogs gewilde sogenaamde “fidget spinner” wat bemark word as stresverligter.

Die groep – World Against Toys Causing Harm (WATCH) – het gesê die speletjie hou potensieel talle gevare soos onder meer verstikking vir kinders in, en is daarom op die groep se lys van onveilige speelgoed geplaas.

Dié waarskuwing volg ná owerhede in Duitsland verlede week gesê het hulle beplan om tonne van die klein speelgoed wat deur doeane-agentskappe in beslag geneem is, te vernietig. Die owerhede het gesê hulle het die speelgoed, wat uit China aangekom het, getoets en bevind dat dele daarvan kan afbreek en dus moontlike verstikkingsgevare vir klein kinders inhou.

Volgens CBS ondersoek die Amerikaanse verbruikersproduk-veiligheidskommissie ook verskeie voorvalle waar kinders chirurgie nodig gehad het nadat klein dele van die speelding losgekom, en hulle laat verstik het. Ander gevalle waar ʼn staalgedeelte van die apparaat losgekom en kinders in die oë of gesig getref het, is ook aangemeld.

James Swartz, die direkteur van WATCH, sê die grootste probleem met dié speelding is dat hy sonder ʼn ouderdomsbeperking verkoop word.

Fidget spinner (Foto: Pixabay)

“Die ‘speelgoed’ word verder in die speelgoedrakke verkoop, maar moet eintlik nie as ʼn speelding bemark word nie. Dié ‘fidget spinners’ is aanvanklik ontwerp om kinders te help met konsentrasie en om minder woelig te wees, maar dit het só gewild geraak dat elke tweede kind nou een het. Daar is geen waarskuwing oor die gevare óf ʼn ouderdomsbeperking nie, en dit moet verander,” sê Swartz.

In ʼn steekproef wat deur die waghondgroep gedoen is, is bevind dat sowat een derde van die 200 grootste skole in Amerika reeds dié speelding verban het.

“Dit help nie met kinders se konsentrasie nie, inteendeel, ons het bevind dat hulle met die speelding nog minder aandag gee,” sê John McDonald, adjunkhoof van Laerskool Delano in Minnesota.

Die Toy Association, ʼn handelsvereniging vir speelgoedvervaardigers, het gesê die waarskuwing oor die “fidget spinners” is “verwarrend en misleidend”. Die organisasie het ouers en versorgers gewaarsku om eerder by erkende kleinhandelaars, wat voldoen aan federale veiligheidswette, speelgoed te koop.

Bron: CBS

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Kwaaitjie ·

En ‘n Barbiepop se skoentjies ander bykomstighede? Dit is ook klein stukkies en is ook ‘n verstikkingsgevaar.
Ek stem saam dat die spinners defnitief leerders se aandag aftrek maar amper elke tweede speelding is “gevaarlik”.

MissDemeanor ·

Dink ek ook. Maar doe fidgit spinners klink vir my na ‘n “gimmick”. Pffft….help met konsentrasie! Hoe so?

Skillie ·

Ek stem saam met Kwaaitjie – elke speeldign het sy eie gevaar – as dit gebruik/mee gespeel word soos dit moet – en nie allerhande “tricks” uithaal nie, sal daar minder gevare wees – soos met enige ander speelding die geval is.
As die kinders/mense “air guns” en sulke goed gebruik omdit vinniger te laat spin, d persoon seer kry …. is dit hul eie nalatigheid…. kan dan nie d vervaardigers v d speelding blameer nie

Jakobus ·

Dit sê darem baie as ‘n spinner ‘n mens besig hou, of jou aandag aftrek, ek sou dink die regte reaksie sou wees om dit toetentaal te ignoreer.

Ina ·

Die Fidget se oorspronklike doel was om kinders met Audisme en ADHD te help. As dit kinders angstig raak, gaan hulle breine in overdrive en dan gee hulle nie aandag in die klas nie (aka konstentreer nie). Deur met die fidget spinner te speel vir ‘n kort tydjie, verminder die angstigheid, en kan die brein weer fokus op wat in die klaskamer gebeur.

So ja, dit HET ‘n plek in die klaskamer vir DIE WAT DIT NODIG HET, en NEE dit VERBETER nie konsentrasie nie verminder nie jou stres vlakke nie (mits jy ‘n persoon met Autisme en of ADHD is).

Is dit ‘n gevaarlike speelding ?? JA dit is, maar ‘n kind onder die ouderdom van 5 is nie veronderstel om daarmee te speel nie, en die “choking” gevaar is biekie ver gevat – die ding is omtrent so groot soos die palm van my hand.

Leendert ·

Heeltemal korrek Ina, dit was aanvanklik so bemark, en ek weet natuurlik nie wat die eksperte sê, wat die effektiwiteit daarvan is nie, maar ewenwel, dis nie waaroor dit vir 99% van die spelers van die toestelletjie gaan nie. Daardie inligting waarna jy verwys, kom ook nêrens op die houertjies waarin dit verkoop word voor nie.

Na dit vanjaar as speelding vlamgevat het, word dit vir enigeen oor die tonbank verkoop. En sekerlik speel 99% van die kinders nie daarmee omdat dit deur ‘n dokter of ‘n kundige agv hul mediese of die toestande waarna jy verwys, dit genoodsaak nie. Vir daardie 99% van die mense (grootmense en kinders) is dit ‘n speelding en ‘n voefie en is hulle nie eens bewus van wat jy hier bo noem nie..

Jakob ·

Ek verneem dat dié speelding wat seker deur ’n entrepreneur ontwerp is, nou vir die groter maatskappye so bietjie opdraende gee, al is dit slegs tot die belangstelling verlore gaan. Daarom die gereelde beriggewing op verskeie platforme oor die ‘vroeteltol’ se gevare. Dieselfde is waar vir elektroniese sigarette, hoeveel geld is nie verlore uit die tabaksektor weens die nuwe en meer modieuse ‘elektrostokkie’ nie?

Klaas ·

Dis die grootste klomp onsin. Daars baie speelgoed wat baie gevaarlikker is.

Jaco ·

Hahahahahahahahahahaha
Ek dink die is suur druiwe van iemand af. As j n moter voertuig gebruik kan hy jou dood maak. Kom ons vernietig alle moter voertuie

danie ·

Ek dink as hulle bang is kinders gaan verstik, gaan redelik baie speel goed en kos more van die rakke af verdwyn

Herman ·

stem saam dat dit gevaarlik is maar het my kinders se bearings vas ge super glue sodad dit nie kan uit kom nie ! probleem opgelos (“,)

Ken van Benoni ·

Biltong kan uiters gevaarlik wees, daar kom ook kleinstukkies wat in selfs volwassenis se kele kan beland..??

Brompie ·

Die regte fidget spinner word uit brass gemaak en die bearings word dmv verhitting van brass ingesit en dan af gekoel sodat bearings vas gekrimp is. Gee enige ding vir n China en hulle maak n cheap knock off. Selde met hul voertuie. Trust boggerol wat van hulle af kom.

Cherokee ·

Selde met hul voertuie sê jy. So hul voertuie is okay. Dit is wat die uitlaat van een letter (f) doen.

Jackie ·

Brompie dan sal jy jou hande saamslaan as jy regtig weet wat alles van China afkom. Baie Bybels word gedruk en gebind daar. Verskriklik baie goed wat oral in SA verkoop word se oorsprong is China.

'Dom' Boer ·

Ai Maroela, en die afrikaanse naam vir die dingetjie is . . . ? ‘VROETELWIELIETJIE’
Moenie my bedank daarvoor maar die Middelburg Observer.

Kosie ·

Ag asseblief, nie nog ‘n anglisisme nie asseblief. Dit is ‘n swak gebruik van taal.

Jan ·

Vroetel jy maar met jou stress wielietjie, of dan stresverligter, as jy dit so wil noem, ek speel liewer met my kubus.

'Dom' Boer ·

Ai Kosie asseblief net een ‘asseblief’ in jou een sinnetjie ASSEBLIEF.

Francois ·

‘Dom’ Boer, uitstekende benaming vir die speelding en so eie aan Afrikaans.

Kosie, ek is redelik verbaas dat jy dit ‘n anglisisme noem aangesien ‘n anglisisme ‘n direkte vertaling of afleiding van ‘n Engelse woord is, bv: “pavement” / pavement in stede van sypaadjie. Ek sien die woord vroetelwiletjie as ‘n uitstkende eg-Afrikaanse benaminaming en geensins afgelei van die Engelse benaming “fidget spinner”.

Johann Marx ·

Gaan lees weer die artikel mense…..almal hik en kik omdat die speelding NIE met ‘n ouderdomsbeperking en waarskuwing verpak word nie. Gaan lees maar op jou Barbie boks Kwaaitjie….daar staan “Hierdie speelding bevat klein onderdele wat ‘n verstikkingsgevaar inhou en word nie aanbeveel vir kinders jonger as 4 jaar nie (byvoorbeeld).” Solank jy net die koper van die item verantwoordelik maak vir die potensiële gevaar wat jou speelding inhou, deur dit op die verpakking te laat druk, is jy meer as OK…..

Vlam ·

Stresrelief? Nie so seker. Aandagafleibaar? Definitief! As my dogter met die ding speel kan die wêreld om haar vergaan. Is niks anders as n moderne weergawe van die woer-woer waarmee ons as kinders gespeel het nie. Wat die veiligheid betref dink ek dis moontlik een van die veiligstes in haar kas! Haar Barbies, Legos, ens het baie meer klein parte wat verstikking kan veroorsaak.

Francois ·

Vlam, ons het ook met die woer-woer gespeel wat uit ‘n groeterige knoop en ‘n stuk garing gemaak word. My ma het altyd ‘n knoepeblik aangehou waarin al haar oortollige knope gebêre was. Ons het gedurende vakansietye so baie daarmee gespeel. Goeie herinneringe.

Johann ·

Ek sien nou die eerste keer in my lewe hierdie ding. Toe gaan lees ek op die internet en kyk op YouTube ‘n video van wat die goed doen . Al wat ek kan sê is dat ek geskok is dat kinders hulle enigsins met dit kan ophou, die ouers dit vir hulle kan koop, dit is die grootste spul twak, mens staar net en kyk na die draaiende ou dingetjie. Miskien sal dit kinders wat nog in ‘n kot is fassineer. Wat van ‘n telraampie, of ‘n fopspeen, maar genade, waar wil ons wees, wat maak ons vir die toekoms groot?

Johann ·

En toe kom kuier daar vir ons vanmiddag mense. So deur die gesels vra ek of hulle die spin-gemors ken, en ek vaar uit teen mense wat niks beter het om te doen nie, as DIT hulle moet besig hou, interesseer, genade! Na ‘n tyd, toe ek iets in die studeerkamer gaan haal, steek my vrou haar kop daar in en beduie die vrou het vir my ‘n geskenk saamgebring.

Ewe nuuskierig stap ek toe weer woonkamer toe, en daar wys die vrou my ‘n pakkie waarin een van die goed is, beduie sy het dit vir my saamgebring, hulle het ook nie sin daarin nie, en ek kan dit liewers vir iemand anders gee. Ten minste was ek eerlik. Ek haal toe die ding uit die houer en spin dit.

Ek koop liewer vir my kinders ‘n klimtol of iets anders, maar nie, verseker nie hierdie twak nie.

Paseseun ·

PASOP VIR DIE FIDGET!

Wanneer sekere tipes gespin word gee dit n tipe hipnotiese sein af wat kinders se onderbewussyn “hack” en veslawing daaraan bewerkstellig.

Die tweede groot risiko is die magnetiese veld wat dit vorm en dit word deur die FBI gebruik om jou doen en late te monitor.

Die laaste is die geluid wat dit maak is zoemmmmmm en dit veroorsaak gehoorverlies

Johann ·

Dat ‘n mens jou kind aan sulke nonsies kan blootstel! Die grootste spul twak.

Ja ·

Lagwekkend ……so baie nonsies oor nog ‘n sinnelose tydverdryf. Vra die kind wat het hy in sy hand???na gelang van sy antwoord en die doel van als kan saam besluit word of daar nie ‘n beter keuse is. Omdat kinders los-speeltyd hulself besig moét hou want hul is of ingeperk of moet die ander nié pla wat met werk op selfone ens besig is. Ouers en opvoeders MOET meer by kinders “inskakel” dus betokke by als maw enige tydverdryf om beter ingeligte kinders en op ou end jongmense te verseker.

A. Mac ·

Hier was nou net weer ‘n vervaardiger wat $$$$$$ gesien het en die goed bemark het met allerhande foefies waarvoor ouers en opvoedkundiges geval het, (my persoonlike opinie). Lyk meer na iets wat ‘n kind se aandag van sy werk aflei.

Burger ·

Die ouens wat die goed ontwerp besef dat dit n vinnige kom en gaan ding is , net soos die powerbands . Hulle maak vinnig n massa geld en dan is dit verby.

Karoomeisie ·

Ek het nou al 2 gevalle gesien waar die speelding n kind se lip opsny en n vinger. Nie net verstikking en dink dus nogal gevaarlik.Ek sal beslis nie aanraai vir iemand. En ook n kind wat se vinger in die gaatjie vasgesit het .So glad nie veilig!!! Elke ou sy eie opinie maar beslis nie vir my .

not in wonderland ·

Hoe kan ek iets ontwerp wat so in aanvraag kan wees? (behalwe koeksisters bak)

Liz ·

As ouer, moet jy die verantwoordelike doen en sien dat jou kind reg speel met goed. Vat bv as voorbeeld. Jy koop n hond om die kind se troeteldier te wees. Jy laat die kind speel met die hond net soos hy. Die hond byt die kind oordie hond homself beskerm teen bv n stert getrekery. Dis Nie die hond se fout nie. Dis die ouers wat nalaat om die kind reg te leer.

Phoebe ·

Dis n speelding. Kinders is nie veronderstel om die goed in hulle monde te “spin” nie. As hulle moet kondentreer, ouer vat weg.

Lisaan ·

Kjulle klomp klaers, is die beste advertensie vir enige artikels.

Ig ·

Mmm laat my terugdink aan die tyd toe satan met jou gepraat het as jy n plaat terugspeel.Ek speel tog te lekker met my kleinkinders se spinner saam veral die een met die led liggies.

Rika ·

Ja en so het elke ding sy negatief…. Hierdie soeelding gaan baie vinnig boring raak vir die kinders myne het dit vir n week gespin… Ouderdom 4,13,17 ek sien dit nie eens meer in hulle hande nie… Dit het maar net gegaan omdat elke maaitjie dit het….

Zinia ·

Ek stem saam dat daar n ouderdomsbeperking moet wees.
Alle speelgoed het sy nadele.
Ons as ouers moet ook eers dink voor jy ja sê vir iets.
Onthou dis mens gemaak enige iets kan gebeur.

Charles Rossouw ·

Toe ek op skool was het die skoolhoof gese “video games” speel by dié kafee is duiwels…

Johann ·

Mens kan sekerlik nie video speletjies met hierdie vroeteldingetjie vergelyk nie, mens hoef net na die vaardighede wat vereis word te kyk. Die vroeteldingetjie bring niks na die tafel toe nie, buiten om dit te spin, voor jou te hou, en dan selfvoldaan na jou maat te kyk.

Leendert ·

Kan iemand wat stess gehad het (dalk erge sress) vir ons vertel of die ding sy Afrikaanse naam , soos hierbo genoem kan word. Dit is eerder ‘n vroetelspindingetjie, maar verseker verlig dit nie jou stress nie, ek glo nie dit sal enige normale mens se aandag van iets aflei nie, veral nie stress nie.

Wat sal mens ‘n Afrikaanse naam vir die ding gee? Tog net nie iets wat na stress verwys nie, wat van ‘n verbeeldinglosevroeteltoestelletjie.

Johanna Botha ·

Wel in SA is baie van die kinders se ouers n groter gevaar vir hulle eie kinders as die ou speelding …….

Johann ·

Dalk moet mens vir die kinders vertel, as hulle hul oor naby die ding hou en mooi luister, dan sal hulle dit Chinees hoor sing. DAN moet julle sien hoe spin die klomp.

Jan ·

Mens weet nooit, dalk word van die kinders dalk eendag meganiese ingenieurs.

Werner van Zyl ·

Kinders wat verstik? Wat soek dit in hulle monde? Stukke wat los kom en in oë en gesigte beland? Ja omdat die spinners buite die ontwerp spesifikasie (om hom met jou fingers en alleenlik jou vingers te spin) gebruik word en compressors gebruik word om dit vinniger te laat spin. Wys maar net weer die mentaliteit van die Amerikaners. Verwys nie na dom ouers wat nie die diskresie het om te bepaal of hulle kinders oud genoeg is om met dit te speel nie of om verantwoordelik te wees en die spinner reg te gebruik nie. Nee. Daar moet mos ñ plakker op wees om vir jou soos ñ idioot te verduidelik hoe om iets eenvoudig soos hierdie veilig te gebruik.

Jakoba ·

Ai so klomp geraas oor ñ speelding….
Werner, ek stem saam met jou. Gebruik die ding net reg.
Ek is ñ mamma van ñ Outistiese seun en ek dink dis baie oulik. Hy het hard geoefen voor hy dit met sy sukkelvingertjies kon regkry. Die beloning is groot. Hy kry hom gespin!!! Nou al net met een hand . So dit verbeter sy fynmotoriese bewegings van sy vingers…wat help met skryf ens…
Hy moes hard oefen om dit reg te kry… Nou oefen hy metbietie s’n wat groter is…nog harder werk…Intussen word sy vingers slim….so speel-speel…
Ns. Hy druk dit nie in sy mond nie en jaag dit nie aan met ñ”compressor” nie.

Jakoba ·

Ai so klomp geraas oor ñ speelding….
Werner, ek stem saam met jou. Gebruik die ding net reg.
Ek is ñ mamma van ñ Outistiese seun en ek dink dis baie oulik. Hy het hard geoefen voor hy dit met sy sukkelvingertjies kon regkry. Die beloning is groot. Hy kry hom gespin!!! Nou al net met een hand . So dit verbeter sy fynmotoriese bewegings van sy vingers…wat help met skryf ens…
Hy moes hard oefen om dit reg te kry… Nou oefen hy met boetie s’n wat groter is…nog harder werk…Intussen word sy vingers slim….so speel-speel…
Ns. Hy druk dit nie in sy mond nie en jaag dit nie aan met ñ”compressor” nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.