Ouers herinner aan sluitingsdatum

wiskunde-skool-klas.jpg

Argieffoto

Die Gautengse departement van onderwys het in ʼn verklaring gesê hy wil ouers aan die sluitingsdatum vir laat aanlynaansoeke herinner.

Volgens die departement is die sluitingsdatum 30 November 2016.

“Ouers word aangemoedig om teen 30 November aansoeke in te dien indien hulle ʼn plek wil verseker vir hul kinders by Gautengse skole,” het Oupa Bodibe, woordvoerder van die departement, gesê. “Die beplanning vir skoolmateriaal soos boeke, skryfbehoeftes, tafels en stoele moet ook gedoen word in ooreenstemming met die aantal leerders in ons stelsel.”

Bodibe het dit benadruk dat geen aansoeke in Januarie geprosesseer sal word nie, aangesien onderrig en leer reeds op die eerste skooldag sal begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Buitestander ·

Wat van ouers wat moet verhuis oor Desember maand.
Geen uitsonderings???

snoefie ·

dan op die eerste skooldag, gaan swart ouers wit skole oorstroom om hulle kinders in te skryf. as die wit skool hoofde dan dan anc se reel van GEEN INSKRYWINGS gaan toepas, gaan hulle weer as rassiste uitgekryt word in die media en gaan ou lesufi weer sy klugkudde kom in span voor die wit skole.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.