Ouers hoopvol oor appèl vir vrou in Thaise tronk

Ashley Oosthuizen (Foto: Facebook)

Ashley Oosthuizen (22) se ouers en regsverteenwoordiger glo onwrikbaar in haar onskuld en hoop om haar binnekort uit ʼn Thaise tronk, waar sy lewenslank vir internasionale dwelmhandel opgesluit is, te bevry.

Oosthuizen se regsverteenwoordiger het in November verlede jaar ’n appèlaansoek in die hof gebring wat moontlik eers oor 18 maande aangehoor sal word.

Oosthuizen is op 8 Oktober 2020 op dwelmverwante aanklagte in hegtenis geneem nadat sy vir die ontvangs van ’n pakkie wat by haar werksplek afgelewer is, geteken het. Die pakkie was nie aan Oosthuizen geadresseer nie, maar aan die voormalige eienaar van die Hot in the Biscuit-restaurant in Koh Samui waar sy ʼn bestuurder was.

Die regsverteenwoordiger sê hoewel sy Oosthuizen nie valse hoop wil gee nie, is sy positief dat die appèlaansoek sal slaag.

“Weens Covid-19-beperkings en die proses in Thailand kan die appèl enigiets tot 18 maande neem. Ek is baie positief oor die appèl en vertrou dat geregtigheid sal seëvier sodat Ashley vrygespreek kan word van ’n misdaad wat sy nie gepleeg het nie.”

Die regsverteenwoordiger sê sy sit met hope bewyse wat Oosthuizen se onskuld bewys, maar dat dit nie in dié stadium openbaar gemaak kan word nie.

Haar ouers is ook rasend van bekommernis nadat sy van die Koh Samui-gevangenis na die Nakhon Si Thammarat Sentraal-gevangenis in die suide van Thailand verskuif is.

Al inligting wat die Suid-Afrikaanse ambassade glo aan die gesin deurgegee het, is dat sy op 29 Desember verlede jaar na dié tronk oorgeplaas is en ook drie weke in kwarantyn moes deurbring.

Meer as 7 000 jeugdige oortreders word glo in dié gevangenis aangehou en kommunikasie met gevangenes is uiters beperk en onderwerp aan ʼn goedkeuringsproses.

Luidens die inligting wat deur die ambassade deurgegee is, mag Oosthuizen in dié tronk slegs een keer per maand ʼn tien minute lange video-oproep ontvang. ʼn Maksimum van drie familielede word in die video-oproep toegelaat. Haar ouers het in Desember laas met haar kontak gehad.

Haar pa, André, sê hulle is boonop bekommerd oor die uitlatings wat Triss Nepps (Tristan Nettles), Oosthuizen se destydse kêrel, op sosiale media maak aangesien hulle glo dit Oosthuizen se lewe in groter gevaar kan stel.

Nepps het na bewering selfs ʼn webblad begin waarop hy bekentenisse en oënskynlike bewyse publiseer wat hóm, eerder as vir Oosthuizen, met die dwelms verbind.

Hoewel ʼn Go Fund Me-geldinsamelingsfonds glo ook deur Nepps gestig is, sê André dat hy geensins daarby betrokke is nie. Dié fonds is intussen gesluit.

“Sy is baie sterk, en ons sal bly veg om haar onskuld te bewys. Sy is die pragtigste kind. Daar moet egter dringend druk op die Suid-Afrikaanse ambassade geplaas word om Ashley by te staan. Hulle bel haar nie eens om net hoor of sy oukei is nie. Sy is stoksielalleen daar en is eintlik maar nog ʼn kind,” het Oosthuizen se regsverteenwoordiger gesê.

Die departement van internasionale betrekking en samewerking (Dirco) het Donderdag aan Maroela Media gesê hulle is bewus van Oosthuizen se inhegtenisneming in Thailand en dat die departement en ambassade “standaard bystand” aan die familie verleen.

Volgens die departement is hy nie in ʼn posisie om by enige regsprosesse in ʼn ander land in te meng of in te gryp nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

ES ·

Dis kommerwekkend dat sy gearresteer en skuldig bevind is bloot omdat sy daarvoor geteken het.

Ek is mal oor Thailand, ek was daar op my wittebrood 5 jaar terug en dit is die mooiste land met die vriendelikste mense, maar hulle het geen verdraagsaamheid met dwelmverwante sake nie.

Dis net jammer hul regstelsel is tipies van ‘n 3de wereld land – daar is byna geen regshulp vir Jan Alleman nie, tensy jy baie geld het en die howe volg nie die regspresedent van die hoër howe nie.

Hule het ‘n uitgedateerde regstelsel en daar vind amper nooit regverdige verhore plaas nie.

Lubbe ·

Sy het ‘n dwelms smokkelaar gedate. Wil jy nou vir my se sy het nie van sy doen en late geweet nie? Ek stem dat dit sleg is dat hy nie gevang is nie, maar sy het verseker geweet waarmee hy besig was.

Lubbe ·

Ek het gese sy het geweet van sy doen en late. Sy het sekerlik nie geweet dat dit dwelms was waarvoor sy geteken het nie. My opinie is, hoekom met iemand op so ‘n vlak deurmekaar wees? Iemand wat bekend was as ‘n dwelm smous?

Keelvol ·

Jason, hoe vinnig het die mense nie hier op MM die professor van Havard veroordeel en gesteenig sonder enige bewyse nie?

Boer ·

Ek voel jammer vir die jong vrou maar dit is Thailand se wet en die kans is maar min dat sy vry gespreek kan word, wees bly hulle het haar nie die doodstraf gegee nie. Baie sterkte ek hoop julle kry dit reg dat sy uit kan kom.

Lubbe ·

Sy was glo in ‘n verhouding met die Nepps man. Ek dink daar is egter meer tot die storie.

Waarnemer ·

Sjoe!!! Wat n vermorsing…hierdie pragtige mens lewenslank in n Thaise tronk!!!

Treurwilger ·

Ongeag wat die omstandighede ook al was met hierdie kind van SA, sy verdien nie die onmenslik, wrede straf wat opgelê is nie.
Die hartelose gebrek aan empatie van sommige mede-Afrikaners verstom.
Baie sterkte aan haar en familie.
Mag daar uitkoms kom.

Kirst ·

Elders lees ek vanoggend van taxi bestuurders wat SAPD lede help aankeer het wat oa mandrax, dagga en nyaope verkoop het. Ek wil my nie uitspreek oor die dame se lot nie. Maar dink net as hier in SA so min genade met misdaad en misdadigers was!
Natuurlik is daar altyd die argument dat sulke streng wetstoepassing onskuldige mense kan benadeel, soos wat moontlik die geval met die jong dame is. Maar hoeveel onskuldige mense se lewens word verwoes of geneem deur misdaad/misdadigers?

Jean ·

Van ons huil want ons regstelsel werk nie, nou huil van ons omdat Thailand se regstelset wel werk.

Amelia ·

Jy moet jouself dalk ‘n bietjie vergewis van wat in daardie land aangaan. Om Thailand se regstelsel te beskryf as iets wat werk is baie ver verwyder van die werklikheid.

Cherokee ·

Amelia, somtyds regverdig ‘n kommentaar nie die moeite om te antwoord nie.

Leeuwyfie ·

Ek sal voorstel dat jul die bewyse bekyk. Dit lyk asof mense se dade toegesmeer word, want hulle het konneksies. Sy was die perfekte judas bok. My hart pyn vir iemand wat onregmatig in ‘n tronk sit, veral in ‘n land wat ‘n ander taal praat. Ek verafsku dwelmhandelaars, maar hierdie meisie was geen dwelmhandelaar nie. Sy het haar eie koekie winkel begin. Iemand het haar winkel gebruik om die pakkie na te stuur. Sy het dit nie oopgemaak of niks nie, net aangegaan werk. Die polisie het daar aangekom ‘n ruk nadat sy geteken het vir die pakkie. Sy het hulp gekry van vriende om ‘n prokureur te betaal, 2 Prokureurs was scams, die geld gevat en verdwyn. Sy’s vir 3 maande in isolasie gesit, agv covid. Nadat sy verskuif is is sy nog ‘n maand in isolasie gesit. Hoe veg mens teen so iets? Ek hoop haar ouers kan haar help, want sy is in ‘n nagmerrie.

Misky ·

Ek sidder as ek dink hoeveel het ek al vir my baas of maatskappy se pakkies geteken. Hoop sy vinnig die nodige hulp.

En maak asb ons ambassade toe en laat die bloedsuiers terugkom wat niks beteken nie.

Corne123 ·

Ai dit is tragies dat so iets moet gebeur ek wonder net wat se daainlamd se wette tenopsigte van dwelems in jou besit al is die pakkie vir iemand anders tragies dat n goedhartige besluit om vir n pakkie te teken jou lewe kan kos

Jedi Knight ·

Die smokkel van perlemoen, ietermagogs, renosterhoring en ander bedreigde spesies is baie erger as die smokkel van dwelms. Cut her some slack.

Karel Kobus Kruger ·

Ek het self ook meer simpatie met onskuldige diere as lede van homo sapiens.

Heinrich ·

Dankie ANC dat julle ons kinders se geleenthede hier ontneem sodat hulle oorsee ‘n lewe moet loop soek. Twyfel of die regering iets sal doen vir iemand wat nie deel van hulle mense vorm nie.

Casper ·

Piet ek sou bitter graag vir jou wou sê wat ek dink van jou kommentaar maar dan gaan sit ek saam met Ashley met my g t in die tronk.Hierdie foto is nie geneem terwyl sy in die tronk is nie.Haar verduideliking maak sin.Nepps het klaar erken dat hy die vark in die verhaal is.

Cherokee ·

Casper, piet se kómmintare het reeds beland waar dit hoort. Weggevee.

B-Man ·

“Hoopvol” is direk van Engels. Bestaan nie eintlik in Afrikaans nie…

Lize ·

Snaaks genoeg, ek was nog nooit gearresteer vir ‘n pakkie wat ek ontvang het nie. Miskien is daardie pakkie alreeds vir ‘n lang tyd gevolg en gekyk wie teken daarvoor. Jammer ou sussie, sit maar.

piet ·

Sy’s, skuldig bevind en moet sit soos alle ander buitelandse smokkelaars.

Elmarie ·

Klink of dit die tipe tronke is wat SA moet hê. Hier ontsnap mense chop-chop, dis partydjies en daggarokers, man klink soms of die goed vakansdiehou by ons

Sê maar net ·

Mag die Here haar versterk, bewaar en verlos uit die tronk. Baie sterkte aan die familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.