Ouers hoor oor borgtog ná seksaanklagtes met kind (3)

Uitspraak is in die Rustenburg-landdroshof in Noordwes gelewer in die borgtogaansoek van die ouers van ʼn driejarige dogtertjie wat van haar verkragting en verwaarlosing aangekla word.

Kapt. Elsabe Augoustides, polisiewoordvoerder, het gesê die 45-jarige pa en 41-jarige ma is borgtog van R1 000 elk toegestaan.

“Die landdros het die ouerpaar gewaarsku dat hulle nie in Rustenburg mag aanbly nie en dat hulle elke Maandag by die Roodepoort-polisie in Gauteng moet aanmeld. Hulle gaan daar by familie woon. Hulle mag glad nie met die slagoffer kontak maak nie. Hulle mag ook nie met enige van die staatsgetuies kontak maak of met die polisie se ondersoek inmeng nie,” het Augoustides gesê.

Die ouers staan tereg op aanklagte van verkragting en die versuiming om seksuele misbruik van ʼn kind en kinderverwaarlosing aan te meld. Hulle moet weer op 2 November in die hof verskyn. Hul name mag nie genoem word nie om die kind se identiteit te beskerm.

Maroela Media het vroeër berig die ouers is in September in hegtenis geneem ná ʼn lang en deeglike ondersoek.

“ʼn Lid van die Care to be Kind-organisasie het in Desember die voorval by die polisie aangemeld. Die ma was glo hoogs besope en het met die dogtertjie in die omgewing van Bobby’s-rugbyklub in Ooseinde rondgeloop. Die ma is glo gereeld met die kind in die omgewing gesien waar sy vir geld gebedel het om na haar om te sien,” het Augoustides destyds gesê.

Die ma het glo in ʼn stadium die kind vir ʼn bedrag geld aan die lid van die organisasie oorhandig, waarna die meisie deur die organisasie na ʼn plek van veiligheid geneem is.

Die Rustenburg-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (FCS) het die saak noukeurig ondersoek en die ouers verlede week in hegtenis geneem. Die meisie is kort ná die ondersoek van stapel gestuur is na ʼn hospitaal geneem vir ʼn mediese evaluasie.

“Tydens die mediese ondersoek is daar vasgestel dat die kind vermoedelik seksueel misbruik is. Bewyse in dié verband is tydens die egpaar se eerste verskyning op 14 September in die hof voorgelê om die erns van die kind se beserings uit te wys. Daar is verder genoem dat die kind regstellende chirurgie sal moet ondergaan vir die beserings wat sy opgedoen het.”

Die kind is tans in ʼn plek van veiligheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Anoniem ·

Dit is net so verskriklik verkeerd. My hart ween vir daardie kind.

Katy ·

Geen kind verdien so iets nie. Ook nie om op straat heeldag saam ouers te sit vir bedel geld nie. Dis kinder mishandeling. Die gereg moet meer male die kinders sommer net daar weg vat op straat en in beter sorg sit. Vat die groot mense en sluit hul toe as hul ook hul kindets se lewens in gevaar stel deer hul sam te vat met optogte van geweld. Die kinders verdien dit nie.

Zurika’s ·

Wie is die judge?! Dit is vir my nogal sy of haar skuld as daardie monsters vryfelaat word. Dan sal meeste van die blame na hom of har toe skuif.

HOOP EK. Ek wil nie in n dorp bly, waar n judge nie kan judge nie.

l ·

Dit is ondenkbaar, wat in so klein hulpelose, kind se kop moet deur gaan, Mamma en Pappa is veronderstel om my te beskerm,,ek is dan net n ou klein dogtertjie, ek wil met poppe speel, kaal voet hardloop, die wind in my hare voel, klim en klouter, aan blomme ruik, Jul ontneem my om al hierdie dinge te doen , want ek kan niemand vertrou, jul maak van my n bang dogtertjie, ek hoop daar is iemand wat weer my stukkende self ssl reg maak

Moeder ·

Sies !!!!! Hoe laag kan n mens daal. Die ou dingetjie het mos nie gevra om hier te wees nie,

Heleen ·

Dis hartverskeurend…ek wil huil ..hierdie goed wat mense genoem word verdien geen genade nie..

Kinderloos ·

Ek wonder maar net…………..

Ek en my vrou sal die maand 13 jaar getroud wees, Ons probeer al lank vir kinders, maar tot geen sukses, ons het so baie liefde want ons net met iemand wil deel en ‘n ou kindjie wil deel maak van ons huis waar daar baie liefde en om gee is. Dan kry mense soos die wat hulle het en hulle net verniel sonder ophou.

Borgtog!! Gee hulle vir die publiek hulle sal weet wat om met hulle te doen.

En vir die kindjie…..ons almal sal vir jou bid en glo dat Liewe Jesus vir jou ‘n goeie Mamma en Pappa sal gee.

Probeer ·

Ons het vir 8 jaar gesukkel vir ons klein bondeltjie wat nou oppad is, is deur hel. Dit maak my hart nou nog stukkend om sulke dinge te lees. Sterkte vir julle, jul bondeltjie sal kom xx

Geskok ·

Dis absoluut verskriklik… Mag die mense kry wat hulle toekom. Ek stem saam gee hulle vir die publiek. Ons sal weet wat om met hulle te doen… slegte slegte goed! Nie werd om ouers te wees nie, daardie arme weerlose dingetjie. Maar die wiel is rond…en hy draai ek hoop julle draai vir julle mooi vas!
Skande! walglik!

Tharien Jansen Van Vuuren ·

Dis laag en gemeen om dit aan n kind te doen .Ek self het gesukkel om kinders te hè Dan kry jy sulke lafaards wat dit aan n onskuldige kind doen.Mag die gereg sy gang gaan en dat hulle hard gestraf sal word vir hulle verkeerde dade.
Poplap wil net vir jou sè hou vas aan Liewe Jesus se hand Hy sal jou seen en deur al die moelike omstandighede dra.En mag jy ouers kry wat jou nou mooi gaan versorg.
Onstoke inwoner van Rustenburg

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.