Ouers in hof oor dogter se dood

Argieffoto

ʼn Egpaar het Vrydag in die Ermelo-landdroshof in Mpumalanga verskyn op aanklagte wat verband hou met die afsterwe van hul vyfjarige dogter.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê dit was Bheki Hlophe (35) en Sibongile Shongwe (28) se tweede keer in die hof. “Hulle is op 10 Maart 2019 by hul huis in Kwadela, Davel in hegtenis geneem in verband met die afsterwe van hul vyfjarige dogter.”

Die ouers het gesê die kind het gesterf toe sy van haar bed afgeval het tydens ʼn epileptiese toeval.

“ʼn Voorlopige ondersoek het aangedui die kind is ernstig aangerand. Sy het kneusplekke oral oor haar lyf gehad,” het Bhembe bygevoeg.

Hy het gesê die bestuur van die polisie in Mpumalanga veroordeel kindermishandeling ten sterkste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

TLC ·

Ons land is vervloek
Waarom rand ouers hul eie bloed en vlees so aan
Hul is bang die waarheid kom uit soos molesters in die gesin se binne kring kom uit
Dit is siek en tog moet die famillies iets agtekom dan praat hul eers as dit telaat is vir daai klein mensie wat hom of haar nie self kon verdedig nie
Monsters gemors van die aarde

Jozi ·

Die verskonings en stories waarmee mense opkom om die waarheid weg te steek is verregaande.
Ek, my kinders en meeste van ons het al op een of ander stadium van die bed afgeval en ons het nie Graad 1 gedruip nie. (Een van ons familie grappies).
Op ‘n ernstiger noot – ek kan nie so lekker uitmaak of hulle nog aangehou word of uit is op borgtog nie.
Hoop hulle is agter tralies vir ‘n baie lang tyd want dit is waar sulke mense hoort.

Philip ·

Sluit hulle toe en gooi die sleutels weg. Afskuwelik geen simpatie met hulle. Die arme kind van 5 jaar moes inboet met haar lewe. Ek moet liewers ophou skryf wa t die dinge upset my vreeslik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.