Ouers kan tot dán leerders by VS-skole inskryf

Die bestaande skool is omskep in ‘n skool vir leerders met spesifieke behoeftes. (Argieffoto: Unsplash)

Die Vrystaatse departement van onderwys het Maandag aangekondig die sperdatum om leerders vir die 2022-skooljaar te registreer, is tot einde Augustus verleng.

Volgens Howard Ndaba, woordvoerder van die Vrystaatse departement van onderwys, sal dit ouers wat nog nie hul kinders vir die nuwe skooljaar kon registreer nie nou die kans bied om dit wel te doen.

“Weens die verandering van die derde kwartaal se datums as gevolg van die inperking, kon van die ouers nie betyds die registrasie voltooi nie,” sê Ndaba.

Die aanvanklike sperdatum vir registrasies was 31 Julie.

Adv. Tsoarelo Malakoane, hoof van die Vrystaatse departement van onderwys, moedig alle ouers aan om hierdie geleentheid te benut om hul kinders betyds te registreer. Hy sê hoe gouer die registrasies afgehandel is, hoe gouer kan die departement begin om die nuwe akademiese jaar te beplan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.