Ouers, kinders sterf toe skuilings brand

Wyksraadslid Angus Mckenzie besoek die toneel in Delft waar ‘n ouerpaar en hul babatweeling in ‘n brand omgekom het. (Foto: Angus Mckenzie/Facebook)

Altesaam agt mense, onder wie ’n babatweeling en ’n kleuter, is dood toe hul skuilings oor die naweek in die Wes-Kaap aan die brand geraak het.

’n Ouerpaar en hul tweeling is in Delft buite Kaapstad dood toe hul skuiling Saterdagaand afgebrand het. Die ouerpaar het nog drie kinders wat nie ten tyde van die brand tuis was nie.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die brand-en-reddingsdienste in Kaapstad, sê die nooddienste is omstreeks 22:54 na die skuiling in Palmstraat ontbied. Die skuiling was by die nooddienste se aankoms reeds verwoes en die gesinslede se liggame is in die puin gevind.

Die nooddienste het die vlamme geblus, maar later die toneel onder polisiebewaking verlaat nadat lede van die gemeenskap hulle beledig en gedreig het. Een van die nooddiensbeamptes is ook hardhandig behandel.

Die brand is omstreeks 01:50 geblus.

Nog vier mense, onder wie ’n tweejarige kind, is dood toe hul skuiling Saterdag in die vroeë oggendure in die omgewing van George aan die brand geraak het.

Dié voorval het omstreeks 03:00 in Asazania, Thembalethu, plaasgevind.

Sers. Christopher Spies, woordvoerder van die polisie, sê ’n lid van die gemeenskap het opgemerk dat die skuiling brand en die owerhede ontbied waarna dié op die liggame afgekom het.

Die vier inwoners van die skuiling, onder wie twee vroue, ’n man en die kleuter, het almal onherkenbaar gebrand.

Spies sê die omstandighede rakende die oorsaak van die brand word ondersoek.

Geregtelike doodsondersoeke word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jaco

Waarom bly mense 27 jaar na apartheid dan nog steeds in sulke skuilings? Wat dan nou van die ANC se beloftes van “a better life for all”? O ja wag nou onthou ek: daars mos net geld vir reusagtige salarisse, meestal ongebruikte sokkerstadions vir die 2010 wêreldbeker, ‘n paleis by Nkandla, grootskaalse incash uit korrupsie ens ens.
Net vreemd dat, voor 1994, dieselfde plakkerskampe aan die res van die wêreld voorgehou is as dié simbool van hoe sleg apartheid is. Maar nou is dit blykbaar aanvaarbaar.

JM

Jaco, ek stem saam met jou. Volgens die ANC was net apartheid ‘n misdaad teen die mensdom. Die selfregverdigende ANC doen in hul eie oë niks verkeerd nie; het in 27 jaar nog niks aan die behuising-situasie verbeter nie en as enigeen dit waag om hulle te kritiseer, bars die hel los.

Realis Thailand

Die mense moet maar spaar en huise bou
Ek het nie veel simpatie met sulke mense nie want dit is algemeen bekend hulle spandeer baie geld aan drank en sigarette.
Ek en vele ander mense moet hulle eie huise bou,koop of huur.
Laat hulle ook die anc gaan vra vir geld of n huis

Alet

Quite frankly as julle die nooddienste personeel so wil behandel dan moet julle maar self sien en kom klaar. Mens is op hierdie stadium redelik dik vir die houding van oorgrote van die bevolking in die land. Altyd salgoffers en as hulp aangebied word sal hulle die hand byt wat die hulp offer. Miskien moet julle volgende keer vir iemand in die anc bel om te kom help.