Ouers kom op seun (12) se lyk af

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn 12-jarige seun van Libode, Oos van Mthatha in die Oos-Kaap, Dinsdagaand dood in sy ouerhuis aangetref is.

Kapt. Dineo Koena, polisiewoordvoerder, het gesê die seun se ouers het omstreeks 19:00 op hul seun se liggaam in die Tafeni-nedersetting afgekom.

“Sy ouers was na bewering in die dorp en het op hom afgekom toe hulle teruggekeer het huis toe. Hy is met ʼn oop wond aan sy skedel aangetref,” het Koena gesê.

Volgens Koena is die motief vir die moord nog nie duidelik nie en word dit ondersoek.

Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om met enige inligting na vore te kom wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan. Kontak kapt. Zwakala by 082 921 1003 of Stop Misdaad by 0860 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sjoe ·

Sterkte aan hierdie ouers. Ongelooflik, wat kan n 12 jarige nou verkeerd gedoen hetom iemand so ver te dryf.

E.K. die eerste ·

Altyd jammer as ‘n jong lewe sommer net beindig word. Ek hoop die skuldige word vasgetrek sodat die armeouers berusting kan probeer kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.