Ouers kry skoknuus: Dokters kan ‘niks meer vir Giovanni doen’

Giovanni Hendriks in Maart in die hospitaal. (Foto: Verskaf)

Net meer as tien dae nadat Giovanni Hendriks (18) van Pretoria veronderstel was om ná maande in die hospitaal eindelik ontslaan te word, het dokters Donderdag aan sy ouers gesê dat medici niks meer vir hul tienerseun kan doen nie.

Giani en Elize Hendriks, Giovanni se ouers, het aan Maroela Media gesê Giovanni se dokter het vanoggend die hartverskeurende nuus gedeel dat daar net te veel skade aangerig is toe Giovanni verlede week aan kos in die Kalafong-hospitaal verstik het.

Maroela Media het vroeër berig weens die hoesery het van die kos in sy lugweg en daarna longe beland. Dit het daartoe gelei dat sy hart gaan staan het. Giovanni kon genadiglik bygebring word, maar sy brein het ná die voorval begin swel.

Volgens Giani het die swelling op sy seun se brein vandeesweek al erger geword en sy hartklop bly ʼn bekommernis.

Giovanni is steeds afhanklik van die ventilator waaraan hy verlede week gekoppel is. Hy word tans met behulp van pynmedikasie onder verdowing in die hospitaal se waakeenheid gehou. “Hulle sê hulle kan hom nie meer help nie. Daar is te veel skade en hy ly te veel.”

Die ouerpaar weier egter om dié nuus te aanvaar. “Ons ken ons kind. Ons gaan aanhou waar [die dokters] ophou. Hulle sal die wonderwerk aanskou. God sal aangaan waar hulle ophou.”

Giovanni Hendriks (Foto: Verskaf)

Volgens Giani is dit nie blote toeval dat Giovanni weer bygebring kon word ná die gehoesery nie. “God sou hom nie wegvat en weer terugbring sodat hy net 11 dae later kan doodgaan nie.”

Die egpaar glo daar is vordering in Giovanni se toestand al is dit hoe gering.

Giovanni is in Maart in die hospitaal opgeneem nadat hy aanvanklik oor ʼn seer keel gekla het, en toe ʼn uur later glad nie meer kon beweeg nie. Hy is met Guillain-Barré-sindroom gediagnoseer, die tweede keer in sy lewe dat hy dié sindroom opdoen. Die eerste keer was agt jaar gelede en hy het destyds ten volle herstel.

Hendriks sê hoewel Giovanni se herstelpad dié keer veel langer was, het hy ook tot onlangs merkwaardige verbetering getoon. Waar hy aanvanklik heeltemal verlam was toe hy in die hospitaal opgeneem is, kon hy voor die jongste terugslag al alles behalwe sy hande en voete beweeg.

Lees alle vorige berigte oor Giovanni Hendriks op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Danel Casey ·

Ons bid saam!!! Ons roep saam lewe oor hom!!!! Ons glo saam!!! Ons hoop saam!!!! My Here is in beheer!!!!

Yolanda ·

Glo en vertrou… God se tyd nie ons tyd nie.. My ma se altyd daar is geen een in hierdie wereld wat oor ons tyd kan besluit nie net God… Seun jy en jou familie is in my gebede

Charlitta ·

Giovanni.
Die Here alleen weet jy is ‘n sterk mens. Ek weet jy sal hieruit kom sterker as wat jy tevore was.
My hart bloei vir jou en jou ouers. Van Graad 8 af saam jou en net eweskielik.
Ek glo en vertrou dat die Here jou sal help.
Onse Groot en Almagtige God. Ons weet nie wat om te sê nie maar U ken ons harte. U weet waardeur Giovanni se ouers gaan. U alleen kan hom help. Ons verdien dit nie, maar ons vra dit in U groot en Heilige naam alleen. Amen.

Helene Heyns ·

Ek vertrou saam met julle dat God Sy hand oor jul seun sal uitsteek. Ons dien n genadige God van wonderwerke en Hy sal julle geroep na hulp, hoor. Sterkte, hou vas.

Jean ·

Baie Hartseer…my gebede is met julle.
Mag God dit vir julle makliker maak sou Giovanni nie meer kan aangaan nie.
So pragtige seun…ek kan my nie indink hoe verpletter julle moet wees nie.Baie Sterkte.

Lee ·

‘n vriendin van my se dogter het dit ook gehad so jaar terug. Sy was in Unitas Hospitaal in Centurion en het ten volle herstel. Ons bid dat die seun gesond word en weer ‘n tienerlewe sal hê. Vir God is niks onmoontlik nie xx

Peet J ·

Sterkte , moet nie moed op gee met julle seun nie vra eers die Almagtige God wat julle te doen staan ( Hy beskik oor lewe en dood)

Lizelda ·

Toe my seun 6 maande oud was het hy breinvlies ontsteking gehad, dokters het ons ingeroep en ook gese hulle kan niks meer vir hom doen nie. Ons het gebedskettings begin en mense wat ons nie eens geken het het deurnag vir my seun gebid… 9 Julie word jy 19!!!

Thalia van Staden ·

Ek spreek genesing oor Giovanni, en kanselleer alle negatiewe goed wat oor hom gespreek is. Mag hy sy God given destiny bereik en uitleef en ‘n getuienis sal wees vir die wêreld. Ons pleit die bloed van Jesus oor hom en elke orgaan kom in lyn volgens God se perfekte wil. Geen bose mag het meer ‘n houvas op hom nie en los hom onmiddelik in Jesus se Naam.

Valerie ·

God is groot ons bid almal elke dag vir God se wonderlike aanraking
Laat U wil geskied Vader ons vra dit in U naam

Venesa ·

Liewe Jesus laat U wil geskiet soos in die hemel so ook op die aarde, Jesus mag ons vra dat die jong man se lewe gespaar word Jesus hy het nog so baie om te doen en wat n wonderlike getuie sal hy nie wees van U mag Vader,ons vra nie uit verdienste nie maar alleenlik uit U genade.

E ·

My hart gaan so uit na julle as ouers. Wat die Here se wil ookal vir julle as gesin is, hou aan Hom vas. Hy is die enigste wat kan versterk en vertroos in so n situasie. My gebede is met julle

Liesl ·

Ons dien ‘n Almagtige God! Vir HOM is niks onmoontlik nie. Ek stort die bloed oor jou uit, en bid saam na genesing jong man! Jou ouers het glad nie opgegee nie, ons Vader is Groot! Ek bid vir jou.

Adel ·

Ons pleit die kosbare Bloed van Jesus Christus oor jou uit seun. God verrig elke dag wonderwerke en ons glo en vertrou hierdie gaan 1 van Sy Grootste Getuienisse wees.

Hallelujah ·

God ons grote helpende hand – daar word gebid vir Giovanni – daar word gebid dat U hom sal oplig – en dat hy vir die wereld kan getuig hoe groot God is.

Lindy Coetzee ·

Baie sterkte , ek dra julle op aan Ons Liewe Vader.

kallie ·

My sus is 29 Junie aan ‘n breingewas in ‘n privaat hospital oorlede. Die sorg en aandag wat sy gekry het was soos in ‘n 5 ster hotel. Sy is kort kort gedraai ,vir ons is tee en koffie aangedra, die berader was kort-kort daar en die dr was simpatiek. Hierdie kind moes beter sog gekry het van die personeel dan sou hy nie verstik het nie. Onbekwame personeel? My hart gaan uit vir hom en sy familie,nie almal kan goeie sorg bekostig nie,maar ek staan elke dag meer en meer in afgryse oor staatshospitale.

Rika ·

Sterkte kan net bid en glo. Mag die Vader julle dra deur hierdie tyd

Edelweiss ·

Dra jul kind en julle op in my gebede. By God is niks onmoontlik nie!

Saartjie ·

Ek sien die gebede van vreemde mense wat die familie nie eers ken nie. Ek sien getuienisse van Wonderwerke. Dankie Jesus. Deur U Kosbare Bloed wat U vir ons op die kruis laat vloei het, is daar ook vir ons genesing. Ek dra hierdie seun aan U op vanaand. Rig hom op Vader, versterk hom en laat U bonatuurlike krag deur hom vloei! U is die God van alle Gode, U is die begin en die einde. U is God, en daarom bid ons vanaand Here en ons vra vir totale genesing oor hierdie kind se liggaam. Ons bid vir ‘n Wonderwerk, so dat die Seun ook ‘n lewende getuie kan word van U Grootheid en Almag! Dankie Jesus, dankie vir U genade. Ons Loof en Prys U naam. Ons mense kinders is swakelinge en ons vra U Vader dat U ons God van Nabyheid sal wees, maar bo alles, dat U wil sal geskied! Hierdie is my gebed in die Naam van U Kosbare Seun Jesus Christus! Amen en Amen.

Ek weet ·

Solank daar lewe is, is daar hoop. God is groter as daardie dokters. Bid net dat God se wil geskiet. As dit is dat Giovanni by God weer loop en lag en heel is. Bid ek God se vertroosting oor julle. As dit God se wil is dat hy sy reis op aarde moet voortsit dan sal dit so wees dan kan geen dokter n doodsvonnis spreek nie. Mag julle troos en krag vind by Jesus se voete.

Yvonne de Brukn ·

Ek bid saam in die naam van Jesus Christus vir algehele herstel vir Giovanni. Amen

jaco ·

en nou het hy nog die “verkeerde” velkleur ook. dis seker maar nog n rede waarom hy nie verder behandel kan word nie.

kraai ·

By God is niks onmoontlik nie. Julle geloof staan regtig sterk. Ek glo daar is so baie mense wat vir hom / julle bid. moenie tou opgee nie.

Juanita ·

EK weet en glo dat die Here Sy almag sal wys met Giovanni, niks is vir Hom onmoontlik nie. Wees sterk en bly biddend. Ek bid saam met julle.

Liesel ·

Ek lees hierdie artikel, ek hoor hierdie ouer se hart en my moederhart huil,skreeu uit: DANKIE!!!!!! Dankie dat jul nie opgee nie. Dankie dat julle eerder sê BUT GOD.
My seun was in motorfietsongeluk 7/7/17 , ons gee nie op. God plaas ons op hierdie journey to get bigger and better. Hou vas . NEVER EVER GIVE UP.
Groete van uit ‘n moederhart wat besef en weet waaroor dit gaan. Giovanni jy is ‘n yster hou aan my liewe kind!!!!!!!!!!!!!!!!

Andre ·

Die woord van GOD verklaar,dat alles wat jul deur geloof,en deur danksegging,en smeking aan my bekend maak,sal jul ontvang,sodat my Vader wat in die HEMEL is verheerlik kan word,so ek wil die ouers net bemoedig,daar is groot krag in gebed,en in die woord van onse God,toe Jesus sy dissipels verlaat het,met die Hemelvaart ,het Jesus verklaar dat Hy die Heilige Gees met ons laat,en verklaar gan en verkondig my woord,dryf duiwels uit,gan le jul hande op siekes,en wek die dooies op,Amen so ons glo en vertrou,hoop dat onse Hemelse Vader en God onse gebede verhoor en die seun,n groot getuie sal maak,in die wonderlike naam van JESUS CHRISTUS van NASARETH en ons pleit en verseel hom met die Heilige kosbare bloed van JESUS CHRISTUS van NASARERTH AMEN

Elsa ·

God is groot. Moenie ophou bid nie. Ons bid saam met julle. Glo net in sy barmhartigheid. Hy het ons kind ook vir ons terug gegee van die dood af. Sterk wees

Stemmet ·

Never stop praying, never stop believing. A miracle is on it’s way. Praying for your family ????????

Freddie Botha ·

Ons almal bid saam God is groot hy my kanker weg gevat glo net

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.