Ouers laat kinders glo alleen, gaan drink

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrystaatse paar het Maandag in die Ladybrand-landdroshof verskyn nadat hulle oor die naweek albei hul kinders glo sonder toesig gelaat het om te gaan drink.

Sers. Marin Xuma, polisiewoordvoerder, het gesê die twee is Sondag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem.

“Beamptes van die Ladybrand-polisiestasie het Saterdag omstreeks 23:00 die omgewing gepatrolleer. Die beamptes het ʼn grys Opel Corsa buite ʼn plaaslike kuierplek opgelet en gesien daar is ʼn seuntjie sonder toesig in die motor,” het Xuma gesê. “Die beamptes het aan die seun beduie om die venster oop te draai, waarna die deur oopgesluit is.”

Die vierjarige seun is na die polisiestasie geneem terwyl beamptes die motor dopgehou het, sodat die ouers opgespoor kon word. “Teen 02:25 het die ouers, onderskeidelik 25 en 30 jaar oud, die motor genader. Hulle is in hegtenis geneem op aanklag van kinderverwaarlosing.”

Tydens ondervraging het dit aan die lig gekom dat die twee in Manyatseng gaan braai het, waar hulle hul tweejarige dogter gelaat het en met die seun na die kroeg op Ladybrand gery het. By die kroeg het hulle hom in die motor gelaat terwyl hulle gaan drink het.

Die vrou se oom is deur die polisie gekontak om die seun te kom haal. Die dogter is ook later na die oom geneem nadat die polisie uitgevind het waar die braai gehou is.

Die ouers is vrygelaat en moet weer op 20 Junie in die hof verskyn. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Gesiggie

Jul plesier is vir jul meer werd, as die welstand van jul eie kind? , Wat as dit nie n polisie beampte was wat die kind genader het nie? maar eerder iemand wat jul kind wou skade aanrig? Jul sou hom seker eers die volgende dag as vermis aangemeld het, want jul was te besope… hoe los jy n kind van 4 jaar alleen in n voertuig en dit al amper middernag.. kon jul hon nie ook maar by die oom gelos het? Jul is baie onverantwoordelik… dankie aan die beamptes, wat die kind darem na veiligheid geneem het…hoop die… Lees meer »

Gesiggie

Jammer Maroela Media… jul opskrif… lees verkeerd? klink of die ouers die kinders alleen gaan laat drink het ?? eerder soos: Kind word alleen gelaat, terwyl ouers gaan drink..””??

Amanda

Stem saam gesiggie, ek het dit ook so gelees..Kinders sonder ouers se toesig gaan drink…

Ilse

Liewe genade, wie doen so iets? Dis so verkeerd. Dink aan die kids.

Piet Pompies

Hierdie geval is maar net ‘n punt van die ysberg, in ons omgewing het die ouer sussie die boetie vir jare in die motor opgepas terwyl albei ouers in die kroeg gedrink het. Ek sien nog hoe staan die motor onder die boom, elke keer op dieselfde plek. Met ‘n ander geval lees ons op Faceboek hoe ouers wat ons ken teenwoordig is by die “happy hour” by die kroeg, die kinders se skoolgelde by die kleuterskool is uitstaande en die kinders is nie na wense aangetrek. Hier is dit ook ‘n kwessie van ouers wat hulle eie plesier bo… Lees meer »