Ouers laat kinders glo alleen, gaan drink

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrystaatse paar het Maandag in die Ladybrand-landdroshof verskyn nadat hulle oor die naweek albei hul kinders glo sonder toesig gelaat het om te gaan drink.

Sers. Marin Xuma, polisiewoordvoerder, het gesê die twee is Sondag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem.

“Beamptes van die Ladybrand-polisiestasie het Saterdag omstreeks 23:00 die omgewing gepatrolleer. Die beamptes het ʼn grys Opel Corsa buite ʼn plaaslike kuierplek opgelet en gesien daar is ʼn seuntjie sonder toesig in die motor,” het Xuma gesê. “Die beamptes het aan die seun beduie om die venster oop te draai, waarna die deur oopgesluit is.”

Die vierjarige seun is na die polisiestasie geneem terwyl beamptes die motor dopgehou het, sodat die ouers opgespoor kon word. “Teen 02:25 het die ouers, onderskeidelik 25 en 30 jaar oud, die motor genader. Hulle is in hegtenis geneem op aanklag van kinderverwaarlosing.”

Tydens ondervraging het dit aan die lig gekom dat die twee in Manyatseng gaan braai het, waar hulle hul tweejarige dogter gelaat het en met die seun na die kroeg op Ladybrand gery het. By die kroeg het hulle hom in die motor gelaat terwyl hulle gaan drink het.

Die vrou se oom is deur die polisie gekontak om die seun te kom haal. Die dogter is ook later na die oom geneem nadat die polisie uitgevind het waar die braai gehou is.

Die ouers is vrygelaat en moet weer op 20 Junie in die hof verskyn. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Gesiggie ·

Jul plesier is vir jul meer werd, as die welstand van jul eie kind? , Wat as dit nie n polisie beampte was wat die kind genader het nie? maar eerder iemand wat jul kind wou skade aanrig? Jul sou hom seker eers die volgende dag as vermis aangemeld het, want jul was te besope… hoe los jy n kind van 4 jaar alleen in n voertuig en dit al amper middernag.. kon jul hon nie ook maar by die oom gelos het? Jul is baie onverantwoordelik… dankie aan die beamptes, wat die kind darem na veiligheid geneem het…hoop die ouers het hulself nugetr geskrik…

Gesiggie ·

Jammer Maroela Media… jul opskrif… lees verkeerd? klink of die ouers die kinders alleen gaan laat drink het ?? eerder soos: Kind word alleen gelaat, terwyl ouers gaan drink..””??

opinie ·

Ek stem. Ekt voor ek die berig gelees het eers gedink – okay, hoekom is dit nou nuus???

Amanda ·

Stem saam gesiggie, ek het dit ook so gelees..Kinders sonder ouers se toesig gaan drink…

Cherokee ·

Ek het dit ook so gelees maar ek het iets anders opgemerk as julle. Jul kritiek is verkeerd, daar is niks verkeerd met die titel van die berig. Ons het verkeerd gelees en wat ek opnuut met ‘n glimlag opgemerk het is die verskil wat ‘n komma aan die betekenis van ‘n sin (kan) maak. Veral as julle dit op mobiele fone gelees het was daardie komma defnitief eiena klein.

Ilse ·

Liewe genade, wie doen so iets? Dis so verkeerd. Dink aan die kids.

Piet Pompies ·

Hierdie geval is maar net ‘n punt van die ysberg, in ons omgewing het die ouer sussie die boetie vir jare in die motor opgepas terwyl albei ouers in die kroeg gedrink het. Ek sien nog hoe staan die motor onder die boom, elke keer op dieselfde plek. Met ‘n ander geval lees ons op Faceboek hoe ouers wat ons ken teenwoordig is by die “happy hour” by die kroeg, die kinders se skoolgelde by die kleuterskool is uitstaande en die kinders is nie na wense aangetrek. Hier is dit ook ‘n kwessie van ouers wat hulle eie plesier bo die opvoeding van hul kinders plaas.

johann cb ·

Hoe kan sulke mense toegelaat word om ouers te wees? Ek hoop hulle sal die kleingoed permanent in verantwoordelike persone se toesig laat. Hulle verdien ‘n behoorlike opvoeding en lewe.

Danie ·

Gesiggie, opinie en Amanda. Verstaan julle nie die betekenis van die komma in die sin nie??

Sarel Strydom ·

Kyk nou mooi,die mense gaan skotvry wegkom en nog hulle kinders terugkry want daar bestaan nie meer ‘n Kinderbeskrmingseenheid I n die Polisie nie.

Lance ·

Dan wonder mens hoekom mense groot word sonder enige waardes en beginsels

Jen ·

Hulle is ‘n skande vir die samelewing. Dis duidelik waar hul belange le…pleks hul eerder daai kinders laat aanneem. Daar is soveel mense wat smag na ‘n kind. Wys hul gesigte sodat almal kan sien hoe sleg hulle is. Hulle moet swaarder gestraf word

broos ·

julle moes nooit ouers gewees het nie! gee daai kinders vir die wat nie kan he nie en wie sal weet hoe kosbaar kinders is. en deel van hulle straf moet wees dat beide “ouers” onmiddelik gesteriliseer moet word!!

Gesiggie ·

, of . As ek n opskrif lees, maak ek n afleiding aangaande dit… jammer ek het die berig verkeerd verstaan…maar teminste weet almal nou waaroor dit eintlik gaan…. ? Ouers wat nalatig is…. wat nie na kinders kan omsien… (^_^)

antoinette ·

Verstani vandag se ouers nie die land is so onveilig dan word n 4 jarige alleen in n koue kar gelos vir die ouers se plesier.Hulle die naam ouers nie werd nie.

Armando ·

Manyatseng? Waar is Manyatseng? Wat het hulle daar gaan soek ? Wie en wat is hulle wat daar gaan “braai” het? Maroela Media, is julle seker die foto wat julle gebruik gee die regte indruk?

Oom Gert ·

Jy’s doodreg, Cherokee. Ek het gister ook gelees dat n slang die kind gepik het, in plaas van gebyt het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.