Ouers moet spring vir plek in WK-skole

Opgewonde graadeens by Laerskool Jan van Riebeeck. (Foto: Maroela Media)

Die aansoekproses vir ʼn plek in ʼn Wes-Kaapse skool open reeds komende Maandag en die Wes-Kaapse departement van onderwys het ouers gevra om nou reeds te begin om die nodige dokumente gereed te kry. Dit geld spesifiek vir ouers wie se kinders volgende jaar in gr. 1 of gr. 8 is.

Die aansoektydperk sal geld van 14 Maart tot en met 15 April om middernag.

Die volgende dokumente is nodig om aansoek om plasing te doen:

  • laaste amptelike skoolverslag
  • ID, geboortesertifikaat, leerder se paspoort of
  • ʼn studiepermit in die geval van buitelandse studente
  • ʼn bewys van aansoek vir ʼn studiepermit of polisieverklaring
  • inentingskaart indien die aansoek vir ʼn laerskoolleerder is
  • bewys van woonplek.

Bronagh Hammond, woordvoerder vir die Wes-Kaapse departement van onderwys, sê duisende ouers versuim jaarliks om hul kinders tydens die aangewese tydperk in te skryf. “Die departement het vanjaar meer as 70 000 laat aansoeke vir die 2022‑skooljaar ontvang. Dit het ʼn uitwerking op die departement se beplanning en ook op leerders se kans om in die skool van hul keuse geplaas te word.”

Vir sommige skole skep dié aanlyn proses egter ʼn hoofpyn. “Die aanlyn vorm wat ouers moet invul, bied te min inligting om kinders deur ʼn behoorlik keuringsproses te sit. Ons is ʼn groot groep skole wat ons eie keuringsvorm saam met die departement se vorm gaan vereis. Dit is beslis nie om die beste akademiese presteerders te vind nie, maar om leerders te vind wat die beste in jou skoolomgewing sal pas,” het ʼn skoolhoof van ʼn vooraanstaande hoërskool in die Wes-Kaap aan Maroela Media gesê.

Die Wes-Kaapse departement van onderwys sukkel jare reeds met te min plek vir leerders in skole en duisende leerders migreer jaarliks van disfunksionele skole in die Oos-Kaap na skole in die Wes-Kaap. Die departement sê hy kan nie vinnig genoeg nuwe skole bou om by te hou met die toename in leerders nie.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

annie ·

Skole skiet nie saad en staan dan in massas vir die volgende seisoen nie. Ouers moet nou al nog voor hul kinders tande kry aansoek doen vir eendag… Die Wes-Kaapregering speel nou glads wat se wordle in sy soeke na die wortel van die kwaad. Nie te veel bloekombome uitkap nie, want jul gaan skadu nodig hê een van die dae vir die opgeskote uitskieters van ANC-kaders of klaskamers bou van riet en lat en klei.

Papsak ·

Leer julle kinders tuis rol hulle n mielieek darem nie kinders op skool nie dank die vader daarvoor hierdie regering wil nou te kwaai baas speel tot oor jou kinders wys hulle hulle kan self niks doen want hulle is ongeskool maar nou wil hulle ons kom leer ag asb laat my lag

Swerwer ·

Grootste strooi wat bestaan. As binnelandse sake se stelsel in werkende toestanden opgesdateer was dan sou die Onderwys Departement mos geweet het hoeveel skoolkinders in skole moes wees sonder dat ouers hul moet registreer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.