Ouers rasend oor gevare van ‘Momo-uitdaging’

Die gedrogkarakter “Momo” wat glo op kinders se selfoon- en rekenaarskerms verskyn. (Foto: Facebook)

Amptelike inligting oor die sogenaamde “Momo Challenge” is skraps, maar dié nuwe aanlyn fenomeen het reeds talle ouers rasend van bekommernis.

Facebook-plasings oor die Momo Challenge, hoe dit werk en wat die gevolge daarvan is, is reeds duisende kere op die sosialemediaplatform gedeel. Talle mediahuise wêreldwyd het al hieroor berig, maar dit is steeds nie duidelik of daar enige waarheid in die bewerings op Facebook steek nie.

Die opslae wat deur dié nuwe “uitdaging” veroorsaak is, het ook die Suid-Afrikaanse Film- en Publikasieraad (FBR) genoop om ouers te waarsku teen die “Momo Challenge”, ʼn soort aanlyn boelietaktiek wat na bewering kan veroorsaak dat kinders hulself seermaak of selfs hul eie lewe neem.

Volgens inligting wat op sosiale media versprei word, is “Momo” ʼn gedrogkarakter met groot oë en ʼn ysingwekkende glimlag wat op kinders se selfoon- en rekenaarskerms verskyn.

Die sogenaamde uitdaging word glo deur YouTube, Facebook en WhatsApp gedeel en die uitdaging is dan om “Momo” te ontmoet deur sekere opdragte uit te voer. Van hierdie opdragte is glo om jouself en ander seer te maak. Daar word op sosiale media beweer Momo gee soms die gebruiker opdrag om hul eie lewe te neem en word na bewering reeds met talle kinders se dood verbind.

Momo sê glo ook aan die gebruiker om hierdie opdragte ʼn geheim te hou anders sal hulle leed aangedoen word.

Die Momo Challenge het vir die eerste keer in die middel van 2018 aan die lig gekom nadat Buenos Aires Times berig het ʼn 12-jarige meisie van Ingeniero Maschwitz in Argentinië het selfmoord gepleeg vermoedelik weens haar betrokkenheid by dié fenomeen. Daarna het nog bewerings aan die lig gekom van twee tieners van Noord-Bengal wat ook dood is nadat hulle met die Momo Challenge deurmekaar geraak het.

Dr. Maria Motebang, waarnemende uitvoerende hoof van die FBR, sê die raad se aanlyn monitors het ʼn deeglike soektog deur al die bekende app-winkels gedoen na enige aanduiding van dié speletjie, maar kon niks opspoor nie. “Dit is egter moontlik dat die speletjie onder kinders en vriendegroepe gedeel word,” sê Motebang.

“Ouers en voogde word dus aangeraai om hul kinders se aanlyn bedrywighede ten nouste te monitor, veral met betrekking tot apps of speletjies wat by die onderskeie app-winkels of ander aanlyn bronne afgelaai word.”

Een van verskeie Facebook-inskrywings waarin ouers teen die “Momo Challenge” gewaarsku word. (Skermskoot: Facebook)

Sy sê hoewel daar nog geen bevestiging is van enige voorvalle in Suid-Afrika wat met die Momo Challenge verband hou nie, is dit raadsaam om paraat te wees vir dié tipe fenomene.

Motebang sê onlangse navorsing wat deur Unisa gedoen is, toon dat kinders van so jong as 10 jaar oud toegelaat word om speletjies te speel wat ʼn ouderdomsbeperking van 18 het. Dié speletjies stel hulle bloot aan grusame en grafiese geweld, asook aanstootlike taalgebruik. “Die kinders wat aan hierdie navorsing deelgeneem het, is gevra hoe laat hierdie speletjies hulle voel en sommige het goed geantwoord soos ‘ek voel asof ek wil baklei as ek klaar gespeel het’ en ‘asof iemand my irriteer’,” waarsku sy.

Motebang het ouers aangemoedig om ʼn app op hul kinders se selfone af te laai wat aanlyn aktiwiteite monitor en jou in kennis stel wanneer jou kind ʼn app op hul foon gebruik of probeer om ʼn nuwe app af te laai. Die monitor-app stel ouers ook in staat om tydbeperkings te stel van hoe lank die kind aanlyn op die selfoon kan deurbring.

“Hou toesig wanneer jou kinders die internet gebruik en weet watter speletjies hulle speel of watter video’s hulle kyk. Leer jou kinders om nooit enige persoonlike inligting op die internet te deel nie en maak seker die privaatheidstellings op hul selfone is altyd aangeskakel. Help jou kinders om aktiwiteite of mense wat hulle ongemaklik laat voel te identifiseer en vir jou daarvan te vertel,” sê Matebang.

Sy het ouers ook aangeraai om ag te slaan op die FPR se ouderdomsbeperkings, aangesien dit juis ingestel word om jong kinders teen skadelike inhoud te beskerm.

Enige gevaarlike of onvanpaste digitale inhoud kan by die FPR aangemeld word by 0800 148 148 of www.fpbhotline.org.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

93 Kommentare

Ek verstaan nie ·

Dk verstaan nie hoe ouers hul kinders enigsins iets laat speel op you tube en die internet nie. Wat soek laerskool kinders ieg op hierdie plekke?!
WEEREENS, ly kinders onder ouers se slapgstgyt!
Hou op om n “cool buddy” vir jou kind te wees! NEE, jy is nie jou dogter se bff nie! Wees n ouer en beskerm jou kind. SÊ NEE!!

Ruan ·

Dis nie youtube self meer onder youtube kids wat die voorval is. Dis ‘n gedeelte van youtube wat net vir kinders is en dan kom gemors soos die en plaas dit op die kinder blad. Youtube kids het gedeeltes wat baie goed is en help met wiskunde en ander vakke. Hang net af wat jy “search”. Ek stem saam as dit by speletjies kom maar ek kan byvoeg dat youtube en die internet my gehelp het met my universiteits jare. Dis nie die internet en youtube wat sleg is nie. Dis baie behulpsaam maar wat sleg is, is die verbruiker wat twak search op die net.

Cisca ·

Dit kom blykbaar in die kinder programme op Youtube ook op, bv Peppa Pig

Frik ·

Ek stem 100% saam dat meer en meer ouers slapgat is. Hulle is heeltemal te gemaklik daarmee om hulle kinders voor die TV/fone te sit. Dit vat mos baie meer moeite om ‘n ouer te wees wat betrokke is as wat dit doen om hulle verslaaf te maak aan selfone en TV terwyl jy met jou eie lewe aangaan.

BB ·

“Ek verstaan nie” Ek stem volkome saam met jou, Die meeste ouers is uiters lui en onverantwoordelik.

Leo ·

Die gesig is vreesaanjaend en gee my skoon hoendervleis. Voel of die ding demonies is…..

Joe ·

Die sculpture is gemaak deur n Japanese company wat film spesifiek horrors se props maak, en was uitgestal. Die res van Momo is pretty much snert. Het saam n pel self die nr gewhatsapp, en dis maar stupid.

ANA ·

Stem saam Leo. Ek gee nou nie om, of dit ñ hoax is,ñ grap is,die waarheid is of nie.
Dié gedroggie,bots ook met my gees 100%

Nads ·

Ek stem 100% saam oor di gedrog…! Of dit nou waar is of ni…! Ek kry sommer so skudding in my gees as ek di ding sien! So gedroggie is ni normaal ni! Eks te bang om weer na daai gesig te kyk en bid dat my kind nooit op so iets moet af kom ni! Dis regtig baie scary!

Ek stem ·

@MyFmariette ek stem volmondig saam! Die internet is baie behulpsaam, maar terselfdertyd baljaar die Satan daarop. Hierdie gedrog is uit en uit demonies!

JKJ ·

Maar jy gebruik dan die internet om hier te kom eiertjie le? lol

Janine ·

En tog kon JY, danksy die einste Internet, kommentaar lewer…… Koddig.

Dewald ·

Die internwt is nie van die duiwel af nie dit is duiwelse mense wat snert op die internet sit. In vandag se lewe kan n land of selfs die wereld nie funksioneer sonder die internet nie. Al ons bankdienste mediese dienste en nog vele meer word redigeer deer die internet.

Realis ·

Gert, daar is niks fout met die internet nie. Dit is jy wat oningelig is. Doen jouself die moeite en gaan leer waaroor die internet gaan.
Volgens jou redenasie, is alles wat verkeerd gebruik kan word van die duiwel?

Gatvol ·

Die internet is iets van die duiwel????? nou liewe hel wat soek jy dan op die internet? jy as ouer is dan op die internet so jy stel daai voorbeeld vir jou kind….. julle wat so hoogmoedig try lewe ag asb kom tog by…..

@L ·

Dit is ‘n hoax mense. Kan my so irriteer as mense net op die band wagon spring voor behoorlike ondersoek ingestel is!!!

Bells ·

oh my word! Hoax! Jy is heel duidelik ONINGELIG… gaan loer gerus na die blue whale challenge ook. Die goed is ‘n weeklikheid!

Tanja ·

Dus nie hoax ek het ouers wat getuig die kids het die gesig gesien tussen in youtube kids!!!!! En daar is n fake peppa pig wat slagtings doen en baie bloed en rooi oe wat ook wys tussen in op youtube kids! Ouers baie na aan my het dit self ook gesien. As jy nou se dis n hoax en karakter is maar lame ek het nuus vir jou vir klein jong kindertjies is dit nie lame nie!!!

Jetcar ·

Dankie dat iemand die waarheid weet. Hierdie artikel is nie baie goed nagevors nie. Die wat sê: “DIS NIE ‘n HOAX NIE…” Laat hulle wys waar is die sogenaamde MOMO ding….

Maddie ·

@MyFlokMarelise….. miskien het hierdie gedrog vir Marelise beveel om n rugbypaal te gaan seermaak???? Of beveel om teen n paal vas te jaag???? It’s alive!!!

Lorette ·

Die “hoax” het gemaak dat my kleinseun vandag moet detensie sit so op die Vrydag. Nee, nie omdat hy sy selfoon gebruik het by die skool nie (my dogter is een van die STRENG ouers) maar omdat maats hom “gedare” het om iets te doen en as hy dit nie sou doen nie, is hy slapgat. Geen seun hou van slapgat genoem te word nie! Ek kan julle waarborg, dat, nadat sy ma met hom klaar was, sal hy in die toekoms liewer ‘n slapgat genoem word!

Siembamba ·

Is jy ernstig? In my jongdae het my ma amper so gelyk voordat ons sitvlakke aan die brand geslaan is met n klere borsel. Glo my dit was welverdiend ook! Waar is die goeie ou dae toe kinders nog buite kon speel tot die straatligte aankom. TV was beperk tot 8 uur (nuus) en Squad Cars op Sprinbok radio Vrydagaande.

Tarien ·

?(lag oor die opmerking). En nou die dag is n 13jarige vir moord aangekeer. Siek, wrede wereld

Asjas ·

Ah, die goeie ou dae. Min mense sal weet wat ‘n klereborsel is (was), wat nog te se pakslae kry met die ding. Ek het my Ma sin ge erf, hy was nou my kar se mags!!
Haas Das en Nuuskas was ons stukkie TV vir die dag, dit het lank gevoel maar dan ons het SOoo baie ander dinge gehad om te doen.

Denise ·

Ja Siembamba dit was die dae toe kinders nog gespeel het en dit het ons fiks gehou !!!!

SNEL ·

Ja, en Knerses van Knerses en Oscar het my baie bang gemaak, dit was die rofste kykgenot toe ek klein was ?? Wielie walie was cool en Haas das se nuuskas het my laat groot voel met my eie nuuskanaal.

LeeuT ·

Die gesig is werklik – dis n sculpture in Japan, die res is hoax, daar is n paar mense wereld wyd wat n nommer opgemaak het wat vir jou dan as “momo” reply, ekt die Euro nr gemsg en dit was nogals funny.

Oh Please ·

I call bull. Most definitely a hoax. The ONLY place you’d get real scary games like this so called “Momo” is on the Dark Web, which is pretty damn tricky to get in to. Anything else on Google is either a hoax or just published to get parents to monitor their children’s internet usage.

Snert Mona! ·

Hierdie goed is snert om mense op hol te jaag. Gaan kyk eerder die MyFlokMarelise video. Mense is ernstig verveeld. Daar is baie hoax snert wat mense uitdink om oor te Mona.

JH ·

Kom van ouers net die kids voor n skerm indruk, en dans dit dieselfde ouers wat by n braai praat dat kids nie meer buite speel nie haha.

ES ·

Mense gaan te vinnig op hol hieroor. Dis mos op die internet, so dit moet waar wees!! Eintlik is dit net ‘n hoax. Hoekom sal jou kind ‘n onbekende se instruksies volg op whatsapp? Is hulle imbesiele? Klink vir my na ‘n sensasiesoekende storie met absoluut geen bewyse nie. Mense skep heel dag vervalste Facebook profiele met sensaionele nuus – ek glo nie eers die aanhangsel van die Facebook profiel in die berig is van ‘n regte persoon af nie. As jou kind sulke dinge kwytraak sal jy mos verskil in hul gedrag sien?

Ria Naude ·

Ria Naude…Hoe gaan ouers die nuwe gier monitor? ñ Vriendin van my se 13 jarige dogter se password is haar vinger afdruk…M.a.w. net sy kan daar ingaan…

Anette ·

Ouers behoort nie toe te laat dat n kind n password of vingerafdruk as password gebruik nie!!!

ietermagog ·

Indien dit ‘n Android foon is moet daar ‘n wagwoord ook wees. My kennis van iOS is skraps, maar die beginsels van sekerheid bepaal dat enige stelsel twee of meer toegangsbeheer meganismes moet hê (vir ingeval jy jou vingerafdruk verloor).

SNEL ·

Kinders is nie kinders soos toe ek nog kind was nie…. Passwords is vir as die foon skool toe gaan dat maats nie kan ingaan op hul foon nie. Buitendien, hoe hou mens in vandag se lewe n kind weg van tegnologie af. Nie so maklik om die hele tyd ook oor hul skouer te loer nie, so breek mens vertrou, so ja, baie dun lyne wat mens kan sny en voor versigtig moet wees. Glad nie maklik om kinders vandag groot te maak nie.

JANEE ·

Dit is omdat die kinders n telefoon in die hand gestop word…want dit is net makliker /veiliger….jammer om te sê maar jou kind word vermoor vir n telefoon ,of kry met sulke snert te doen……jaag jou kind buite toe om te speel ,en doen bietjie moeite om te weet waar hulle is. …kommunikeer weer soos regte mense deur n gesprek te voer……gaan google in die veld en kry eerste handse kennis van aktiwiteite…..sulke tegnologie is vir volwassenses wat verantwoordelik is ..nie kinders nie.

GRIET ·

GELUKKIG HÉT EK,BYBELVERSIES TER HARTE GENEEM,GOD SE WOORD MET RESPEK BEJEEN,ASOOK WAARSKUWINGS TEEN SATANISME EN DIÉ KLAS VAN AANTYGINGS TE KON BESTUDEER EN KÓN EK MY EIE KINDERS EN TALLE ANDER GEHELP HET!
WONDERLIK DAT DIE OUERS BETYDS GEWAARSKU WORD OM HULLE KINDERS BEDAG TE MAAK!
VOORKOMING IS BETER AS GENESING

ANNA ·

Ek stem 100% saam met jou Griet,ekt gesien wat vsn familie se seun geword het wat okk wou toor soos harrypotter

Sanet ·

EK VERSTAAN NIÉ julle leserskorps nie MM! ?
Hoekom,gun hulle mekaar nie ñ EIE opinie nie…??
WAAROM alewig,in mekaar se kele afklim en wil stry of redeneer,met mekaar?
As Annie dink,MOMA is gevaarlik vir haar kinders en sý voel onrustig..LAAT HÁÁR SÓ DINK!!!
En as Pietie dink, dis OK en oulik…laat HOM SÓ DINK…!!

Binx ·

Presies, lees kommentaar en dink by myself, mense gun mekaar nie eers eie opinie nie. Dalk steek daar waarheid in die gedrog. Mense sien haar en raak sommer haatlik en byterig teenoor mekaar.

LÍEWE GENADE,TOG! ·

Aaklige gevreetjie,wat mý skoon koue rillings gee…ek sien die dood!
Ennn…as enige iets,mý koue rillings gee kán ek maar weet,om katvoet te trap

GM ·

Sjoe Griet, jy is darem maar sensitief oor die Bybelversies lees en aanstuur deel. Ek het dit nie lelik bedoel nie. Ek het goed vs. sleg vergelyk. En gesê dis elkeen se keuse wat hul op die internet maak. Dis nie die internet wat duiwels is nie, dis mense wat boos is. Verduidelik asseblief vir my hoe stories soos Liewe Heksie van die duiwel af is? Oor sy op ‘n besem vlieg? Kinders begin nie eweskielik satanisme beoefen omdat hulle Harry Potter of Liewe Heksie gekyk het nie. Daar is erger dinge daarbuite as daardie stories. Wat vir my altyd die ergste is van al die ‘judgement’ deur kerkmense – meeste van hulle gaan kyk nie self waaroor ‘n ding gaan voordat hulle saampraat nie, hulle luister na wat ander sê, en dan sê hulle dieselfde. Die mens is geskape met ‘n verbeelding, party is die talent gegee om te kan teken en mense te ‘entertain’ met hul talent deur strokiesprente te teken. Meeste goed is onrealisties, dit maak dit nie duiwels nie. Mens moet van dinge geleer word om te kan onderskei tussen goed en kwaad. En as jy as ouer ALS gaan weghou van jou kind, gaan hul juis agter jou rug gaan ‘explore’, en dan het jy geen beheer daaroor nie. Waar jy kon gegaan het en saam hul iets gekyk het en vir hul gesê het DIT is jou redes waarom jy dink iets is sleg.

GRIET ·

Liewe GM…ek ken die anderkant boeta van kinders wat wel uit nuuskietigheid uit in satanisme beland het en ek weet wat ek van praat,eks ñ berader wat SIT hiermee.
JOU kids was lucky jyt SAAM gekyk.
MAW JY VOER AAN… as ék nog “niks oorgekom het” van alkohol,drank,seks, porno of dwelms nie…dan isit OK vir almal en NIEMAND sukkel daarmee en niemand anders se lewens word verwoes daardeur nie…

GM ·

Sanet, ek stem saam met jou. As mens ‘n opinie gee wat teen die groepie se opinies is, haal MM die kommentaar af, al was niks rassisties gesê, kru taal gebruik, of iemand aangeval nie.
Mense het die vermoë verloor om te kan redeneer. Hulle luister NET om te reageer en nie om ‘n ander se uitkyk op iets te kry nie. Ek het aan die begin dit geniet om MM se blad te besoek, en ek LOVE die kommentaar gedeelte. Daar is altyd iemand wat my ‘n ander perspektief op iets gee. Als is nie altyd net wit of swart nie, dit gaan oor elkeen se verwysingsraamwerk. En dis wat mense moet leer om te verstaan – mens moet uitvind hoekom iemand redeneer soos hul redeneer. Soms verbaas die antwoord jou en leer jy iets daaruit. Maar baie voel hul weet als en kan niks geleer word nie.

ANNA ·

Jammer GM…alles in die lewe is net wit of swart,finish en klaar!
Daar is nie lou en warm,wit en swart nie

ANA ·

Ek dink dis net belangrik, om perspektief te kry.Die gesiggie kani opsigself skade doen nie mense,maar ons moet ook weet dat daar ñ geesdimensie is, waar die oorlog lê.Ons moet besef,die vyand kan,doen en sal letterlik ENIGE IETS ‘gebruik’ as instrument in sy vuil kloue, om die mens, God se Skepping te vernietig.
Hy is 100% in staat om menselewens deur videogames,playstations,musiek,flieks te vernietig en hy is 100% in staat om ook lewens deur middel van drank,seks, satanisme,dwelms,pornografie ens.te vernietig..
WEES NET BEDAG HIEROP!! Dis nie nodig om histeries te raak of om dit totaal te ONTKEN nie…handhaaf balans en wees wakker

Mariet ·

My kleinseun van ses die lelike gesig gewys en gevra of hy al so iets gesien het se by nee dit lyk soos n hoender!

Karl ·

Wel hy is 100% korrek, die sculpture is die gesig op n hoender tiepe lyf. Dis in Japan deur n maatskapy gemaak wat horror movie props maak.

Gevaarlike hoax ·

Nou wat as dit n hoax is…dit is lankal nie meer onskuldig nie. Die mensdom is nuuskierig en dit is baie se ondergang. Kom ons se ek stig vandag n facebook profiel en maak n vals storie op oor Momo met die vreesaanjaende gesig om ouers op hol te jaag. Dit versprei soos n veldbrand onder ouers en dan kom dit by een kind uit. Daardie kind wys dit pouse vir almal en wanneer hulle by die huis kom, spring almal op google en dan versprei dit soos n veldbrand onder kinders. Ewe skielik is daar n klomp vals Momo’s wat kommunikeer met almal wat nuuskierig genoeg is om die aas te byt. Party kan dit doen as n grap, of n dare, maar ander kan boelies wees of siek sadistiese ewils wat lekker kry uit ander se leed.

Rosina Beneke ·

Het gaan kyk op Google plat store nadat ek die hoeveelste waarskuwing gekry het oor die Momo ding. Dis daar j kan dit aflaai. Kani verstaan hoe sulke gewelddadige goed in die eerste plek toegelaat word nie. Is daar dan nie sekere reëls of pilicies wat geld nie… Regtig vreesaanjaend

JJ ·

Jy’t die kat aan die stert beet, ja jy kan Whatsapp daar download, Momo moet jy whatsapp. Geen selfmoord of sulke goed gekry nie lol, dis n hoax.

Sunette ·

Rosina, ek stem met jou saam. Ek het self nou op Google Playstore gaan kyk en Momo ingetik. Daar is meer as een speletjie ?

Jeremia ·

Hierdie gedrog lyk bepaald uiters demonies.
Die gedrogte wat in baie rekenaarspeletjies is, is nogal stof tot baie diep nadenke.
Navorsing (internasionaal) oor die invloed van geweld op televisie op kinders is al ou nuus. Dus is dit verstommend dat ouers byvoorbeeld geredelik jong kinders toelaat om gewelddadige rekenaarspeletjies te speel. Soms vir lang tye elke dag.
So asof dit geen invloed op gedrag het nie.

Neels ·

Ek speel al “geweldadige” games van die vroee ’90s af, niks fout met my nie, kyk horrors, thrillers, niks fout met my nie. Beteken jou redenasie, dat as ek baie Fifa jol, gaan dit my ook verander en n beter sokker speler maak?

Waarheid1 ·

Dit kom nou van ouers wat hulle kinders die heeltyd op rekenaars en selfone laat speel.
Waarom speel die kinders nie buite nie?
Is dit gemakliker vir die ouers dat die kinders op internet hulle tyd spandeer?

Ruan ·

Want buite word hul ontvoer en vermoor. NOU WAT MOET ONS DOEN!!!!!!!!!

WonderMaarNet ·

Dalk ‘n goeie manier om skermtyd te beperk… kyk dit is nou nie oulik om “the ring” karakter tipe iets vir kinders te wys nie en hul eintlik erg bang te praat nie… lekker demonies en iemand met erge siek sin vir humor… maar dis dalk goeie idee hoe om kinders se skermtyd te verminder…. want hulle gaan nagmerries kry met daai lelike pop se gesig. Feit bly staan, daar is mense daarbuite wat hul verlekker in hierdie tipe siek speletjies… in my kinderjare was films, etc. gesensor… al was dit gesensor, het ouers baie keer eers die film nogsteeds gekyk om seker te maak dis veilig vir die kinders om te kyk. Deesdae word niks gesensor nie… so tyd dat ouers maar weer tyd maak om wel op te let wat hul kinders kyk, en nie maar net vrye teuels gee nie.

MC ·

Ai Mariet, dankie ek het nou self lekker gelag, maar wragtig waar wil ek tog net nie daai vieslike gevreetjie op my tablet of selfoon gewaar nie, gee my rêgtig waar koue rillings.

Tong innie kies ·

Ek het ook so ‘n gesig getrek toe ek hoor wat my vrou se verjaarsdag persent kos. Sy’t gekies.

ES ·

Toe ek 9 jaar oud was het ek en my maats A Nightmare on Elm Street gekyk en Friday the 13th en Halloween en en… en weet julle wat? Ek het nog nooit neigings gehad om enige iemand te vermoor of myself leed aan te doen nie en my maats ook nie. Ons is nou al almal lankal grootmense, en party van my ou vrinne se kinders is al ouer as wat ons daardie tyd was. Moenie jou kinders heeltyd in watte toe draai nie.

As iets gepla het as kind, het ek die vrymoedigheid gehad om met my ouers daaroor te gesels. Moenie insinueer dat jou kind te dom is om agter te kom dat dit net ‘n gekskeer speletjie is nie. Kinders is slimmer as wat jy dink en die mammas is eintlik die mense wat histeries raak hieroor. Die pa’s grom daaroor. Die kinders dink dis simpel. So kan almal nou net asseblief kalmeer.

Ek was en in toevallig ook ‘n Harry Potter aanhanger vandat ek ‘n kind is en ek het nog nooit met satanisme of snaakse goed deurmekaar geraak of gevoel dat ek wou nie. Daar is sulke gevalle – maar bitter weinig min.

Ruan ·

Ek stem saam met jou. Ek is ook ‘n groot harry potter aanhanger en het al meer horrors gekyk as wat ek badkamer toe was en ook het daar nog geen selfmoord neigings uitgekom nie en ek dink ek is een van die vriendelikste mense. Kom maklik met almal oor die weg. Die mensdom het ‘n wan indruk op als en as dit nie hul pas nie is dit verkeerd. Ek is ook ‘n groot aanhanger vir tegnologie. Baie mense is teen dit. Mense moet net besef, “there is more than meets the eye”.

Bianka ·

Samelewing se probleem is dat mense duiwel of boosheid in ALLES sien of soek. Wat jy soek sal jy vind. As jy die duiwel gedurig soek in alles maak jy jouself oop vir n kuiertjie van hom af. Soek goedheid, sien die mooi om jou. God is goedheid, alles wat mooi is. Soek eerder dit. Dan sal mense waarlike liefde en vrede ervaar. Deur die duiwel in alles te soek is daar nie n manier wat enige mens liefde en vrede kan ervaar nie. Eerder vrees en angstigheid oor alles. Soek goedheid, spreek goedheid en voel hoe jou siel skitter.

S.D ·

Of dit waar is of nie. Ek dink die les hier is om bewus te wees dat daar wel ongepaste goed op die internet is en ons moet ons kinders waarsku…opas… en inlig.. net soos wat ons doen as dit kom on nie met vreemdelinge te praat nie. Die les hier is egter kommunikasie met jou kinders…momo of “no” momo… ons het baie “challenges” in ons land.

Tania ·

Relax mense, dis net ‘n hoax.
Wat vir my meer kommer wekkend is, is die inhoud van sommige kinder stories. Ek kuier eendag by ‘n vriendin en die dogtertjie is besig om My Little Pony te kyk, my vriendin was iewers besig. Ek was geskok oor hoe die kamstige onskuldige kinder program die kinders leer om lelik met ander maatjies te wees en selfs te boelie. Ouers moet maar ‘n oogie hou op wat hulle kinders kyk.

GM ·

NEE Anna, als in die lewe is nie so eenvoudig dat dit net wit of swart kan wees nie. Soos ek sê, dit hang van ‘n persoon se verwysingsraamwerk af. My verkeerd is dalk jou reg, en jou verkeerd is dalk my reg. Maak dit jou reg? Of maak dit my reg? Met sekere goed soos moord en verkragting is die lyne duidelik. Alhoewel ek voel hul kan maar groet.
Om natuurlik geboorte te gee, is ‘reg’ -dis immers hoe kinders nog altyd gebore was. Maar dokters het keisersnitte begin uitvoer om baba, of mamma se lewe te red. So is dit verkeerd omdat dit nie die ‘natuurlike’ manier is nie? Of borsvoeding – dis ook natuurlik, tog gee baie mammas bottels, party uit eie keuse, ander omdat hul nie genoeg melk produseer nie. Hulle wyk dus af van die ‘natuurlike’, wat party mense dan sal sien as ‘verkeerd’. En ek sien dit as ‘in die belang van mamma of baba’. So hoe trek jy met dit die wit en swart lyne – daar was dan ge’compromise’? Dieselfde met kinders wat te vroeg gebore word – mediese hulp word ingeroep om hul te red. Meng dit nie in met natuurlike prosesse nie? Maar moet dokters nou die kind net los? Mens hoef nie met ander se opinies saam te stem nie, maar mens kan probeer verstaan hoekom hul redeneer soos hul redeneer. Net omdat hul anders dink, beteken nie hulle is verkeerd nie.

Yvonne ·

Skerp! wie jy ook al is. Bottom Line : ouers kyk waarna julle kinders kyk en maak tyd vir gesels sodat jy weet wat in jou kind se lewe aangaan. GEEN kind moet ‘n password op sy/ haar foon he nie. Indien dit so is , moet die gevaarligte by jou as ouer begin flikker. In my huis is die reel: solank ek betaal het ek toegang tot die foon, klaar! Breek die reels en ek vat internet / foon weg. Dit is nie onderhandelbaar nie. Internet is nie sleg nie. dit word sleg gemaak deur slegte mense.

JJE ·

@Yvonne, ek stem 100% saam, dis hoe dit in ons huis ook werk, my kids “leen” die foon, ek betaal hom, ek sal toegang he tot daai foon net soveel ek wil. My huis, my dak, my foon, my reels. Jy as kind, het nie “privaatheid” as dit by dit kom nie, ek sal ook deur jou kas en skooltas gaan soos ek lus kry.

N ·

Die probleem wat ek met die Momo ding het, is dat die maatjies steeds onder mekaar gesels en my dogter daarmee bangmaak. Al is dit `n verdomde hoax, is dit NIE so in my kind se oë nie. Ons weet wat die waarheid is, maar kinders word steeds op verskillende maniere hieraan blootgestel en banggemaak. En wat Peppa Pig betref, ek het die videos gesien voordat dit verwyder is.

Bloublasie ·

Jitte, hier is ‘n paar erg terug-op-die-brug tannies op hierdie kommentare vanaand! Niks beter te doen as om die duiwel om elke hoek te soek nie!

Sanet ·

INDERDAAD BLOUBLASIE inderdaad ??nés jý daar sê…
Dit kos een arrogante TERUG OPI BRUG BLOUBLASIE om áli ánder TERUG OPI BRUG anties RAAK te sien!!??

Andrea ·

Ek lees van die kommentare hierbo en ek wonder oor my kindgrootmaak styl. Ek het nooit my kinders se fone gevat of geïnspekteer nie, nooit deur hul kaste, tasse of privaatheid gekrap nie. Maar ons is aan die heup verbind. Daar is n oop verhouding tussen ons van kleinsaf. Hul weet hul kan v my enige iets sê, en ek sal nie oorreageer en histeries word soos my ma met my gedoen het toe ék n tiener was nie. Hulle weet van kleinsaf ‘I’ve got their backs’. Maar hul weet ook v gevolge dra. Miskien was ek net gelukkig tot op hede. Hul is aldrie nou groot. Maar ek bid nog elke dag die Here se beskerming oor hul af. Dis waar die genade vandaan kom.

humor ·

Ek is so dankbaar dat my intiusie vir my onmiddellik se bly weg. Ek glo dit is omdat die SKRIF deur die jare meer en meer my eiendomlike verwysingsraamwerk geword het. En ek het dit veral te danke aan twee dierbare kosbare ouers wat lankal nie meer lewe nie. Het in n eenvoud boeregesin opgegroei.

Sanet ·

Yippp…Humor…ek stem saam met jou en ekt ookal geleer AS iets bots met my gees, dan is dit ñ Waarskuwing vir mý ook en dit werk nog al die jare goed

Dries du Toit ·

Ek was tot in my siel geskok toe ek daai gedroggie op n 10 jarige seuntjie se foon gesien het en hom gekonfronteer het. “Jissie ou seun dit is n lelike vrou daai op jou foon” sy antwoord was” nee oom dit is die sexyest woman on earth, ek sal eendag met haar wil trou”

Ballon ·

Ons woon in die buiteland. Het vir my kind die prent gewys en sy sê jip dit kom op haar foon op. Sy het my gewys hy kom op vir n rukkie en dan is dit skielik weer weg. Die kinders by die skool is gaande oor Momo. Ek het my kind maar gewaarsku om weg te bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.