Ouers ruk op by Pretoriase skool oor plasing

Leerders staan Woensdagoggend rond by Hoërskool Akasia. (Foto: Skermskoot van video op Twitter)

Die polisie is Woensdag na Hoërskool Akasia in die noorde van Pretoria ontbied nadat verskeie ouers en lede van die EFF die skool se ingang versper het.

Die ouers dring daarop aan dat hul kinders geplaas word. In ’n video op sosiale media kan gesien word hoe kinders staan en toekyk terwyl oproerigheid by die skool heers.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het aan Maroela Media gesê die polisie is vanoggend ontplooi en leerders en personeellede kon toe eers toegang tot die skoolterrein verkry.

Volgens Mabona het ontevrede ouers en lede van die EFF intussen met die skoolhoof en die skool se beheerliggaam vergader. “Die skool het reeds sy volle kapasiteit bereik, maar het onderneem om tog te kyk of hulle nog leerders kan akkommodeer.”

Mabona het egter daarop gewys dat die skool in Januarie vanjaar reeds ’n nuwe graad 8-klas ingestel het in ʼn poging om die gebrek aan kapasiteit by skole in die omgewing te ondervang.

ʼn Lid van die gemeenskap het aan Maroela Media gesê die situasie is intussen ontlont en die skooldag het sonder enige verdere ontwrigting voortgegaan.

Die departement het ’n beroep op lede van die gemeenskap gedoen om nie skole te ontwrig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Baardman ·

Help my reg, maar dis die regering wat die plasings doen, nie die skool nie

JM ·

Lesufi PRAAT net oor skole bou, maar NIKS realiseer nie. Lig jouself Lesufi, voeg die daad by die woord!

Moedeloos ·

Daar is nie geld nie en hy weet dit. Maak beloftes wat hy weet kan nie nagekom word nie. Dan trek hy net skouers op en sê hy kan niks doen sonder geld nie. Baie slim mannetjies

Jo-Anne ·

Hoekom word daardie skool spesifiek geteiken, sekerlik is daar nog skole in daardie omgewing of is dit omdat dit n afrikaanse skool is.

Persheks Adri ·

Môre is hulle terug en breek af genade die petters het wragtag niks beter om te doen nie gggmmmfff! Kla oor alles en verstaan nie volle kapasiteit nie? Kan hulle nie net verdwyn nie hel man hulle maak moeg

Adriana ·

Tipies EFF hul sal eerder betoog en moeilikheid maak, hoekom by die skool gaan betoog, gaan betoog voor Lesufi se voordeur, of hoekom begin jul nie iets positief doen vir die land nie, steek jul hande uit en begin nuwe skole bou vir die alreeds oorvol skole. Begin bietjie anders dink as om net altyd negatief te wees en verwag iemand anders moet dit doen.

Jessica ·

Ek stem sooo 100 persent saam met jou! Bou skole waar hulle ook kan gelukkig wees en los die oorvol skole uit. Vat n baksteen en begin bou. Ek dink as daar vir elke skool wat afgebrand is twee nuwes gebou was , het ons nie nou hierdie probleem gehad nie

Anna ·

Want die mentaliteit is so gekweek op “verwagting”. Hulle verwag alles gaan uit die hemel neerdaal en as dit nie doen nie, dan brand en breek hulle dit wat reeds opgebou was.

Chris dupreez ·

Dis alles Lesufi se skuld, hy laat nie skole bou nie, en daai kinders kom omtrent 20 km ver om daar skool te gaan, hulle wil nie in shoshaguve en mabopane skool gaan nie.

koos10 ·

Die skole in die “townships” het so ver agteruit gegaan (en is toegelaat om agteruit te gaan), dat geen ouer hulle kinders daar wil plaas nie. Dis gewoonlik die kwintel 1,2 en 3 skole, wat ALLES kry van die departement (lees belasting betaler) kry, Dit is ook die skole waar kos uitgedeel word en deur die unies beheer word. Ek weet nie van een van die skole wat suksesvol is nie (jammer vir die, as daar is). Die enigste hoop wat ouers het is om hulle kinders by kwintel 5 skole in te kry, en daar is hopeloos te min van die kwintel 5 skole.

Jessica ·

Miskien as daar minder skole afgebrand word en minder betogings plaasvind kan daar meer skole beskikbaar wees. Plaas vat elke ouer en EFF lid n baksteen en begin bou aan n skool waar hulle gelukkig in kan wees.

Hoekom ·

Vir 26 jaar het die ANC regime nog nie een skool gebou nie, ook nie uitgebrei nie, skole wat al lankal bestaan staan leeg en word opgebreek om nuwe plakkershutte op te slaan. Die skole wat wel uitgebrei word deur die regime word uitgebrei deur net “containers” daar neer te gooi want die geld vir die uitbreiding van skole is te lekker in die sakke van die ministers en ANC LP’s, Lesufi ingesluit. Die EFF help ook nie juis om skole op te bou of uittebrei nie, hulle hou net van blaf, breek en om hulle rassisme uit te leef…

Androclus ·

EFF-daar is nie medikasie vir hulle nie,wil alles net omkeer in ‘n verkeerde rigting.

Elize ·

Wil graag hoor wat die departement doen tov hierdie tipe probleme. Want dis mos nie n nuwe probleem nie.

Agge nee ·

Lesufi het nie tyd om skole te laat bou nie, hy is te besig om voor die TV kameras te ‘perform’ Jaag van skool na skool op soek na iets wat na rassisme kan lyk en dan is dit speel vir die TV

Vernon ·

Die EFF en Kie sal nooit by n Township skool opdaag nie,net by skole wat werk. Lesufi se stelsel om leerlinge te plaas,alles n rookskerm om sy vermoee om skole te bou met bevoegde onnies te verbloem.

Piet parys ·

As dit n privaat besigheid was sou hy As lesufi wit was hy afgedank gewees het omdat hy onbevoeg is . Maar nou is hy mos deel van die elite onaantasbares in n regerings pos

Sarel ·

Hoekom gesels hulle met die EFF. Politieke Partye het niks by die skool te doen nie.
Julle nid by Brackenfell geleer nie

Fedup ·

These garden gnomes are really irritating.
Maybe they should sign up for kinder garden classes.
Doing it all over again might help the wee bit of brain to start working.

Deon ·

Doing what over? Were they ever in any school, Malema was an activist from age nine, according to him

Riana ·

Waar is die nuwe skole??? Miljoene om klas kamers te sanitise maar geen nuwe klas/ skole word gebou nie…. EFF saan soek moeilikheid by die onderwys departement nie by die skole nie Danki!!!!

Genis ·

Lees my lippe: Bou julle ieie skole! Die EFF en hulle rent a crowed gaan een van die dae n bloutjie loop… Ons nooi julle Moot toe…

Alet ·

Stem maar weer vir die ANC. Weet nie hoekom julle vir hulle kwaad word nie. Hoeveel jaar al? Herhaal homself oor en oor en julle hoor nie.

Deon ·

“Die departement het ’n beroep op lede van die gemeenskap gedoen om nie skole te ontwrig nie.” Dis nie die gemeenskap wat aanjaag nie, as jy nie die regte persoon/e, entiteite aanspreek nie dan gaan jy in die eerste plek nie die regte reaksie kry nie….. Spreek julle skoothondjie, eff, aan!!!! Eff voel n veer vir skole, hoe dommer jy is hoe makliker kan jy die eff se strooi glo en volg

Kokerboom ·

So ontduik Lesufi sy aanspreekliheid vir wanprestasie deur Afrikaanse skole te teiken. En hy kom weg daarmee!! Wanneer trek ons die streep?

christo ·

Dit gaan my verstand na bowe. Lesufi hoekom gaan kyk jy hoekom townships hoërskole leeg loop. Hoekom word dan nie Engels en Afrikaans in die townshipskole onderrig nie? Ek kan nie verstaan hoekom dié kinders en EFF na voorheen ex-model C skole stroom om in Engels en die ‘onderdrukker se taal’ Afrikaans stroom vir beter kwaliteit onderwys?
Ek weet hoekom. Die staatstoewysing vir ‘NO FEE’ is nogal ‘n aardige bedrag maar word wanbestuur en beland in korrupte hoofde en beheerliggame se sakke. Verder word alles wat gebreek kan word, deur die leerders gevandaliseer. Wat my verstand na bowe gaan is dat dieselfde ‘arm ouers’ nou kan betaal vir skoolfooie en vervoer uit die townships waar hulle voorheen te arm was?

Regverdigheid ·

Laat EFF hul eie skole oopmaak …. alewige bakleiery oor iets maak mens siek

Lian ·

Net om ‘n stuiwer in te gooi: In die Vrystaat weet ek van 2 skole waar die Blankes moes plek maak vir swart engelse skole omdat die provinsiale owerhede nie nuwe skole wou bou nie . Ek dink die ouers en skolierre moet maar maak soos ons in die verlede gedoen het: Ons het wel die geboue gekry maar ons skoliere en ouers moes maar self geld insamel om die sportgronde en tuine te bou. Nou sal ons maar net self die geboue ook moet bou. Die vraag is net of die moderne inklusiewe samelewing dit sal verstaan ? Soos Oom Jan Brand gese het : ” Alles sal regkom as elkeen sy deel doen ” .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.