Ouers, seun op spog-gholflandgoed vermoor

Lees ook:
Niemand nog vas vir Stellenbosch-gesinsmoord

Die De Zalze-gholflandgoed. Foto: Facebook

Die De Zalze-gholflandgoed. Foto: Facebook

ʼn Ouerpaar en hul seun is Dinsdagoggend in hul huis in die spog-gholflandgoed De Zalze buite Stellenbosch in die Wes-Kaap vermoor.

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die 55-jarige pa, 54-jarige ma en 22-jarige seun is aangeval en vermoor. Volgens Traut is die ouerpaar se ander twee kinders, ʼn 16-jarige dogter en 20-jarige seun, tydens die aanval beseer en is hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Traut het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord en dat niemand nog in hegtenis geneem is in verband met die voorval nie. “Ons is nie in ‘n posisie om te spekuleer oor die motief vir die aanval op die gesin nie en sal moet staatmaak op die uitkoms van ons ondersoek om meer lig te werp op die omstandighede rakende die saak,” het hy gesê.

Geen verdere besonderhede is bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
anet

Dit is tragies en hartseer. Ek kan nie verstaan hoekom sekere groepe in ons land net wil roof en doodmaak nie, en gewoonlik is dit onskuldige mense en kinders wat die prys moet betaal.
Ek bid ‘n spoedige herstel toe aan die ander twee kinders, en baie krag en vrede en berusting aan die familie

ladybug

Liewe Hemel mense!!!! Ons volk word uitgemoor en julle noem mekaar name?

Geen wonder ons nasie sit waar ons sit vandag nie! Skaam julle! Plaas staan julle saam en laat ons opstaan teen die gemors wat ons wil uitwis!

Lawrence

Julle dink die EFF het ‘n grap gemaak toe hulle oorlog verklaar het teen blankes? Dit mense, is waarteen daar ‘n jare lange oorlog in SWA baklei was. (Dis nou die oorlog waarvan julle civies niks mag geweet het nie) Hierdie slag gaan julle nie die oorlog misloop nie!

lang jan

Dis tragies dat suid afrika in sulke toestande ingedemp is.Ons word uitgeroei ja.maar ons staan ook nie saam nie.die arme mense wat elke dag sterwe vir niks.is dit wat ons vir ons kinders agter gaan laat?is dit hul toekoms om deur die sleg etter meerderheid uitgeroei te word?ek hoor altyd hoe die ou manne se hulle gan dit doen en daai,mar niks gebeur ooit.Ons doen nooit iets aan die problem nie.niemand staan op en doen iets nie.Die Bybel se n oog vir n oog.Nou maar hoeveel oe het hul al gevat van ons wat ons nog nie terug bedien het… Lees meer »

Bradley

People, wait for the full story… It seems it wasn’t even a robbery or anything and rather a domestic dispute…