Ouers, seun op spog-gholflandgoed vermoor

Lees ook:
Niemand nog vas vir Stellenbosch-gesinsmoord

Die De Zalze-gholflandgoed. Foto: Facebook

Die De Zalze-gholflandgoed. Foto: Facebook

ʼn Ouerpaar en hul seun is Dinsdagoggend in hul huis in die spog-gholflandgoed De Zalze buite Stellenbosch in die Wes-Kaap vermoor.

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die 55-jarige pa, 54-jarige ma en 22-jarige seun is aangeval en vermoor. Volgens Traut is die ouerpaar se ander twee kinders, ʼn 16-jarige dogter en 20-jarige seun, tydens die aanval beseer en is hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Traut het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord en dat niemand nog in hegtenis geneem is in verband met die voorval nie. “Ons is nie in ‘n posisie om te spekuleer oor die motief vir die aanval op die gesin nie en sal moet staatmaak op die uitkoms van ons ondersoek om meer lig te werp op die omstandighede rakende die saak,” het hy gesê.

Geen verdere besonderhede is bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

anet ·

Dit is tragies en hartseer. Ek kan nie verstaan hoekom sekere groepe in ons land net wil roof en doodmaak nie, en gewoonlik is dit onskuldige mense en kinders wat die prys moet betaal.
Ek bid ‘n spoedige herstel toe aan die ander twee kinders, en baie krag en vrede en berusting aan die familie

ladybug ·

Liewe Hemel mense!!!! Ons volk word uitgemoor en julle noem mekaar name?

Geen wonder ons nasie sit waar ons sit vandag nie! Skaam julle! Plaas staan julle saam en laat ons opstaan teen die gemors wat ons wil uitwis!

Lawrence ·

Julle dink die EFF het ‘n grap gemaak toe hulle oorlog verklaar het teen blankes? Dit mense, is waarteen daar ‘n jare lange oorlog in SWA baklei was. (Dis nou die oorlog waarvan julle civies niks mag geweet het nie) Hierdie slag gaan julle nie die oorlog misloop nie!

Kobie ·

@Lawrence. Daars hy, vertêl hulle. Maar as mens jou bek oopmaak is jy mos verkramp en onnosel. Jy blaas kwaad aan en moet liewer in ‘n hoekie gaan wegkruip en banger wees as die p*pol wat dit vir jou sê, en jy mag jouself nie verdedig nie. In my oë praat sulke mense die moord op my mense goed en is hulle deel daarvan. So ook die klomp wat Steve en Synette afkraak. Geen fees sal my ooit weer sien as alby van hulle nie teenwoordig is, EN toegelaat word om te sê wat hulle wil sê nie. Enigeen wat my will kruisig daaroor moet liewer besluit of hy/sy ‘n druppel bloed van elke vermoorde blanke in die land in sy hand wil neem, of die slap gattigheid wil los en staan vir wat reg is.

lang jan ·

Dis tragies dat suid afrika in sulke toestande ingedemp is.Ons word uitgeroei ja.maar ons staan ook nie saam nie.die arme mense wat elke dag sterwe vir niks.is dit wat ons vir ons kinders agter gaan laat?is dit hul toekoms om deur die sleg etter meerderheid uitgeroei te word?ek hoor altyd hoe die ou manne se hulle gan dit doen en daai,mar niks gebeur ooit.Ons doen nooit iets aan die problem nie.niemand staan op en doen iets nie.Die Bybel se n oog vir n oog.Nou maar hoeveel oe het hul al gevat van ons wat ons nog nie terug bedien het aan hul nie?hoeveel mense moet nog so gru doodgaan voor mense besef wat angan en wat gedoen moet word.Ons lees dit en gan an met ons lewe.Net nog n dag in Suid Afrika.Ek werk in Afrika,en ek voel veiliger hier as wat ek in my eie land voel.mar ek sien die toestande hier en ek kan sien hoe dit al hoe meer begin dieselfde lyk by ons.Mar nou ja.daar sal mense wees wat my storietjie lees en net aangaan met lewe….dit is mos mar net nog n dag in ons geliefste suid afrika

Schalk ·

Se nog altyd afrikaners kan nie saam staan nie. Laat my dink aan die storie van die drie afrikaners wat op n verlate eiland uitgespoel het, teen sononder was daar drie politieke partye en drie kerkverbande. Dit is maar die Afrikaner se lot.

Dave ·

Nogal jammer Schalk, wanneer mense soos jy niks oorspronklik kan sê nie. Net holruggeryde stories herhaal. Probeer tog iets nuut sê.

Schalk ·

Dave, jy het jou naam vergat op nuus24 met jou aanvallende kommentaar. Jy is selektief oor wie jy aanval, lees die kommentaar waarop ek geantwoord het. Lang jan se self dat Afrikaners nie kan saamstaan nie. @Giel, wees bietjie meer spesifiek, verstaan nie jou vraag so lekker nie.

Bradley ·

People, wait for the full story… It seems it wasn’t even a robbery or anything and rather a domestic dispute…

SNEL ·

Hoop ons gaan die hele storie later kan lees, want hoe het hulle ingekom, hoeveel was betrokke, is dit n sekuriteis kompleks op die golf landgoed . Dis vreeslik erg, hoe harde hou moet dit nie wees vir die arme twee kinders wat oorleef het nie, om hulle broer en ouers te moes sien vermoor word. Hoop hulle kan alles verwerk.

MO ·

It seems to be that ideed. It was friends uncle. Thus far they dont know much more but it was not an attack from outside, and that makes it even more unfortunate and sad. Everyone should stop speculating and rather pray for the girl that is fighting for her life at the moment.

Gawie Botha ·

Daar is te min inligting op hierdie stadium om kommentaar te lewer,behalwe dat dit tragies is!

Kenneth ·

Moenie klippe gooi nie,ons ALMAL woon in huise van glas,ons hou liewers die 2 kinders in ons gebede en bid vir n spoedige herstel,laat die polisie hul ondersoek afhandel, as Suid Afrikaner en inwoner van Jamestown gaan my harte uit na die families in hierdie somber tyd van droefheid.God bly in beheer van ons lewens

ggr ·

So ver ek weet was dit huismoles en nie iemand van buite nie. Nog steeds bitter tragies.

louisa ·

Weet julle di meeste is swart mense wat ons wit mense vermoor,roof,verkrag en martel dan is daar ook dat di swartes ons kinders verkrag partykeer tot babas,ek weet hulle moor onder mekaar ook maar ons bly di groot slagoffers,gaan lees bietjie op fb gerus op dan sal jy sien hoeveel wit mense deur swartes vermoor word en partykeer steel hulle eens niks,ek was ni in apparteid ni so hoekom moet ek in vrees lewe,nou sien ek sunette word hof toe gesleep oor haat spraak maar het julle al gesien hoe word da haat teen oor ons wit mense uit gespreek?dis skrikwekend,hoekom bring hulle ni maar dood straf terug ni?dit sal dan ons land se moord syfer af bring want di tronke is oor vol en dan sit di roowers,verkragters,moordenaars ens tog net I rukkie en kom dan maar weer uit en wat gebeur dan??ons wit nasie moet begin saam staan en ophou neer kyk op ander wat gaan ons eendag vi ons klein kinders vertel,wat het ons gedoen om hulle veiligheid te verbeter??en hoekom as da net een swart mens dood gaan in I aanval of ongeluk of in poging tot roof dan bler dit op al wat I tv stasie is maar as ons wit mense vermoor word ens hoor mens niks daar van ni???

Justice Malanot ·

Sover ek weet was dit n tragiese gesinsmoord met die 20 jarige seun betrokke. Dink Griekwastad tragedie en Harrismith Bylmoord tragedie.

Tom ·

Dis is n ernstige tragedie.

Geen mens weet wat daar gebeur het nie en tot ons die feite weet is dit idioties om te spekuleer.

ladybug ·

Geen geforseerde toegang, geen ander leidrade sover nie, klink na ‘n familie dispuut … 2de Griekwastad?

Sumie ·

Hoekom hang alle besonderhede van die dogter af. Die seun wat weg gekom het met n paar skrape kan mos beter inligting verskaf. Hoekom word die besonderhede wat hy gaan aflê het by die polisie nooit genoem nie, of het ek dit gemis. Ieder geval is dit baie hartseer.

rainbow nasie ·

Drie mense is dood en waarvan praat die Afrikaners alweer? Wittes en swartes…dit is belaglik. Kom nou julle, dit is hartseer genoeg. Onthou alle Afrikaners word onder dieselfde kam geskeer en ander stem nie saam met jou opinie nie. Ons is ook gatvol vir geweld, maar ook vir bitterheid en negatiwiteit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.