Ouers, seuntjie sterf in botsing

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou, haar man en hul eenjarige seun is dood na ʼn botsing reg van voor op die N8 in Bloemfontein in die Vrystaat.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die egpaar se ander seun, 13 jaar oud, het kritieke beserings opgedoen. Botha sê van die mense was in die motors vasgekeer.

Hy sê die drie insittendes van die ander voertuig het ligte beserings opgedoen. “Hulle is op die toneel behandel voor hulle na verskeie hospitale vervoer is vir die nodige sorg.”

Die presiese oorsaak van die ongeluk word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Andrewena ·

My hart gaan uit na di 13jarige seun wat sy ouers n hle babatjie verloor het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.