Ouers sit hofstryd voort ná kind verdrink

Michael Komape.

Die hooggeregshof in Polokwane in Limpopo het Dinsdag Michael Komape se ouers se aansoek om verlof tot appèl toegestaan in een van hul eise rakende die dood van hul seun.

Section 27 het namens Michael se gesin skadevergoeding geëis nadat hy in 2014 by die Mahlodumela Primary School in Limpopo, waar hy in gr. R was, in ʼn puttoilet geval en verdrink het. Michael was vyf jaar oud toe hy dood is.

Regter Gerrit Muller het die Komape-gesin se aansoek om verlof tot appèl toegestaan rakende hul eis van R2 miljoen, maar die aansoek om verlof tot appèl rakende hul ander eis van die hand gewys.

Muller het in April vanjaar die gesin se eise vir skadevergoeding van R3 miljoen van die hand gewys. Die een eis was teen die departement van onderwys vir emosionele trauma, die tweede eis is ʼn grondwetlike eis terwyl die derde eis vir toekomstige mediese uitgawes weens emosionele trauma is.

Die gesin sal nou direk die appèlhof in Bloemfontein nader met hul eis van R2 miljoen vir grondwetlike skade. Die gesin voer aan dat die departement van onderwys sy plig versuim het om na Michael om te sien terwyl hy by die skool was.

Muller het in sy uitspraak Dinsdag gesê hy glo nie ʼn ander hof sal tot ʼn ander beslissing kom nie.

Michael se ouer suster, Lydia, het ná die uitspraak gesê haar gesin sukkel om berusting te vind. “Ons is seker die appèlhof sal vir ons die berusting gee waarvoor ons al jare wag. Ons sal nie ophou veg vir geregtigheid vir my broer nie.”

Muller het in sy uitspraak in April die tersaaklike departemente in Limpopo beveel om voldoende en veilige sanitasiegeriewe aan leerders in die provinsie te verskaf. Die hof het beveel dat die provinsiale en nasionale departemente van basiese onderwys elk R6 000 betaal vir die toekomstige mediese behandeling van Michael se ouer sibbe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Vanessa Moore ·

My hart gaan uit na die ouers. Ek weet nie wat ek sal doen as dit met my gebeur nie, maar ek stem saam, geen geld in die wêreld gaan julle blommetjie terug bring nie en geen geld gaan die seer en gemis weg vat nie. Die Departement kan wel die mediese onkostes dek.

PIPPIE LANGKOUS ·

Ek sou presies dieselfde gedoen het!!! Ons wil lughawens se name vir miljoene rande verander, maar ons kannie seker maak dat daar ordentlike sanitasie geriewe by ons jong kinders se skole is nie??? Piper, wonder wat jy sou gedoen het as jy in hulle skoene was?

Colleen ·

Die paar in die familie wat wel gewerk het het seker almal bedank en gedink hulle gaan gou ryk word en nou backfire hul plan. Voel jammer dat hulle ‘n kind verloor het, maar my kinders is ook op skool en daar staan uitdruklik op die toelatingsvorms dat die skool nie verantwoordelik is vir skade wat gely word nie.

Riouna Martin ·

Dit is hartseer maar geen geld gaan kind terug bring nie. En wan hul wel goeie skole het word dit afgebrand. Hoop die ouers sal wel die geld terug sit in hulle gemeenskap om te help bou aan skole sodat daar nie weer so iets gebeur nie.

Nettie ·

Ek het werklik simpatie met die ouers van die afgestorwe kind en hoop dat hul eis vir ten minste toekomstige mediese uitgawes n.a.v. trauma gely a.g.v. die afsterwe van hul kind toegestaan sal word.

Nou wil ek terselfdertyd vra: kan die families van ons blanke boere wat by die dag uitgemoor word a.g.v. die regering (SAPD) se onvermoë/onwilligheid om burgers wat op plase bly en verantwoordelik is vir voedselvoorsiening vir die hele nasie, óók skadevergoedingseise begin insit teen die Polisie?

Dit is immers die regering en Polisie se grondwetlike plig om die burgers van die land te beskerm …………..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.