Ouers skik met departement ná seun se verdrinking

Enock Mpianzi (13).

Die ouers van die 13-jarige Enock Mpianzi het buite die hof geskik met die Gautengse departement van onderwys nadat hul seun verlede jaar tydens ʼn skoolkamp verdrink het.

“Terwyl ons bewus is van die feit dat ʼn jong lewe verlore gegaan het, is ons is hoopvol dat die skikking ʼn bietjie troos en afsluiting sal bied vir die Mpianzi-familie, wat ongetwyfeld ʼn uitdagende tyd beleef het sedert die heengaan van Enoch,” het Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, gesê.

Daar is geen besonderhede rakende die skikking bekend gemaak nie. Die Mpianzi-gesin het die departement aanvanklik vir R10 miljoen gedagvaar, maar het later die bedrag na R20 miljoen verhoog.

Enock se liggaam is op 17 Januarie verlede jaar in die Krokodilrivier gevind nadat hy twee dae vantevore in ʼn spanbou-aktiwiteit tydens ʼn skoolkamp in Noordwes in die rivier vermis geraak het.

Polisieduikers het Enock se liggaam in die rivier gevind. (Foto: Panyaza Lesufi/Twitter)

Die leerders moes tydens die aktiwiteit vlotte bou en daarmee oor die rivier vaar. Onderwysers het egter eers die volgende dag besef Enock word vermis. Sy liggaam is sowat 3 km stroomaf gevind van waar die vlotbou-aktiwiteit plaasgevind het en Enock die laaste keer lewend gesien is.

Die voorval het daartoe gelei dat Malcolm Williams, hoof van Parktown Boys’ High waar Enock ʼn gr. 8-leerder was, eers geskors en later afgedank is.

Daar is bevind dat indien die skoolhoof, onderwysers en kampbestuur die situasie anders hanteer het, dié tragedie voorkom kon word.

Die skool het glo ook nie die nodige toestemming van die Gautengse departement van onderwys verkry om leerders op die kamp te neem nie. Daar was ʼn probleem met die skool se aansoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Anel ·

Ja, en nou is dit ons as belastingbetalers se skuld. As jou kind nie waterveilig is nie, sê so. Ons kinders is op die oomblik in Nederland. Die kleindogter is in gr 1. Die skole verplig die kinders om te gaan vir swemlesse en die staat betaal. Hulle moet ‘n skere graad behaal. So nie word hulle nie toegelaat om op uitstappies te gaan nie. Die dogtertjie het verlede jaar elke oomblik gehast maar van hierdie jaar af gaan dit al beter en sy is amper op standaard. Dalk moet so iets hier ook gedoen word.

JanSt ·

“Elke oomblik gehaat” veryel vir my dis die omstrede ‘drown proofing’ metode. My kinders is in ‘n skool waar dit nie gedoen word nie en die een net na 3 jaar ingeval en homself uitgehelp…

Die 2 de punt, toe ons Hobhouse en Zastron toe is, is jy nie in die water toegelaat sonder ‘n reddingsbaadjie…

Anel ·

Nee, toe nie. Sy hou nie van water in haar gesig nie, soos haar ma.

Deni ·

Geld gaan nie jou kind terugbring nie!! Omw, worry hul dan net oor geld?

Sarel ·

Nou maak hulle geld tensy dit nie persoonlik asngewend word nie….wishfull thinking

Daleen ·

Ek is jammer maar GEEN bedrag kan julle kind terugbring nie maar hoop regtig dat die geld julle gaan “vertroos” want ek sal nooit ‘n bedrag op my kind se lewe kan sit nie. Maar sien al hoe meer dat ouers geld aangebied word (paar jaar terug het kleuter in skag naby Boksburg geval – betoog en gebrand – geld aangebied – en nie eers verder betoog dat die liggaampie uitgehaal word nie) en die “hartseer” verdwyn soos mis voor die son. Siek wereld waarin ons leef.

Anel ·

En sover ek kan onthou, is hulle buitelanders. Nie seker of hulle nog onwettig is ook nie. Ek praat nou onder korreksie. Ek mag verkeerd wees. En ja dit is so, mens kan nie geld op ‘n lewe plaas nie, maar mens het ook die verantwoordelikheid om toe te sien dat JOU kind veilig is en dit nie die verantwoordelikheid maak van iemand anders nie.

Daleen ·

Ek stem Anel jou kind en sy “tekortkominge” soos die feit dat jy hom nooit leer swem het bly jou verantwoordelikheid. Het hulle die skool ingelig dat hy is swak swemmer of glad kan nie swem nie???

Bushy ·

Die hoof en betrokke onderwysers van die skool was slapgattig nalatig, period. Daar is geen verskoning vir hul blatante gebrek aan deursugtigheid en protokol nie. Moenie nou die blaam op die kind en ouers probeer plaas nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.