Ouers soek antwoorde ná baba sterf

Joanne du Toit saam met haar dogtertjie (Foto: Verskaf)

Gebroke ouers van Hazyview in Mpumalanga is verwoed op soek na antwoorde ná hul pasgebore babadogtertjie sowat twee maande gelede skielik oorlede is.

Joanne du Toit, die babadogtertjie se ma, het Woensdag aan Maroela Media vertel hul kleinding is op 16 April gebore, maar is enkele weke daarna oorlede.

Du Toit vertel sy het ʼn gesonde swangerskap gehad met geen gevaartekens wat aan dokters sigbaar was nie. Sy het op 37 weke in vroeë kraam gegaan.

“Alles was heeltemal normaal tot met haar geboorte. Ons was só dankbaar en opgewonde oor ʼn dogtertjie. Deur die hele proses was daar nie een maal gevaartekens nie. Ek het ʼn noodkeiser gehad en daar was tydens dié proses ook nie komplikasies nie. Dit was eers ná haar geboorte wat al die geluk wat ons tot op daardie stadium ervaar het, in duie gestort het. Hulle moes haar bybring, en sy was vandaar aan lewensondersteunende masjiene gekoppel om haar aan die lewe te hou,” vertel sy.

Sy sê dokters het ná hul dogtertjie se geboorte vermoed sy het ’n vorm van trisomie. Volgens Du Toit was alle toetse vir dié sindroom egter negatief.

“Sy is kort hierna verplaas na ’n hospitaal in Pretoria, en was steeds die heeltyd in die hoësorgeenheid. In daardie tyd is baie toetse op haar gedoen, insluitend talle breintoetse deur ʼn neuroloog. Al die toetse was normaal – geen dokters kon vir ons ʼn antwoord gee oor wat met ons dogtertjie fout is nie.”

Du Toit sê ten spyte van al die toetse se negatiewe uitslae, kon hul dogtertjie niks self doen nie: sy kon nie spontaan asemhaal nie, sy was nie in staat om haar mond oop en toe te maak nie, sy kon nie haar oë knip nie en ook nie beweeg nie.

“Ek kon haar nie eens vashou ná geboorte nie. Deur die hele proses kon ek haar twee keer vashou, en dit maak mens seer. In die middel van die seer kan geen dokter vir jou sê wat fout is met jou kind nie, so jy is heeltemal hulpeloos, en jou hande is afgekap. Dit maak seerder om nie antwoorde te hê nie,” sê sy.

Sy sê dit is vir hul gesin moeilik om vrede te maak met die afsterwe van hul dogtertjie sonder om enige klarigheid oor haar dood te hê.

Intussen kan dokters steeds nie vir haar genoegsame antwoorde gee nie.

“Ek en my man het ʼn seuntjie wat in September twee jaar oud word. Daar was absoluut geen komplikasies nie, so daar was dus niks om voor uit te kyk in ʼn tweede swangerskap nie. Dit breek mens, dit maak jou stukkend – jy vra jouself: ‘Hoekom ek?’ Ek was deur my hele swangerskap gesond; ek het elke dag water gedrink, ek het nie aan koffie geraak nie, ek het selfs geoefen. Ek het nog nooit in my lewe gerook of gedrink nie. Hoekom gebeur so iets met mý kind? En dan kan niemand vir my antwoorde gee nie. Dit maak die seerste.”

Du Toit is aangeraai om toetse in België te doen wat die gesin klarigheid oor die afsterwe van hul dogtertjie kan gee. In dié toetse ondersoek wetenskaplikes sowat 2 000 van ʼn mens se gene, om uiteindelik te identifiseer wat die probleem is. Dié toetse kos €2 000 (net meer as R31 000), en die gesin wend hul nou na weldoeners om fondse in te samel sodat hulle uiteindelik antwoorde kan kry.

“Die Here het my dogtertjie in net drie weke voor sonop kom haal. Ons mag nie bevraagteken nie, maar ons wil net weet wat verkeerd gegaan het. Ek en my man sal eendag graag nog kinders wil hê, maar ons moet weet wat die kanse is dat so iets weer sal gebeur. As ons weet wat fout gegaan het, kan ons weet of ons nog ʼn kind sal kan hê of nie. Intussen sit ons met duisende onbeantwoorde vrae.”

Lede van die publiek wat betrokke wil raak, kan ʼn e-pos stuur aan [email protected] vir bankbesonderhede en meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Riaan Kruger ·

My hart gaan uit na die ouers wat die kind verloor het op SO n vroeë stadium van die kind se lewe.

Ek wil graag net vir die ouers sê dat God is magtig en net Hy sal vir julle die antwoorde kan gee op julle vrae.

Liewe Vader wat in die Hemel is, ek bid vandag vir hierdie ouers, mag U by hulle staan deur hierdie moeilike tyd en ek vra dat U aan hulle die antwoorde sal openbaar op al hulle vrae.
Liewe Here, die Almagtige God dit is net U wat wonderwerke kan verig en ek vra U vandag om die familie te seën met liefde, omgee, hoop en vertroue, verder wil ek U dank, want ek weet U sal hierdie familie en gesin NOOIT alleen deur die moeilike tyd laat gaan nie, want U is ALTYD daar vir ons, geestelik en emmossioneel….en ek dank U daarvoor my Vader. Amen.

Hou God altyd naby jou, sit jou seer en probleme by God se voete sodat Hy dit vir ons kan hanteer. Moet dit nie by God se voete weg vat of gaan haal nie, want daardie probleme of seer sal dan nooit verdwyn nie.

In die naam van Jesus, mag hierdie familie geseën wees.

Amen.

MissDemeanor ·

Sjoe dit is hartseer as mense n baba verloor. As die familie nie nou die toetse kan bekostig nie moet hul dalk wag vir n paar jaar. Die genetiese toetse sal dan goedkoper word.

Corne Smith ·

Hul sal nie sommer die toetse in SA kan laat doen nie ons ver agter met dit en dis hoekom hul oorsee na toe sal moet gaan… Wens dit was so maklik maar dit gaan nie wees.

MissDemeanor ·

Corne as dit slegs n DNA toets is dan hoef hul nie fisies Belgiee toe te gaan nie. Hul hoef dan slegs n monster te stuur. Dit kan dan ge “sequence” word en die data kan ontleed word (deur die Belgiese experts). Hul hoef dis nie self soontoe te vlieg nie. Dit is duur omdat sequencing duur is, maar die tegnologie word al hoe goedkoper met nuwe sequencing masjiene. Daarom dink ek hul moet net n paar jaar wag.

pamela Woest ·

Shoe, so ‘n klein ou dingetjie. So jammer aan die ouers en ou boeta, hy sou sy sussie beskerm. Kan help om te dink aan die klein ding in Brittanje wat laas week oorlede is nie. Hy kon ook niks vir homself doen nie. (Hiermee se ek nie dit is wat fout was met klein meisiekind nie). Stertke aan die ouers en klein man.

Corne Smith ·

Ken die familie persoonlik en as enige iemand hul kan help met skenkings sal dit opreg waardeer word, Jo-anne & Wouter en haar ma Lize jare lange vriende hul sal graag nog ‘n baba wil hê maar ongelukkig is die kanse te groot dat hul 2de kleinding ook komplikasies kan verwag al het hul 1ste kleinding Wouter wat nou 2 word niks makeer nie. Asb mense help hul dit sal hoog opprys gestel word.

Marie ·

Klink baie soos die Charlie Gard van Brittanje. Hy het Ensefalomiopatiese Mitochondriale DNS-ledigingsindroom (MDDS) gehad. Kon ook nie self asemhaal, beweeg, sy oe oopmaak nie.
Miskien moet die ouers dit navors en vergelyk. Dit bly baie hartseer.

Ronell du Toit ·

Dit klink vir my ook so baie na klein Charlie se geval. Ongelukkig in Suid Afrika het ons nie die regte medici om die regte antwoorde te kan gee nie. Die vergelykings is baie dieselfde. Maar
ongelukkig sonder die nodige toetse wat in Duitsland gedoen moet word sal ons nie weet nie.
Dr Engela Honey van die Universiteit van Pretoria het alle moontlike toetse plaaslik laat doen en selfs met ‘n motivering wil die mediese fonds nie daarvoor betaal nie. Ons harte is stukkend.

Roeline ·

Ek ken ook die pyn van iemand wat weggevat word….soveel drome saam gehad….top punt van ons lewe gewees…..soveel vrede…so gelukkig….so baie saam uitgesien na allies wat ons nog saam would doen……geen siekte…..geen waarskuwing…
.hy altyd goed vir almal….my lewensmaat …..skielik gediagnoseer met kanker vyf weke later kon haal Jesus hom..

Sonder enige teken waarskuwing……nou worstel ek …..ons het so gebid geglo God gaan hom genees ..hy was so sterk so positief tot op sy laaste oomblik..
……….alleen God het antwoorde op all ons vrae…..maar weet ook dat God n rede n plan het…..en myne was om my Nader aan God te bring…..eendag sal ons alles verstaan nou moet ons glo vertrou en reg lewe en allies In God se hands los..

maar net oupie ·

Mag Jesus jul dra en styf teen Sy Vaderlike bors vasdruk en vertroos kinders.
Die gedig net vir jul!!
Weet nie wie die outeur van die gedig is nie, maar dit is pragtig.

?❤?❤?❤Kaalvoetkind
?My Redder het my gesoek en gevind..
?Ek voel lig en vry soos die wind
?Want ek is die Heer se kaalvoetkind
?Ek huppel die hele wêreld rond
?Trek my skoene uit, want ek beweeg op Heilige grond
?Stamp ek my voet teen ‘n klip
?Weet ek dit is die randsteen wat keer dat ek van my Heer se pad afglip
?Steek ‘n doring in my voet so seer
?Is U daar om vertroostingsalf aan te smeer
?Laat my voet my struikel om my teen die grond te fel
?Is U ook daar om my op te tel
?Vra mense my:
?Waar is jou Heer??
?Sê ek: Hy is hier binne in my met Sy liefde so teer
?Hoe is daar net een ry spore: sal hul vra
?Antwoord ek; Dit is daar waar my Vader my in Sy Arms dra..
?Daarom is ek so bly, ek het in Sy Woord ‘n holte vir my siel gevind..
?Dag en nag, waar ek my ook al mag bevind, is ek stewig aan Hom vasgebind, met Sy Ewige Liefdeslint..
?Ek, die Here se… Kaalvoetkind

Hartseer ·

Mag Jesus jul optel en styf teen Sy Vaderlike bors vasdruk en jul troos met jul groot verlies.
Weet nie wie die outeur van die gedig is nie, maar dit is pragtig.

?❤?❤?❤Kaalvoetkind
?My Redder het my gesoek en gevind..
?Ek voel lig en vry soos die wind
?Want ek is die Heer se kaalvoetkind
?Ek huppel die hele wêreld rond
?Trek my skoene uit, want ek beweeg op Heilige grond
?Stamp ek my voet teen ‘n klip
?Weet ek dit is die randsteen wat keer dat ek van my Heer se pad afglip
?Steek ‘n doring in my voet so seer
?Is U daar om vertroostingsalf aan te smeer
?Laat my voet my struikel om my teen die grond te fel
?Is U ook daar om my op te tel
?Vra mense my:
?Waar is jou Heer??
?Sê ek: Hy is hier binne in my met Sy liefde so teer
?Hoe is daar net een ry spore: sal hul vra
?Antwoord ek; Dit is daar waar my Vader my in Sy Arms dra..
?Daarom is ek so bly, ek het in Sy Woord ‘n holte vir my siel gevind..
?Dag en nag, waar ek my ook al mag bevind, is ek stewig aan Hom vasgebind, met Sy Ewige Liefdeslint..
?Ek, die Here se… Kaalvoetkind

Kay ·

Ek is baie jammer vir die gesin se verlies . die toets is baie. Duur en die gesin het nie die geld nie. Voel sterk daaroor dit hulleself vir die toets moet betaal. Daar gebeur elke dag vreemde goed. En ek wil glo dat hulle weer n normale kindjie sal he..

Letitia ·

Shoe, my hart is bitter seer saam met julle!

Ek weet mens wil dit nie hoor/glo nie, en ek weet klomp mense gaan van my verskil, en dis okay. Maar doen julle huiswerk oor inspuitings en inentings wat sy gekry het vanaf geboorte – selfs die Vitamiene K inspuiting. Sommige ente werk net nie met kinders se DNA nie en dokters sal nooit erken dat ente dalk iets daarmee te doen het nie.

Gaan soek op Facebook ‘n blad met die naam “South African Vaccination Education (SAVE)” en lees die materiaal daar beskikbaar, of post ‘n post sodat ander mammas hul ervaring met jou kan deel en ook sodat proffesionele mensies wat hierdie goed kan help verduidelik, dalk vir julle antwoorde kan gee.

Baie sterkte!

John ·

Het iemand al ooit gedink aan inenttings? “Vaccines”. Dit het heelwat negatiewe effekte op babas.

Joanne ·

Sy het geen inentings gehad nie. Hulle gee eers vir babas inentings sodra hulle uit die NICU is

Jaco Grobler ·

Baie hartseer, kan maar net vermoed hoe dit moet voel. Mag julle haar eendag geniet in God se plek vol liefde en sonder hartseer. Leef vir daardie ontmoeting.

Carla ·

Ek ken die familie persoonlik. En ek kan onthou hoe opgewonde was Joann oor haar baba dogtertjie. Eks selfs nog nie n ma nie maar is nou in my laaste maand van swangerskap. Dit maak mens bang. Toe uitgevind het van ou MilaQ (Joann se engel kind) het ek my oë uitgehuil want mens kan jouself nie indink hoe seer dit moet maak nie. Ek bid hard en vra vir Ons Pappa Jesus sodat mense hul kan help om antwoorde te kry. ?

Bokram ·

Sterkte aan die ouers,ek wonder maar net hoe moeilik moet dit wees om n dokter of dan spesialis te wees wat al die antwoorde moet ken,dis ook net mense soos ons met kinders en familie,wat sou ons sonder hulle gedoen het,dan was daar geen hoop.

jessica ·

Joanne, mag die Here jou styf vas hou, dis vreeslike nuus, ek weet waar jy deur gaan, ons klein Louis was op sy 3de dag geneem, en dis vreeslik om hulle nie eers te kan vashou nie, nie eers te praat om lee hande mee huis toe tegaan nie, die kamer op tepak was erg, hoop jy kry antwoorde jy het al die reg, en mag die lewe here jou help met die swaar hartseer, hy hart is stukkend vir jou, al wat ek weet daar is so baie vrae, maar die Here alleen weet hoekom dit gebeur. Dink aan jou, sterkte.

Positief ·

Liewe gesin berus by jul pad wat vir jul uitgelê is, dalk kry jul nogsteeds nie antwoorde nie. Fokus liewer op jul seuntjie en mekaar, werk aan daardie verhouding, so enorme hartseer kan verhoudings vernietig. Ons het 26 jaar gelede dieselfde pad gestap en 3 jaar later met die oulikste baba seuntjie geseën, sy naelstring was ten volle geknoop en hy lewe. Daar hoef nie noodwendig iets fout te wees om te sterf of te lewe nie. Ek het ‘n privaat nadoodse ondersoek laat doen en dit het bevestig dat niemand nalatig was nie en ek het dit in Sy Hande gelê. Ek is “gebless” met ‘n besige wonderwerk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.