Ouers soek antwoorde ná ‘brutale aanranding’ in koshuis

Die beserings van een van die seuns. (Die foto is verbloem weens die grafiese aard daarvan.) (Foto: ANA)

Twee Oos-Kaapse families eis antwoorde nadat twee 18-jarige leerders van ʼn hoërskool in Maluti in hul skoolkoshuis glo brutaal aangerand en met ʼn strykyster gebrand is.

Die voorval het glo reeds op 27 Mei in die seunskoshuis van Advent Comprehensive High School gebeur. Volgens die families is die twee leerders deur ʼn groep van nege mense aangerand nadat hulle daarvan beskuldig is dat hulle ʼn rekenaartablet gesteel het.

Die families beweer hul seuns is eers deur die groep bygedam voordat hulle op hul rûe en arms met ʼn warm strykyster gebrand is.

Die leerders se ouers, wat versoek het dat hul kinders se name nie bekendgemaak word nie, beskuldig nou die skoolhoof daarvan dat hy die erns van die voorval probeer toesmeer.

“Ek is omstreeks 16:00 deur die skoolhoof gekontak en hy het vir my gesê daar was ʼn bakleiery onder die kinders en my seun het seergekry, maar dit is niks om oor bekommerd te wees nie. Toe ek my seun kontak, het ek agtergekom iets is verkeerd en ek is die volgende dag na die skool toe. Daar het ek my kind in die skoolhoof se gastehuis aangetref,” sê een van die seuns se ouer.

“Ek was geskok, want ek kon sien hoe ernstig die voorval was.”

Die beserings van een van die seuns. (Die foto is verbloem weens die grafiese aard daarvan.) (Foto: ANA)

Die ouers van die tweede leerder, wat in Mthatha woon, sê die ouers van die eerste leerder het hulle uit Oos-Londen laat weet wat gebeur het. “Ek is baie teleurgesteld oor die manier waarop hierdie saak hanteer is. Die skoolhoof was oneerlik met ons, hy het probeer verhoed dat ons na die skool toe gaan om uit te vind wat gebeur het,” het die seun se ma gesê.

Albei families sê hulle is van plan om hul kinders na ʼn ander skool te skuif.

Die Oos-Kaapse departement van onderwys het nie op die families se bewerings gereageer nie, maar gesê hulle is bewus van die voorval en besig met ʼn ondersoek.

Intussen het kapt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie, bevestig ʼn saak is by die polisie aanhangig gemaak. Volgens Tonjeni is ses verdagtes, tussen 20 en 35 jaar oud, in hegtenis geneem. Die polisie is op soek na nog drie verdagtes.

Tonjeni sê die skoolhoof en die koshuishoof word albei ook deur die polisie ondersoek. Hy sê die polisie het inligting ontvang dat die skoolhoof die ouers opsetlik mislei het deur te beweer dit was ʼn geringe voorval, terwyl een van die seuns in ʼn gastehuis gehuisves moes word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

NinaM ·

Wat soek mense van 20 tot 35 jarige ouderdom in ‘n skoolkoshuis???

Diefie ·

Dis lankal nie meer ‘n koshuis nie. Nog ‘n skool van die regering wat opleiding gee vir misdaad en dan is die “kinders” verseker van ‘n pos in die misdaad werêld. Die regering noem dit: werkskepping. Of mis ek die bus?

Spike ·

Diefie, hulle word orals opgelei in misdaad. Van die huise, donkerskole, skole ens.

Eerlik ·

Geen disepliene. Mans van tot 35 nog op skool.
Dis belaglik. Geen wonder ons skole is oorlog zones nie.

Nettie ·

Liewe land, maar mense kan verkeerd lees en verstaan ……………….

@Eerlik – niemand het gesê ENIGE een van die 20 – 35-jariges was skoolgaande leerders van die skool nie. Die insidente waartydens die twee skoolgaande leerders aangerand en gebrand is, het by die skool koshuis plaasgevind, wat GLAD NIE so verregaande is nie, synde toegangsbeheer by skole en/of koshuise (oor die algemeen) maar veel te wense nalaat.

fred ·

angswekkend…oor n paar jaar sit hulle in die regering…..donker toekoms

Nettie ·

@Lana, dit lyk my jy wil ‘n rasgebonde, politieke geurtjie en kleurtjie aan absoluut ALLES heg. Wat is dit met jou en jou “wit/blankes” dit-of-dat-opmerkings?

Lana ·

Nettie, ek reageer op ‘n eksterne omgewing wat baie graag vir blankes skuld gee (selfs waar dit nie verdien word nie). Ek lê dus klem op die feit dat hier gelukkig nie blankes by betrokke is nie.

Helena. ·

Dis onmenslike beserings..maak nie saak waar dit gebeur nie..die wreedheid maak mens bang. Net geen gevoel nie..ek sidder.

Ellen Margaret Hancke ·

Onmenslike wreedheid … maak nie saak wat die ouderdom of velkleur van die slagoffers is nie … ernstige vergryping!!

Charlie ·

Sien ek die begin van tweede Mfakane ?
Kan dit nie glo nie !!!!

SjN ·

Waar is Lesufi, wil sy kommentaar hoor, in gastehuis aangetref, is daar nie meer koshuise nie?

Nettie ·

@SjN – Panyasa Lesufi is LUR vir Onderwys in Gautengeleng. Dit het sweet blou all uit te make met die Oos-Kaap, waar die geval BY ‘N SKOOLKOSHUIS plaasgevind het. Watter deel van die berig het jy nie so lekker verstaan – of mis-gelees – nie? Dus: waarom jou opmerking oor “is daar nie meer koshuise nie”?

jakes ·

Wonder wat die gemiddelde ouderdom deesdae van leerlinge in laerskole en sekondere skole is? Wat dalk ook van belang is, is is daar nie dalk tieners in ons kleuterskole nie? In SA is enige iets moontlik.

Witman ·

Lana hoekom is ONS witmense dan so die swartman sterf tog meer dikwels en lei meer gevaar as ons waar is jou broederliefde dis hoekom ons so baie moet verduur

Dell ·

Lesufi is Gauteng, die het in die Kaap gebeur, maar ja, as dit ander ras was, was hy eerste op die bandwagon. Dit is jammer wat gebeur het, maar ek sukkel om simpatie te he, in die lig van wat hulle aan vredeliewende oumense en boere doen. Hulle lewe darem.

tw ·

@ DELL, JANMAN EN KIE

Lesufi – Gauteng
Sweizer – Reneke – Noordwes Provinsie

Provinsies het nog nooit vir hom saak gemaak om in te meng nie. Hoekom dan nie vra waar is hy nou nie?

Ep ·

Hoekom gebeur dit net in swart skole? Duidelik is daar nie dissipline nie so…. kry vir julle Wonder wat is die skool se slaagsyfer ????

Charms ·

Dus so hartseer dat jy dit noem , want jy’t vergeet, waar die 2 meisies vermoor is. Wat vd dissipline daar??

Ratkas ·

Sulke vreeslike insidente gebeur in baie koshuise. Maak nie saak watse skool. Kyk wat het by Jan Kempdorp en by n Afrikaanse skool in PMB gebeur.

HM ·

Dit was eina ………… trauma erg. Sterkte …. daar moet streng opgetree word … arme kinders.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.