Ouers stem oor kleefbroeke by Pta-skool

Hoёrskool Pretoria-Wes. Foto: Facebook

Ouers van leerders by Hoërskool Pretoria-Wes het Donderdag tydens ʼn vergadering gesê die skool se kleredragkode moenie verander word om voorsiening te maak vir die dra van kleefbroeke by die skool nie.

Dit volg nadat leerders by die skool verlede week klasse geboikot het in ʼn poging om die skool te dwing om hulle toe te laat om kleefbroeke, of sogenaamde skinny pants, as deel van hul skooluniform te dra.

Maroela Media het vroeër berig twee leerders by die skool is in Augustus vir sewe dae geskors omdat hulle die skool se kleredragkode oortree het. Met hul terugkeer na die skool het hulle ander leerders glo opgesweep om klasse te ontwrig totdat hulle toegelaat word om kleefbroeke te dra. Die twee leerders het ook ʼn WhatsApp-groep gestig om sodoende ondersteuning vir die saak te werf.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het gesê daar is Donderdag na aanleiding van die leerders se besware ʼn vergadering met ouers van die skool gehou om hul mening oor die voorgestelde wysiging aan die skool se kleredragkode te bespreek en daaroor te stem.

Die ouers het teen die kleefbroeke gestem.

“Ek is tevrede en bemoedig deur die besluit wat deur die ouers geneem is,” het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys, gesê. “Ek wil ook graag ander ouers aanmoedig om dieselfde te doen. As ouers moet ons altyd in beheer van ons kinders se dissipline wees en onderwysers bemagtig om leerders te dissiplineer. Die dag dat ons toelaat dat swak dissipline in ons skole posvat, is ons in die moeilikheid. Swak dissipline moenie in die onderrig-omgewing geduld word nie.”

Mabona het gesê onderrig by die skool het vandeesweek ongehinderd voortgegaan. “Ons bedank ook die skoolbeheerliggaam vir hul vinnige ingryping in hierdie verband,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Suzie ·

Baie bly die ouers het teen dit gestem – nou moet die 2 leerders se ouers die 2 meisies net vasvat

Piet Snot ·

Ek wil graag my onderbroek bo-oor my kop dra. Sal ek toegelaat word om dit te doen net omdat ek genoeg amok maak?
Dié kinders is nie lekker nie.

Niccy ·

Hopelik het daardie ladytjies nou hul lessie geleer. Wonder wat wil hul volgende uitdink om skool onderrig omver te werp.

AL ·

Ek stem saam met jou. Sommige kinders probeer die onderwysstelsel manipuleer vir eie gewin. Gelukkig het die onderwysers nie aan die kortste end getrek die keer nie.

Grinnik ·

Mompelbroekies wil hul dra,
Tuis na skool, dankie ja.
Daars ‘n apie op ‘n stokkkie voor my ma se agterdeur
Hy’t ‘n gaatjie in sy broekie
en sy stertjie loer daardeur,
Mag ieder en elk nou in vrede leer,
die stomme lippe is in hul spore gekeer….

afrikaans ·

Die kinders hou hulle net te groot. So dankbaar dat die skool die saak gewen het.

Narkves ·

Nou waarom is ouers nie toegelaat om oor die haar-kwessie te stem nie? Die hare-beleid is in die eerste plek mos deur die (ouers-meerderheid) Skool Beheerliggaam opgstel? Waarom het Lesufi toe eenvoudig net met ‘n bree” swaard ingeklim en die SBL gedwing om veranderings aan te bring?

Cherokee ·

As ek daaraan gedink het sou ek destyds teen huiswerk betoog het.

Johan ·

Ons sal sien of die” LEERDERS” dit so sal aanvaar…..hou die spasie dop…..

Leahim ·

Die naam Hoërskool is baie misleidend in hierdie geval nie baie kinders in die skool wat na die skool verwys as Hoërskool nie.Hoe is daai vir polities korrek wees.?

Boude ·

‘n Paar boude in ‘n kleefbroek is seker die aanlokkendste vir ‘n lat.

lorayne ·

Waaaaaars antie Grace met haar lectric kabel???? Sy sou n goeie joppie hier kon doen . . .

FM ·

Kindertjies, veral skooldogtertjies, wil op n te vroeë ouderdom dink hulle is ” ladies”. Daar s n spreukwoord wat sê: vroeg ryp, vroeg vrot. Dit sê alles hier. Geluk aan die ouers wat n punt gemaak het. Hierdie ” dametjies” moet vas gevat word. Ses nommers te groot vir hul skoene. Mnr Lesufi moet die ouers ondersteun in hierdie geval en nie politieke populariteit soek nie.Viva vir die ouers.

w ·

Lesufi jy weet mos jou govt is verantwoordelik vi swak dissipline in skole. Mos gn lyfstraf. Kinders wie nie dissipline ken ni moet geb…. word. In my skooldae het ons respek gehad vi onnies. Vandag dink baie kids hul doel ini skool is om moles te maak. Ek se b….. hul

Furious ·

Goeie uiteinde vir n slag. ..skors die 2 lady’s lol vir 2weke of nog beter laat hulle die toilette gaan skrop. ..sal hulle les leer

JPV ·

Hulle is ses nommers te groot vir hulle skoene en hulle klere is ses nommers te klein vir hulle lywe!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.