Ouers stukkend ná baba skielik sterf: ‘Ons het nie antwoorde nie’

Buks, Miquette en klein Rudolf. (Foto: Facebook)

Buks, Miquette en klein Rudolf. (Foto: Facebook)

“Geen geld kan my kind terugbring nie. Nie ʼn miljoen rand kan ʼn verskil maak nie. Ons wil net mense se gebede hê.” Só sê Buks Kotzé, die pa van ʼn eenjarige seuntjie vir wie hy nou ʼn begrafnis moet reël nadat sy kind onverwags siek geword het en oorlede is.

Kotzé vertel aan Maroela Media klein Rudolf Kotzé, wat verlede week sy eerste verjaardag gevier het, het Sondag in ʼn hospitaal op Klerksdorp gesterf, minder as ʼn dag ná hy met breinvliesontsteking gediagnoseer is.

Hy was dié betrokke dag in Dundee om sy dogtertjie uit ʼn vorige verhouding by haar ma af te laai, verduidelik Kotzé. Rudolf was saam met sy ma by haar ouers op Klerksdorp.

“Rudolf het nie daarvan gehou om lank in ʼn motorstoeltjie te sit nie, dus het hulle nie die ver ent saam met my Natal toe aangepak nie.”

Rudolf Kotzé. (Foto: Verskaf)

Rudolf Kotzé. (Foto: Verskaf)

Miquette van der Walt, Rudolf se ma, vertel die babaseuntjie het die hele naweek nie siek gelyk nie, afgesien van ʼn paar doeke omdat hy tande gesny het. “Ons het Saterdag by my sussie gebraai en vir die kinders ʼn kombers op die grasperk oopgesprei. Hy het nog daar rondgerol en ooglopend niks makeer nie.”

Van der Walt sê dit was Sondag omstreeks 01:00, toe Rudolf gehuil het vir ʼn bottel, dat sy agtergekom het iets is nie pluis nie. “Die een kant van sy gesig was opgeswel, sy oog was potblou en daar was swart kolletjies wat oor sy gesiggie uitgeslaan het. Ek het my pa gaan wakker maak en ons het met Rudolf na die naaste hospitaal gejaag.”

Sy vertel met hul aankoms by die hospitaal was Rudolf se lyfie oortrek van die blou kolle. “Hy was binne twee uur heeltemal potblou. Die dokters het ure lank gespook om hom te diagnoseer en toe ons uiteindelik hoor hulle vermoed dit is breinvliesontsteking, was dit reeds te laat om hom te stabiliseer. Sy liggaam was in skok.”

Slegs 13 uur ná sy aankoms by die hospitaal het Rudolf die stryd gewonne gegee. “Tot sy ou lippies was potblou,” sê Van der Walt hartseer.

Volgens Van der Walt het die ervare dokter wat die diagnose gemaak het, nog net drie soortgelyke gevalle as Rudolf sʼn gesien. “Die dokter sê vir ons dit is ʼn supervirus. As ʼn kind hom kry, is dit drie tot ses uur voor die kind doodgaan. Rudolf het hard baklei.”

“Ons wil net mense se gebede hê. Dit gaan baie swaar by ons,” voeg Kotzé by. “Ek het ʼn ruk gelede my ses maande oue dogtertjie ook aan die dood afgestaan, so hierdie ding tref my baie hard. Vir die mense wat ons reeds finansieel bygestaan het, wil ons sê ons is uiters dankbaar. Meer nog, wil ons mense bewus maak van hierdie supervirus wat my kind gevat het.”

Miquette en Rudolf. (Foto: Facebook)

Miquette en Rudolf. (Foto: Facebook)

Volgens Kotzé kan hy sien Van der Walt sukkel om Rudolf se dood te aanvaar. “Sy sê heeltyd sy wil hom gaan haal.”

Van der Walt beaam dit. “Ek sukkel. Jy wil nie weet nie. Jy staan daar en jy kan niks doen nie. Jy bid en bid – die hele land het vir my kind gebid – maar dit het net erger geword.”

Die paartjie, wat op Brits woon, sê hulle wil bewusmaking skep by ander ouers oor dié seldsame meningokokkale meningitis-virus. “Ons almal was heeltyd by hom en niemand het werklik die gevaartekens raakgesien dat hy dodelik siek is nie. Ons weet nog steeds nie wat dit veroorsaak het nie en het geen antwoorde nie. Ek wil net nie hê ander ma’s moet deurmaak wat ons nou deurmaak nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Willie ·

Mens het nie woorde nie? Mag die liewe Heer jul styf vashou en vertroos! My hart bloei vir julle…

Cora Simpson ·

Totius se gedig ” O die Pyn gedagte” is so van pas vir julle. O ek is so verskriklik jammer vir julle. Bid net ons Liewe Vader om julle styf vas te hou.

Nicholas Steyn ·

As almal gaan kyk waar hulle die kind grootgemaak het sal almal dalk verstaan, binne n vuil werkswinkel waar hulle gereeld mense indoen met geld. Ek dink dit is die ouers se skuld.

Lizelda Jv Rensburg ·

Sjoe! Ek kon nie eers die berig klaar lees nie en my hart is in stukke vd ouers. My innige simpatie met julle groot verlies…

linda ·

Here, so baie seer so baie eina, asb Jesus droog die trane af
skuus vir die eina mag Vader julle styf vashou

Jane ·

Ag siestog moet julleself nie kwalik neem nie . daardie akkute breinvliesontsteking kan jy niks aan doen nie .. en dit toon gewoonlik nie lank voor die tyd enige simptome nie .. dit laat dink my baie aan die serebrale malaria wat ook eers gediagnoseer word as dit te laat is . BAIE STERKTE .. en jammer vir die ou pragtige seuntjie wat deur die aaklige siekte weggeneem is uit julle lewens .. Dit is ‘n vreeslike skok en ek neem niemand kwalik wat dit sleg ervaar en sukkel om daaroor te kom nie . dit is nog baie onlangs en was baie skielik . .en jy het die reg om oor jou pragtige kind te rou … STERKTE nogmaals .. en baie simpatie met julle groot verlies …

Johnnie ·

Terwyl ek die berig gelees het moes ek maar swaar sluk om nie te huil nie. My hart gaan uit na die ouers toe en bid dat hulle krag sal ontvang om staande te bly in hierdie swaar tyd wat voorle.

Jessica ·

May God give you the strength, THIS BROUGHT TEARS TO MY EYES, my heart is so sad for you. RIP LITTLE ANGEL.

toy ·

Dit is verskriklik hartseer. Net die Here sal julle deur hierdie swaar tyd help. Julle is in ons gebede.

Lizelle ·

Breinvliesontsteking kom soos ‘n dief in die nag. My oudste seun het dit gehad toe hy 5 jaar oud was. Die pediater het vir my gesê as hy 10 min later opgeneem was sou hy dit nie gemaak het nie, dit terwyl hy net voor opname in ICI heerlik met die karretjies in die dr se spreekkamer gespeel het. Sterkte vir die ouers!!!!

GM ·

Ek het nie woorde nie. Sterkte aan elkeen van jul wat agterbly. Ons gebede is met julle. Rus sag kleinman.

LATIE ·

YAHVAHSHUA raak aan hul seerste plekkie mag dat hul Elohim jul seen HalleluYAH.

Tragies ·

Waaraan is Kotze se ses maande oue dogtertjie (ook)oorlede?
Is daar enigsins ‘n verband?

Anette ·

Ongevraagde simpel kommentaar!! Party mense is ook net suurstofdiewe!!!!

AC ·

Kan ongevraagd wees, maar ook nie noodwendig nie – ons weet nie presies die persoon se bedoeling nie. Wanneer lede van ‘n gesin siek word en sterf, is daar altyd die moontlikheid van genetiese of omgewingsfaktore wat in die toekoms bestuur sou kon word. Om te weet of daar ‘n verband is sou dus nuttig kon wees. En soos die oorspronklike kommentaar tereg opgemerk het, ken ons nie al die omstandighede nie. Dit is nie vir my duidelik dat die oorspronklike kommentaar iets lelik bedoel het nie. Ek dink nie ‘n mens moet kwade bedoelings oral soek nie. My hart gaan uit na hierdie gesin.

AW ·

By reading this article, I actually dont have the capacity to express myself in words that would or could do justice in stating my deepest heartfelt condolences to you as parents.

The Truth is, what can a person say…. cause at times, as much as there are Power in Words, there are times that words aren’t enough.

The reality is, that at times, parent’s will have to walk, the road less traveled….

A road that that nobody can walk with you or for you as a human being….

And or emotionally….
And or spiritually….

Irrespective of how many times family / friends / people express their sympathy….

Or, an often mistake people will do….
Is to say ….”I know what you are going through….”

Or, “I am praying for you…”

Not to say, that – that individual and or people, are deliberately insensitive…

Just that at times, we as so called “good people” Do Not Think Further than Our Short Nose’s….

Rather to be Guided by the Spirit of God…

However, it is heartbreaking, to read about / hear about your “reality”…

And to top it all…. I dont have all the Right Answers….

Within a Spirit of Humility….

I express my gratitude to you, as the grieving parents, in allowing me, that dont know you from a bar of soap…. to be able read about your loss, and to remind me again that Life is Precious, and to count my many Blessings….

AW

Zettie ·

My brein kan hiérdie hartseer nie omvou nie…….dit is net té erg. Baie sterkte aan die familie en geliefdes wat hierdeur geraak word. Mag julle spoediglik die nodige vertroosting vind om hiérdeur te kom.

Leon ·

Ai julle, as ‘n Oupa van drie, kan ek myself indink hoe dit moet voel. Maar as ouer, is dit soveel erger. Mag SY Hand van vertroosting en genade oor julle wees.

marlyn ·

Wel ek kan jou se Breinvlies ontsteking is baie lelik, my sus se seuntjie was 7 maande toe hy in haar arms oorlede is, net klein blou kolietjie op sy voor koppie gehad ,by hosp moes sy wag want hulle het eers ander pasient gehelp wat seelfmoord wou pleeg. My seun was so11 maande maar dankie Here hy is vandag 28 alhoewel ons hom moes oor leer loop en so aan, moet asb nooit nooit met n kind sukkel wat koors het nie ek het raad gekry by n ou Dame in Spar, jy kry niks beter as rooi Sparleta nie het dit geleer met my seuntjie van elf wat elke maand koors stuipe gekry het.

Sonja ·

My innigw simpatie ?. Dos hartverskeurend! My amper 4 maande oue kleinseun is ook skielik oorlede en een van die oorsake was gegee as pneumonia. Hy het die vorige dag NIKS makeer nie. Nog geglimlag, niks gehuil ens nie. Niemand het agtergekom hy is siek nie. Lyk my met baba’s sien mens nie die tekens nie.

Charlene ·

Ek so en lees en huil mens wil se sterkte en ons bid vir julle maar dis slegs woorde….Hoe troos mens n ma wat haar baba aan die dood moes afstaan??? Een ding weet ek julle verdien nie die eina nie daai foto straal van geluk. Wens mens kan pyn verplaas ek sal van jou las dra as mede ma wil ek nie kan ek nie myself in jou skoene indink nie. God sal julle hierdeur dra dis ons gebede vir julle.

Aster ·

My hart bloei vir julle. Ek kan net in dink die pyn en die hartseer. Julle seuntjie is ‘n regte engeltjie. Ek bid dat die Here julle sal dra deur hierdie swaar en hartseer tyd en julle sal by staan. My hart is regtig baie seer. Baie sterkte.

Alicia ·

Ek weet presies hoe julle as ouers voel,my jonger sussie het haar dogtertjie verloor 2 jaar terug ook aan die Virus,mens kan nie die seer verduidelik nie,innige meegevoel vir julle.

Neville Vlok ·

My innige meegevoel en simpatie met hierdie familie, ek bid en hoop dat hul vertroosting in die Here sal kry.

Vanuit ‘n streng mediese oogpunt. Meningokokkale menigitis is nie VIRAAL nie, maar wel BAKTERIEEL. Dit beteken wel dat mens kan ingeent word daarvoor, juis omdat dit so ‘n dodelike vorm van menigitis is. Ek raai almal aan om na hul naaste primêre sorg apteek of huisarts te gaan om sodoende ingeent te kan word. Voorkoming in die geval is virseker beter as genesing.

Groete
Dr Vlok
Noodarts

Thea ·

Dieselfde het met my nefie gebeur. Die blou kolle oor sy hele lyfie, die blou lippies. Was presies dieselfde. Sterkte.

Natasha Myburgh ·

Ons bid vir julle deur hierdie moeilike tyd. Ons is so jammer oor julle verlies. Is daar inenting teen die gevaarlike virus? As ons dit kan weet kan mens dalk baie lewens red?

Bernard Linde ·

Daar is wel ‘n inenting wat teen vier van die vyf algemeenste tipes van hierdie BAKTERIUM (dis nie ‘n virus soos in die berig geskryf is nie) beskerm. Die produk se naam is Menactra en kan van so vroeg as 9 maande gegee word, as twee inentings. Hierdie tragiese geval beklemtoon weereens waarom mense nie moet wag tot by 2 jaar ouderdom, soos deur baie susters voorgestel word, om eers hulle kinders te laat inent teen meningokokkus nie. Begin die inenting by 9-12 maande soos bedoel, en herhaal die inenting dan 3-6 maande later.

Groete
Dr Bernard Linde
Pediater

VanAfrika ·

Dit klink so bekend, my gewese skoonsus het haar 11 maande oue seuntjie ook so verloor. Sy en my eks was in n winkel sentrum vroeg die Saterdagoggend, (die pediater reken hy moes dit daar opgetel het) die middag was hy knieserig en apteker het iets gegee vir koors, later die aand het dit slegter met hom gegaan en jag my skoonsuster hom hospital toe, ek gaan in kraam dieselfde aand met my seuntjie Hierdie kleinding sterwe net na 12uur daardie aand en my kleinding word dieselfde oggend tien oor sewe gebore, so elke jaar vier ons my seun se verjaardag met sy nefie se sterf dag, dit is 26 jaar gelede en ons vergeet nooit nie. Toe ons vir hom totsiens sê in die kapel vir sy begrafnis was sy hele liggaampie oortrek met swart kolle. Ons praat toe met n kinderpediater wat van Israel gekom het, sy vertel ons die swart kolle is n teken dat die organe besig was om in te gee van die virus en dat geen dokter hulle kan help nie. Sou hulle antibiotika voorskryf , sou hulle sy liggaampie so vol moes pomp om hom te red en as hy sou oorleef sou hy dalk n “vegetable” wees. Ek verloor my tweede seuntjie drie jaar later en keer my wêreld onderste bo. Ek voel baie hartseer saam met hierdie ouers. Dis die grootste skok en seerste seer.

Gesiggie ·

Ek het nie woorde… en sluk swaar aan die knop in my keel…. hoe sal ons ooit die antwoord kry?? Hoekom.. Hoekom moet so iets gebeur, ons sal nooit weet, daar is n tyd vir elkeen. God het sy Engel kom haal, .. my innige meegevoel aan die Mamma en Pappa, ek verstaan jul seer en sien jul trane… mag God jul bewaar en Krag gee. RIV klein engel kind.

Elmi ·

Ek wil net noem dat dit nie n virus is nie, dis n bakterie. Almal wat in aamraking gekom het moet met amtibiotika profilakties behandel word!
Baie sterkte aan die ouers, dit is werklik hartseer!

Pediater ·

Dit is so hartseer.Medelye aan die familie.
Daar is nou ń meningokokale entstof wat vanaf10 maande oud gespuit kan word om juis hierdie lewensgevaarlike infeksie te verhoed.Ek beveel dit aan vir die hele gesin.

Kim ·

Question everything yourselves, especially those vaccines which many kids are highly allergic to. It causes similar symptoms and quick death in confirmed vaccine death cases.

Marlene Vorster ·

My hart breuk vir hulle ons het ons seuntjie aan presies dieselfde breinvliesontsteking verloor hy was 2jaar en 11maande… Dis binne ure en jy is magteloos..Dis bitter min wat kinders d siekte kry dis hoekom hul nie navorsing doen hoe om dit te beheer nie..Ek wou daardie tyd he hulle moet navorsing doen dit kos glo duisende en duisende rande ek wou ook, nie he ander ouers moet die seer deurgaan wat jou magdeloos los nie maar hoe hoe kry jy navorsing gedoen op d siekte om dit te stop. Dis n wrede siekte ek het baie nagelees oor dit maar hoe beskerm jy jou kind teen dit… My hart breuk vir julle ek is so jammer onthou net God kan mens deur die seer dra…

Frik ·

My broer en skoonsuster se seuntjie is met presies dieselfde simptome oorlede aan breinvliesontsteking. Hy was net 3 maande oud.

Linda ·

God sal julle toevou en vertroos in Sy groot hand van nou tot in ewigheid. Hou vas aan God se woord en Sy belofte van die ewige lewe. AMEN.

Bonzai ·

My innige simpatie vir die familie. Ek het ook my seuntjie verloor en alhoewel die omstandighede anders was, was daar ook absoluut geen teken vooraf en niks wat for hom gedoen kon word. Dit is die seerste seer wat my hart al oorleef het. Ek bid for julle en wens jul vertroosting toe. Dit raak eventueel makliker om daarmee saam te leef. Ek was vir berading (Ek het nie die anti depressants gebruik nie want ek het gevoel dat ek die pyn verdien). Pas julself op en asseblief, gebruik die hulp wat jul aangebied is. Sterkte

Hier van Kalahari ·

Hul kry op 9 maande en dan weer op n jaar. Die spuit se naam in menactra. Mediese dek dit nie sommer nie. En staat spuit dit nie. Dis a aparte spuit wat mens self moet betaal

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.