Ouers vas ná babas doodbrand

Argieffoto

’n Ouerpaar van Munsieville in Krugersdorp aan die Wes-Rand is in hegtenis geneem nadat hul twee babaseuntjies Sondag in die vroeë oggendure in die gesin se plakkershut doodgebrand het.

Konst. Gloria Maswanganye, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê twee babaseuntjies, onderskeidelik 15 maande en drie maande oud, het kort na middernag “onherkenbaar verbrand” toe ’n brand in die hut uitgebreek het. Die seuntjies was ten tyde van die voorval alleen in die hut.

Die pa (40) en die ma (30) is kort ná die voorval in hegtenis geneem en sal binnekort in die Krugersdorp-landdroshof verskyn.

Hoewel Maswanganye nie onmiddellik kon bevestig op watter aanklagte die ouers in hegtenis geneem is nie, het sy gesê dat die polisie ’n geregtelike doodsondersoek doen.

Dit is nie in die stadium duidelik hoe die brand ontstaan het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Bekommerde ·

Ja en daar gaan ons – veroordeel voor die hele storie bekend is !

Baie sterkte aan almal betrokke.

Petro ·

Ouers is reeds vrygelaat. Formaliteit. Hierdie berig is misleidend….

Alida ·

Seker n kers of parafienlamp. Dankie aan ANC dat mense steeds nie krag het nie. Skande. Waar was die ouers. Mens los nie babas alleen in n hut nie. Moord.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.