Ouers vas oor kindermishandeling, verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 43-jarige pa en ʼn 33-jarige ma is in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk ontvang het dat hulle hul kinders mishandel.

“Beamptes het die wenk opgevolg en die situasie gemonitor om die bewerings te bevestig,” het konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die beamptes het Vrydag op huis in Bloemspruit toegeslaan en die twee kinders, ʼn agtjarige seun en 11-jarige meisie gevind.”

Volgens Kareli was die kinders baie vuil en verwaarloos. “Die beamptes het ook gesien die seun is ongesteld en hulle het hom en sy sussie na ʼn hospitaal geneem.”

Die 11-jarige meisie is glo herhaaldelik deur haar ma se kliënte verkrag. “Sy [die ma] het haar vasgehou terwyl die mans die bose dade gepleeg het.”

Mediese toetse het ook bevestig dat die seun bedwelm is.

“Die man en vrou is in hegtenis geneem op aanklag van kindermishandeling. Ander aanklagte kan nog bygevoeg word,” het Kareli gesê. Die polisie het glo ook ʼn plastieksak met dagga in die vrou se besit gevind. “Die polisie ondersoek ʼn saak van verkragting, die besit van onwettige middels en kindermishandeling.”

Die kinders is na ʼn plek van veiligheid geneem. Die egpaar het Maandag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Tertia Rudolph ·

Maar net npg ‘n ouerpaar wat sal gaan vir sielkundige evaluasie en vir ‘n jaar in die tronk sit sonder om iets oor te kom, net soos die Springs monster em sy vrou. DIE KINDERS MOET MA DAAR ONDER LY……… Soveel vir ons regstelsel ….. .

Agnes ·

dis dierlik verby, hulle behoort die doodstraf te kry, die arme kinders sal nooit n normale lewe kan lei nie

CHRISTA ·

Vir sulke misdade moet hulle in hulle dorp se plein gestenig word sodat almal kan sien wat word van sulke luise!!!

SNEL ·

Ja-nee, ek stem. Dis vreeslik om te dink wat daai arme kinders op so onskuldige jong ouderdom moes deurmaak. Kry ook al daai “kliënte” van die ma, hulle is net so skuldig. Hoe kan jy dit aan n kind doen? Stenig die hele klomp van hulle.

Jaco ·

Watse goed kan sulke dinge aan enige kind doen. Daar moet regtig groot fout met jou wees. Sterkte aan die kinders

Peet Schabort ·

Wat ek wil sê mag ek nie sê en wat ek mag sê wil ek nie sê want dit sal té sagkens wees vir hierdie monsters in ons samelewing.

Lizza ·

Hoe kan ‘n ma haar eie kind vas hou en toe laat om sulke dade te laat pleeg. Hoe harteloos, gevoelloos? Demonies. Geen mens verdien om seer gemaak te word nie, maak nie saak in watse vorm van seer nie. Daar is ‘n God en Hy sal hierdie kindertjies gesond maak.

Adre ·

Dis die ergste vorm van verwerping wanneer die ouers wat veronderstel is om jou te beskerm, jou so seermaak. Hulle behoort nie kinders te he nie. Ongelukkig sal hierdie gebeure altyd vassteek en diep wonde laat. Net God sal die kinders kan genees en ek bid dat mense wat opreg is en liefde sal uitstort oor die kinders, hulle sal bystaan vir solank dit nodig is.

fransie rowles ·

Stem saam Christa!
en lewer kommentaar soos Peet!
walglik!

malie van jaarsveldt ·

ja ek stem hulle almal ingesluit die kliente moet vir die publiek gegee word dat hul gestenig word, dit is n verskriklik dat n ma dit aan haar kinders kan doen, nie eers n dier sal dit doen nie.

abre ·

Wat my verder ontstel is dat daar “kliënte” is wat ‘n belangstelling het om n 11 jarige meisie te verkrag. Wat moet jy van jouself dink??????? GEEN maar GEEN regdenkende mens sal ooit so iets oorweeg nie. Wat word van die mensDOM?

pop ·

Een of ander tyd gaan mense die wet in eie hande begin neem, en ek kan nie wag nie. Raak onslae van sulke drek. nou gaan hulle ons belasting betalers se geld mors op hulle, dis nie reg nie.

Eish! ·

Weet nie wie is die ergste, die ma. pa, of kliente nie. Almal verdien straf! En nie maklike rehabiliterende suid afrikaanse straf nie. Nog geen gevangene gesien wat gerehabiliteer is nie. Walglik!

Nee!!!!!!!!! ·

“n ma wat haar dogter vashou dat sy verkrag word – Het die ma meer as ten minste 3 breinselle!!!!!! IS SY intellektueel en emosioneel so agterlik dat dit wat sy aan haar kind gedoen het geen saak maak nie – SY IS NIE WERD OM ‘N MA GENOEM TE WORD NIE!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.