
Argieffoto
ʼn 43-jarige pa en ʼn 33-jarige ma is in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk ontvang het dat hulle hul kinders mishandel.
“Beamptes het die wenk opgevolg en die situasie gemonitor om die bewerings te bevestig,” het konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die beamptes het Vrydag op huis in Bloemspruit toegeslaan en die twee kinders, ʼn agtjarige seun en 11-jarige meisie gevind.”
Volgens Kareli was die kinders baie vuil en verwaarloos. “Die beamptes het ook gesien die seun is ongesteld en hulle het hom en sy sussie na ʼn hospitaal geneem.”
Die 11-jarige meisie is glo herhaaldelik deur haar ma se kliënte verkrag. “Sy [die ma] het haar vasgehou terwyl die mans die bose dade gepleeg het.”
Mediese toetse het ook bevestig dat die seun bedwelm is.
“Die man en vrou is in hegtenis geneem op aanklag van kindermishandeling. Ander aanklagte kan nog bygevoeg word,” het Kareli gesê. Die polisie het glo ook ʼn plastieksak met dagga in die vrou se besit gevind. “Die polisie ondersoek ʼn saak van verkragting, die besit van onwettige middels en kindermishandeling.”
Die kinders is na ʼn plek van veiligheid geneem. Die egpaar het Maandag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
Maar net npg ‘n ouerpaar wat sal gaan vir sielkundige evaluasie en vir ‘n jaar in die tronk sit sonder om iets oor te kom, net soos die Springs monster em sy vrou. DIE KINDERS MOET MA DAAR ONDER LY……… Soveel vir ons regstelsel ….. .
dis dierlik verby, hulle behoort die doodstraf te kry, die arme kinders sal nooit n normale lewe kan lei nie
Watse goed kan sulke dinge aan enige kind doen. Daar moet regtig groot fout met jou wees. Sterkte aan die kinders
Wat ek wil sê mag ek nie sê en wat ek mag sê wil ek nie sê want dit sal té sagkens wees vir hierdie monsters in ons samelewing.
Hoe kan ‘n ma haar eie kind vas hou en toe laat om sulke dade te laat pleeg. Hoe harteloos, gevoelloos? Demonies. Geen mens verdien om seer gemaak te word nie, maak nie saak in watse vorm van seer nie. Daar is ‘n God en Hy sal hierdie kindertjies gesond maak.