Ouers vas wat glo omkoopgeld vir verkragting ontvang

hof-hamer

(Argieffoto)

ʼn Egpaar is vasgetrek nadat hulle glo verlede jaar omkoopgeld van brig. Rosy Resandt (46), verbonde aan die eenheid vir georganiseerde misdaad van die polisie se speurdienste, en haar man, Clifford (50), ontvang het om oor hul dogter se verkragting te swyg.

Dié geld daarvoor kom glo van die selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri.

Die Resandt-egpaar is in Desember aangekeer vir korrupsie en dwarsboming van die gereg en is intussen op borgtog van R15 000 elk vrygelaat.

Maroela Media het vroeër berig Bushiri, van die Enlightened Christian Gathering Church (ECG), het glo verlede jaar R500 000 in Rosy se persoonlike rekening en ander familielede oorbetaal in verband met ’n verkragtingsaak in Potchefstroom.

Die Resandt-egpaar het die omkoopgeld glo weer aan die verkragte meisie se ouers betaal.

Die polisie het nie meer besonderhede verskaf oor hoe die Resandt-egpaar by die kwessie betrokke geraak het nie.

Lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, sê die meisie se ouers, onderskeidelik 54 en 57 jaar oud, is Woensdagoggend in hegtenis geneem en het dieselfde dag in die Pretoriase landdroshof verskyn. Hulle staan tereg op aanklagte van korrupsie en dwarsboming van die gereg.

Dié egpaar en die Resandt-egpaar sal na verwagting Donderdag saam in die landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Blikke ·

Geld wat stom is, maak skynbaar altyd reg wat krom is!!! Braai hulle!! Die hele korrupte SPUL!!!

ES ·

Ek hoop hulle gaan virewig tronk toe. Hoe kan ouers dit doen??

Misky ·

Waar is Bushiri nou deesdae en die saak het so stilletjies verdwyn? Bring die main konyn laat hy kom pa staan vir die moleste

Mariana ·

Watse tipe ouers doen so iets en wie is beskerm in die saak, die Bushiri of wie. Als draai om geld en daai dogter se lewe maak nie saak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.