Ouers veg vir baba se oorlewing: ‘Solank hy asemhaal, is daar hoop’

Die Dell-gesin. (Foto: Verskaf)

ʼn Ouerpaar van Brackenfell in die Wes-Kaap oorweeg om hul 10 maande oue babaseuntjie Amerika toe te neem om daar behandel te word nadat hy met ʼn seldsame immuunsiekte gediagnoseer is.

Klein Liam Dell is vroeër vanjaar met ernstige gekombineerde immuungebrek (SCID) gediagnoseer, ook bekende as die sogenaamde “Bubble Boy”-siekte. Dít beteken dat hy in wese geen immuunstelsel het nie en sy liggaam dus geen vermoë het om teen infeksies, bakterieë en kieme te baklei nie.

Indien Dell nie die nodige behandeling kan ontvang nie, sal hy vir die res van sy lewe afgesonder moet leef om hom teen infeksie en siektes te beskerm.

Dit is egter danksy sy ouers se vasberadenheid dat baba Liam die afgelope paar maande in die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad buite isolasie om sy lewe kan veg.

Mark Dell, Liam se pa, het Dinsdag aan Maroela Media vertel van sy en sy vrou, Yolandi, se stryd om hul babaseuntjie aan die lewe te hou – dít terwyl Liam se blakend gesonde tweelingsussie by die huis versorg moet word. “Ek en ma het ons huiswerk gedoen om vir Liam tot op dié punt te kry,” sê Dell.

Baba Liam Dell. (Foto: Verskaf)

Hy vertel Liam is op die ouderdom van twee maande met koors na die hospitaal gehaas waarna SCID by hom gediagnoseer is. Hy kon sedertdien nie die hospitaal verlaat nie en al hoef hy genadiglik nie vir die res van sy lewe afgesonder in ’n kamer te leef nie, herken hy waarskynlik nie sy ma of pa sonder ’n teatermasker aan nie.

’n Beenmurgoorplanting is Liam se beste kans op oorlewing. Die ouerpaar het gevolglik hulself laat toets waarna Yolandi vroeër vanjaar beenmurg aan haar baba geskenk het. Vir drie weke moes hulle asem ophou om te hoor of die “beenmurg wel gevat het,” verduidelik Dell.

Genadiglik was daar op die 21ste dag vordering. “Die geringste vordering maar vordering.”

Ongelukkig soos dokters van die begin af gevrees het, het Liam ʼn virus opgedoen wat verhoed dat die beenmurgoorplanting werk. “Die virus takel sy immuunstelsel af en laat nie die beenmurg toe om te herstel nie,” sê hy.

Dell verduidelik verder dat klein dingetjies soos ’n roetine-inenting voordat hy met SCID gediagnoseer is, gereeld vir verdere bekommernis sorg. Liam is as deel van sy inentings ná geboorte met tuberkulose (TB) ingespuit sonder dat dokters toe al besef het dat hy geen immuunstelsel het wat dié siekte sal kan beveg nie.

Liam het nié TB tydens sy inentings opgedoen nie, “maar dit is die tipe goed waaroor ons as ouers bekommerd is,” sê Dell. “Dis moeilik, aangesien ons nou eers geleer het hoe dit is om ouers te wees en nou vereis een van ons kinders al hierdie spesiale aandag.

Mark en Liam Dell. (Foto: Verskaf)

“Ons was so opgewonde toe ons hoor ons verwag ’n tweeling. Nou moet ek vir Liam, Yolandi en Laila, ons baba by die huis, ondersteun terwyl ek nog my besigheid aan die gang moet hou.”

Dell vertel dat al wat dokters nou kan doen, is om geduldig te wag vir die virus om op te klaar sodat die beenmurg kan begin werk. Liam se ouers kan egter nie hande gevou sit nie en doen tans verdere navorsing vir alternatiewe mediese behandeling.

“Ons dink nou aan Amerika vir behandeling. Ons het speeksel en bloed na Nederland gestuur en dan word dit New York toe gestuur om te kyk of die bloed in hul bloedbank daar Liam sal kan help.”

Dell is vasberade om ʼn uitkoms vir sy seuntjie te kry. “Ek gaan nie ophou tot ek hom kan help nie. Hy kan nog nie praat nie, so ek moet vir hom praat,” sê hy vasbeslote.

Daar is egter min wat dokters vir klein Liam kan doen as die virus nie opklaar nie. “Selfs die dokters sê hul rûe is teen die muur. Ek weier om dit te aanvaar. Ons moet antwoorde kry. Daar is baie maniere om dinge te doen. Solank as wat Liam asemhaal, is daar hoop.”

Besoek gerus baba Liam se Facebookblad vir meer inligting oor sy vordering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

$ ·

Baie sterkte aan klein Liam en sy ouers.

Ek moet die persoon wat die foto’s geneem het komplimenteer – dit is van die mooiste baba-/gesinsfoto’s wat ek nog gesien het.

Helen ·

Fotos is geneem deur Jana Engelbrecht. Sy is rerig baie goed

Simpatie ·

Dis nie dalk juis daardie inenting na geboorte wat sy immuunstelsel in skok in laat gaan het nie?
Dis baie scary, want die inentings word aan alle babas toegedien ongeag van gewig of gesondheid. Moet babas nie eers getoets word vir allergiese reaksies nie?

Karin ·

Ja,.maak.asb
Seker.of die.inentings nie n.probleem veroorsaak het.nie!!!!! Die 6 weke.een.is.baie gevaarlik!!!! Ons.bid.vir.antwoorde, vinnige herstel.en moed.vir julle.wonderlike.ouers! Shalom!

Retha ·

My eerste gedagte was ook dat die inentings moontlik verantwoordelik kan wees. Baie sterkte aan die ouers, ek hoop werklik hulle vind effektiewe behandeling!

leser ·

pragtige tweetjies, soooo jammer vir liam se siekte toestand
ek bid vir julle as ouers en die tweeling, spesiaal vir liam, ek glo Onse Vader sal genesing gee

RK ·

Benny Hinn kom middel Januarie Sandton Convention Centre toe. Neem hom soontoe dat Benny vir hom kan bid.

PaulV ·

RK; Benny Hinn is een van die vals profete waarvan die Bybel vertel. Al wat vir hom belangrik is, is geld! Google asseblief; benny hinn false prophet
Benny Hinn has long been exposed as a false teacher and false prophet. He is also well known for defrauding millions of dollars from gullible people to support his lavish lifestyle.
Orlando Christian Center, Dec. 31st, 1989.
“The Lord also tells me to tell you in the mid 90’s, about ’94-’95, no later than that, God will destroy the homosexual community of America. [audience applauds] But He will not destroy it – with what many minds have thought Him to be, He will destroy it with fire. And many will turn and be saved, and many will rebel and be destroyed.” – Benny Hinn.
Benny Hinn, Trinity Broadcasting Network (TBN) began its Spring 2000 fundraising Praise-A-Thon with some rather astounding claims. On the April 2nd TBN program, Benny Hinn claimed that God is about to make a major move to anoint the people of God, as soon as Israel signs a treaty with the ailing Hafez Al-Assad* of Syria, which will likely be within the next year. This will signal the impending large scale shift of financial wealth from the wicked to those obedient to God. But, in order to benefit from this unprecedented supernatural anointing, you must be obedient to God and sow your financial seed (to TBN) now!

Stephan de S ·

Mens kan jou nie voorstel wat deur die ma se hart gaan nie. Medelye is so n maklike woord om te gebruik.

Hallelujah ·

Solank daar ‘n asem is daar God se hoop. Liam haal asem vir jou mamma en pappa en Laila – solank daar asem is is daar hoop. Jou mense het jou ook nodig. Hallelujah hy haal nog asem. Hou hom styf styf vas in julle arms. God spreek lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.