Ouers verpletter oor dogter (9) se skielike dood

Klein Danika van Rensburg (Foto: Verskaf)

ʼn Verpletterde gesin van Sundra in Mpumalanga sê hulle is stukkend oor die skielike dood van hul “vrolike en liefdevolle” negejarige dogtertjie – maar ook dankbaar dat die lewe van twee ander jongmense vandeesweek deur orgaanskenking gered is.

Danika van Rensburg, ʼn leerder aan die Laerskool Delmas, is Dinsdagmiddag in die Life Springs Parkland-hospitaal aan breinvliesontsteking dood.

Halvor, Danika se pa, het Vrydag aan Maroela Media vertel haar dood het die gesin swaar getref.

Volgens hom het Danika verlede week Vrydag van erge oorpyn begin kla. Van Rensburg sê die gesin het nie in daardie stadium enige onraad gemerk nie, en het haar bloot met medikasie behandel.

Hy sê sy was Saterdagoggend weer haar “ou self” en het selfs weer gelag en gespeel. Volgens Van Rensburg het hy en sy vrou, Etta, egter Sondag baie bekommerd geraak toe dit voorgekom het asof Danika se toestand baie versleg het.

“Ek het vir haar gesê om Danika na die Medicross in Springs te neem, en ek het alleen kerk toe gegaan. Ons het nie gedink dat dit iets is wat haar lewe kon bedreig nie – ons het nooit eens daaraan gedink dat dit ernstiger kon wees as wat dit werklik was nie,” vertel hy.

Hoewel ʼn apteker Danika ondersoek het vir ʼn oorinfeksie en haar toe huis toe gestuur het met antibiotika, het haar toestand net bly versleg. Van Rensburg sê sy het sedert Sondagmiddag erge naarheid ervaar en konstant opgebring.

“Ons het Maandagoggend besef iets groots is fout. Ons het met haar na ons huisdokter gery en haar laat ondersoek. Hy het haar deeglik ondersoek – maar kon geen teken vind van ʼn infeksie nie. Hy het haar ʼn inspuiting gegee vir die naarheid en ander antibiotika voorgeskryf,” sê hy.

Klein Danika van Rensburg (Foto: Verskaf)

Volgens Van Rensburg was Danika se koors Maandagaand só hoog dat Etta haar eers in ʼn bad koue water gesit het voordat hulle met haar na die hospitaal gejaag het. Sy is dieselfde aand in die Life Dalview-hospitaal opgeneem en later na die Life Springs Parkland-hospitaal oorgeplaas.

“Ons het vir die eerste keer besef dat iets baie groot fout is. Haar handjies het begin saamtrek en haar ogies was baie droog. Sy het op pad na die hospitaal heelpad gekreun. Hulle het haar by die Dalview-hospitaal eers suurstof toegedien en op ʼn drup geplaas, en toe gesê hulle moet haar oorplaas. Sy is aan ʼn ventilator gekoppel en na die waakeenheid van die Springs Parkland-hospitaal oorgeplaas.

“Die dokters het bloed getrek en toetse gedoen en was baie bekommerd. Hulle het vir ons gesê hulle wil net nog een keer toets om seker te maak. Intussen het sy ʼn lumbale punksie gekry, maar geen reaksie getoon nie. Die tweede toetse het dit bevestig: Ons dogtertjie was breindood en daar was niks wat ons meer vir haar kon doen nie. Die infeksie het té erg versprei,” sê hy.

Van Rensburg sê die gesin was verpletter – veral omdat daar geen tekens van breinvleisontsteking was nie. “Ons is stukkend. Net voor Danika se geboorte het die dokters gedink sy gaan aan Down se sindroom ly. Daarna is sy vroeggebore, en sy moes vir vyf weke in die waakeenheid vir haar klein lewetjie veg. Toe sy drie jaar oud was, was ons in ʼn gru-ongeluk betrokke. En dit alles het sy oorleef – maar dié keer kon sy nie deurtrek nie. Ons huil baie en ons verlang na haar. Verder steun ons op ons geloof en is dankbaar dat haar dood die lewe van twee ander jongmense kon red wat aan suurstofmasjiene gekoppel was.”

Die gesin beywer homself nou daarvoor om ander ouers bewus te maak van die waarde van orgaanskenking. Hy sê ouers moet ook daadwerklike stappe neem om ʼn mediese kenner oor inentings te raadpleeg – iets  wat volgens hom ʼn lewe kan red.

“In dié stadium is dit ons enigste troos. Ons dogtertjie is van ons weggegryp, maar deur haar dood kon twee ander leef. Dis ál wat haar dood ʼn bietjie meer draaglik maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Ella Bella ·

Liewe Pappa en Mamma

Ek huil snot en trane terwyl ek hierdie berig lees. Hoe gaan ‘n ouer aan na so ongelooflike tragedie. My hart bloei vir julle en ek bid dat Jesus julle stryf van hou en dra in hierdie tyd. Julle was so braak om haar organe te skenk en sodoende vir ander ouers weer hoop gee. Mag julle ryklik geseen word.

blom ·

Baie sterkte aan die ouers , asook die hele gesin! Ek bid vir God se vertroosting!! “Die Here is my herder, niks sal my ontbreek nie.” Daardie vers dra my gewoonlik deur swaar tye.

Marius ·

Ek kon nie die artikel klaar lees nie. Ek is baie jammer om van julle verkiesing te hoor. Ek wens die wereld kon n rukkie lank vir julle stil staan…

Christelle ·

My innige simpatie, my neef se kind (ook 9) het jare gelede ook so skielik breinvlies ontsteking gekry en in ‘n koma gegaan. Dit was wragtig genade van die Here dat daardie kind volkome herstel het. Hy moes weer leer eet, loop en praat maar vandag is hy ‘n jong man.

Han ·

So ontsettend hartseer! Om ‘n kind aan die dood af te gee is onbeskryflik. Ons bid vir hierdie gesin vir vertroosting.

in Trane ·

Ek sit oopbek en huil. Dis SO hartseer en tragies. Ek is verskriklik jammer om te lees van hierdie dogtertjie se dood.

Hannelie ·

Here hou hierdie gesin vas, vertroos hul. Dis so hartseer!!! Mag pappa en mamma vertroosting kry, sy was so ‘n pragtige dogtertjie.

Marina ·

Liefde en genade vir die pad vorentoe. Ons stap 6jaar die pad, en trooswoorde is daar baie maar niks is ooit weer dieselfde. Bid bid vir julle

Amanda ·

Dit is só tragies. Ek kan nie indink hoé dit voel om jou kind te begrawe nie en ja, ‘n uiters moeilike en eerbare besluit om haar organe te skenk. Baie sterkte !!!

Rosie ·

Kan iemand wat kennis het, dalk vir ons as ouers bietjie meer info gee oor wat veeoorsaak breinvliesintsteking? Kan dit aansteek?

M'Lady ·

Rosie, jy kry twee soorte meningitis : die virale en bakteriele . Altwee is aansteeklik en word deur sputum en hoes oorgedra, aangesien die “kiem” in die keel voorkom. Dit is die tweede een wat so ernstig is. Ek het altyd in n doodse vrees geleef terwyl my kind op skool was en het hom laat inent by die naasste reiskliniek. Dit moet elke drie jaar gedoen word. Dit kom die meesste by skole en universiteite voor, waar daar noue kontak is met ander leerders of studente. Die inenting is regtig die moeite werd. Dit gee mens net daardie ekstra gemoedsrus.

sandra ·

Jy kry bakteriele en virale breinvliesontsteking. Die virale weergawe word veroorsaak deur ‘n virus en is nie so ernstig nie. Die bakteriele weergawe word veroorsaak deur bakteriee en is ernstig. Dit is aansteeklik en versprei d.m.v. hoes, nies, soen, selfde eetgerei te gebruik as siek persoon. Hoofpyn, naarheid, braking, stywe nek, hoe koors, sensitiwiteit vir lig is simptome. Die bakteriele weergawe kan verhoed word in kinders deur hulle in te ent.

Valerie ·

Die nuutste inentings kan tot 10 jaar lank effektief wees.

Lizelle Terblanche ·

Dit is verskriklik. My oudste seun het ook breinvliesontsteking gehad op 5-jarige ouderdom. Hy was 3 keer by die dr voordat die simptome op breinvliesontsteking gedui het. Toe die pediater hom laat opneem het was haar woorde…”mamma, 10 minute later en jou kind was dood”. Dit was in die dae net toe die inentings vir breinvliesontsteking op die mark gekom het en die suster gereken het net kinders onder 4 het die inenting nodig. My hart huil saam met Danika se ouers en ek beleef weer intens die 1ste paar dae van ICU met my kind. Dit is ‘n bitter wrede siekte!!!

Luister ·

Verskriklik hartseer; my innige simpatie aan die ouers.
Ek verstaan nie hoe orgaanskening in so ‘n geval gedoen kan word nie. Ek sou dink die infeksie is ook in die bloed, en daarom deur die hele liggaam versprei. Hoop ‘n kenner kan dalk lig werp?

Dimpels1218 ·

Sterkte vir hierdie familie, dis al wat ek v julle kan sê. Ek weet waar deur julle al d afgelope ruk is en steeds bly jul sterk. Etta en Harvor julle bly awesome mense. Ons Sundra gemeenskap kyk op na julle.

Gesiggie ·

Ek lees die berig, en moet sluk aan die knop in my keel….n mens weet of verstaan nie hoekom so iets moet gebeur? en hoe verwerk n mens die dood van jou kind…en dit laat my dink… ons kan niemand kwalik neem, maar ek voel net dat party dokters speel met n mens se lewe… vir Mamma en Pappa het dit ook maar net geklink of dit nie te ernstig is, maar dokters moet mons van beter weet…ek sien jul trane en ek voel saam jul die pyn wat jul moet deurgaan, al die verlange en die gemis… Mag Jesus jul bystaan deur die hartseer tyd..RIP klein Danika… jy is nou n Engel van Jesus…

Riouna Martin ·

Sy is pragtig
Sy gaan gemis word rus veilig pop. Sterkte aan familie

Les ·

Baie sterkte aan die ouers . ons dink aan julle .. Elna Les Dylan

Rikag ·

Bid vir julle sterkte aan die familie mag die Vader sy hand altyd oor julle hou.

Christo ·

Baie ontstellend – die mediese raad moet ook verantwoordelikheid aanvaar.
Ek het altyd gewaarsku oor aptekers wat dink hulle is bevoeg om mediese diagnoses te maak. Hulle is direk aanspreeklik – ‘n mediese doktor sou nie in ‘n kind se oor ky om ‘n hoofpyn te diagnoseer nie.
Koors is een ding, maar vir enige hoofpyn of migraine in ‘n kind kry jy ‘n onmiddelike afspraak by ‘n doktor.

Alet ·

Ek stem. ‘n Apteker is nie bevoeg om ‘n diagnose te maak nie!! Selfs die dokters doen nie altyd effort om n behoorlike diagnose te maak nie – as jy gelukkig is, sien hy jou vir 15min en hulle so gewoond aan die feit dat meeste mense net n lugweg infeksie het (wat gewoonlik viraal is) dat hulle dit as sulks behandel sonder n behoorlike ondersoek. Dan skryf hulle antibiotika voor ( wat nie werk op n virus nie) and just hope for the best….

Klein Jane ·

Baie Dankie vir die groot geskenk van Orgaanskenking deur die ouers!

Ster ·

Christo ek verstaan wat jy se ek is in die bedryf en baie keer kan die ouers (ek se nie dit is in die geval so nie) nie n dokter bekostig nie dan verwag hul van n apteker om n dokter te wees.

Kobus Jacobs ·

Halvor , Etta, ek dink aan julle in julle smart en verlange. Ek bid vir julle. Julle verlies breek my hart, ek huil saam met julle. Mag ons liefdevolle Hemelse Vader julle familie styf teen Sy bors druk en julle vertroos. Sy liefde dra julle, nou en vir altyd.

john ·

Ek lees dat die inenttings vir kinders vanaf 11 jar oud gegee word.

Mamma ·

Die ent kan van voor 2 gegee word, Maar moet Dan n booster kry. Ek het v my dogtertjie net na 2 Jaar die menactra gekry. Boeta gaan ook nou as Hy 2 is kry. Dit beskerm net teen 5 strains en dus nie 100 % nie.

Rebekka ·

This is horrifically tragic!!

An obviously well cared for healthy child doesn’t develop meningitis without any infection.

This is happening way too often!

My heartfelt condolences to the griefstricken parents who were robbed of their baby too soon. May God soothe their broken hearts and may this family be reunited one day in heaven.

To the writer and editor:
I am collecting data/information about this wrt vaccine complience. You mentioned in the article that the father strongly advises that the public find a knowledgeable medical professional who has specific knowledge about vaccines.

The double meaning of the caution seemed a bit out of place due to the wording, so now I am asking bluntly …

° if this child did indeed pass from meningitis in the absence of any infection? (which would caused encephalitis)
° and if she had recieved any vaccines in the last 2 months (because even within this time span it is not unusual for children to have an adverse cumulative reaction to any vaccine at all which can cause encephalitis or low grade myelitis which can lead to death)

Doctors recieve ZERO training on vaccine ingredients or adverse effects. They are just given a basic advertising style espousing of the unproven benefits and are expected to “just believe” as if they were in a snake oil church.

A select few do the research and these usually end up treating vaccine damaged children which they DO manage to save.

Please advise.

Pieter ·

Shoe…ek het 3 klein pokkels en ek kan nie eens vir n oomblik dink hoe erg dit moet wees om n kind te verloor nie. Sterkte vir die familie en mag die Here Sy hand van beskerming oor julle hou

kerneels ·

Dis onbeskryflik hartseer !!! Daar is nie woorde om julle te troos nie …
Elke familie loop deesdae met hierdie vrees van: wie is volgende?
Wat my al maande pla is…dat hierdie breinvliesontsteking geweldig baie voorkom in die Gauteng/Mpumalanga areas (veral nou) en hoe ingelig is ons as ouers om die simptome van hierdie NOU vernietigende virus gou genoeg raak te sien???
Kan daar nie op hierdie nuus webwerf ñ DUIDELIKE uiteensetting van simptome rakende breinvliesontsteking, gegee word nie? In vandag se tyd sit grootmens en kind met hengse hoofpyne wat ons koppel aan stress! Waar trek jy die streep om te besef dis nie net ñ gewone STRESS hoofpyn nie??
Ons as familie het self ñ maand trug deur hierdie trauma gegaan, maar genadiglik was dit die virale virus en is sy vir ons gespaar deur Sy grote genade…

Diane du Preez ·

First of all Pharmacists are not allowed to hand out antibiotics without a prescription!!!! Second, if this little girl had any vaccines lately, the flu vaccine or the HPV vaccine, I believe it may be the cause. Vaccines lower your immunity and you can’t fight the infection. Ask for a private autopsy and get them to tell you exactly what bacteria it was.

Nino Nortier ·

This sounds like HPV vaccine adverse reactions. Please follow Diane’s advice and get an independent autopsy. The government will try to sweep the truth under the carpet.

Poppie ·

Ons apteker het verder gestudeer en is by magte om nou voorskrifte te kan uitskryf.

Diane du Preez ·

Can someone please find out if Danika got the HPV vaccine recently at school. My heart is breaking. Last year a 12 year old girl died a month after a flu vaccine and 6 months after the HPV vaccine. Autopsy also said bacterial meningitis but couldn’t say what bacteria it was. Her symptoms were the same as Danika’s. Also no rash. Unfortunately the mom didn’t go to the newspaper. But it was reported to GSK as a possibly vaccine related death.

Lollie ·

Ja n dr het my pa n griep inspuiting gegee en hys die volgende dag aan n hartaanval dood…..met die inspuiting in die sak nog? Dankie dr…..ek glo nie in drs nie….hulle maak geld en die dood oorwin

Namibia ·

Dit maak ‘n mens bekommerd. Baie mense het my al afgeraai om inentings te kry omdat dit jou kind siek maak. Ek kan byvoorbeeld nie griep inspuitings kry nie. Dit maak my dodelik siek. Daar is nerens in Namibia waar mens Kan registreer vir orgaanskenkings nie. Hoeveel mense seen lewens kon al gered gewees het. Danika se ouers:. Ek kan nie eens begin om te dink wat jul deurgaan nie. Mag God jul styf vashou en vertroos.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.