Ouers vra gebede vir kritieke Pta-skoolseun ná leeuaanval

Kristian Prinsloo. Foto: Verskaf

“Bid en wag … Dit is al wat ons nou kan doen.”

Dit is die woorde van Herman Prinsloo (47), ‘n sakeman van Centurion, wie se seun, Kristian (11), Saterdag deur ʼn driejarige leeumannetjie in Lephalale (Ellisras) in Limpopo aangeval is.

Herman en sy vrou, Adri (47), is sedert Saterdag langs hul enigste kind se bed in die waakeenheid van die Muelmed-hospitaal in Arcadia, Pretoria, waar hy in ʼn kritieke toestand is. Marie Strydom (75), Adri se ma wat Kristian se lewe gered het, staan hulle by.

Kristian, ʼn graad 6-leerder aan die Laerskool Louis Leipoldt, het oudergewoonte dié skoolvakansie by Strydom in Lephalale gaan kuier waar die tragedie hom afgespeel het. Marie woon die afgelope vyf jaar daar in haar eie huis op ʼn landgoed op die oewers van die Mogolrivier. Die landgoed behoort aan haar boesemvriende, Cor en Alet Vos. Die Vos-egpaar het drie leeus wat hulle daar aanhou en waarvoor hulle permitte het. Die leeus is met die hand grootgemaak, is gewoond aan mense en word in hokke aangehou.

“Die leeu het Saterdagoggend op een of ander manier in my skoonma se huis opgeëindig. Ons weet nie regtig hoe nie. Cor-hulle is baie veiligheidsbewus en laat weet altyd as hulle af en toe die leeus oopmaak om rond te loop. Selfs dan bly die leeus aan hul gedeelte van die landgoed, want dit is waar hulle gevoer en bederf word. Kristian was ook al menigmaal daar en die leeus was nog nooit vir hom ʼn bedreiging nie.”

Prinsloo sê die leeu het sy skoonma en Kristian onverhoeds in die kombuis betrap. “My skoonma het vir Kristian gesê om in die kamer te gaan skuil. Hy het gehardloop, waarna die leeu hom van agter af gegryp en aan die nek beetgekry het.”

Strydom het op die leeu van sowat 200 kg afgestorm en dit van Kristian af gestoei. Sy het in die proses byt- en krapwonde aan haar rug opgedoen waarvoor sy steke moes kry.

Strydom en die Vos-egpaar het omstreeks 12:00 met Kristian na die Mediclinic Lephalale gehaas waar hy ʼn operasie ondergaan het om sy wond te heg. Hy is omstreeks 20:00 met ʼn helikopter na Muelmed gebring.

Hy het ʼn erge bytmerk in sy nek opgedoen en wonde aan sy rug, waarvoor hy talle steke moes kry.

“Sy toestand is tans baie kritiek. Die grootste kommer is dat hy swelling op die brein opgedoen het. Twee van sy nekwerwels is ook ontwrig. Die dokters kan nie nou al ʼn operasie uitvoer om die swelling of nekwerwels te herstel nie. Hy is nou op medikasie en ons kan net wag vir die medikasie om te werk.”

Kristian se ouers en ouma is vol vertroue en dat hy sal herstel. “Hy is in goeie hande hier by die hospitaal en die personeel wat na hom omsien is wonderlik. Met God is alles moontlik en ons kan net vir mense vra om saam met ons te bid, vir Kristian, die hospitaalpersoneel en die Vos-gesin.”

Herman sê hulle koester geen kwade gevoelens teen die Vos-egpaar óf die leeu nie. “Cor-hulle neem dit baie ernstig op en gaan deur net so ’n moeilike tyd. Hulle benodig ook gebede en nie verwyte nie. Ons wil ook nie hê die leeu moet van kant gemaak word nie.”

Hy sê met Strydom gaan dit onder omstandighede goed. “Sy is nog getraumatiseerd, maar positief. Ons is so bly sy was daar. Haar dapperheid het ons seun se lewe gered.”

ʼn Ondersteuningsgroep vir Kristian is op Facebook geskep om boodskappe van bemoediging te deel. Besoek die blad hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Hannelie Wes-Kaap ·

Mag God hierdie seuntjie aanraak en genees. Baie sterkte aan die twee gesinne wat deur hierdie trauma gaan. Ek glo en vertrou dat Kristian volkome sal herstel. Ons bid vir jul.

M'Lady ·

Wanneer gaan mense begin besef dat wilde diere wild is? Leeus hoort in elk geval nie in hokke nie. Hulle moet hulle lewe in vryheid deurbring. Een of ander tyd raak hierdie diere gefrusteerd met hulle omstandighede en dis die gevolg. Sterkte aan die familie.

Hendrik van George ·

Stem! Weet nie wat die fasinering is om sogenaamde mak gemaakte wilde diere aan te hou nie… weereen n tragedie met “mak” leeus.
Laat ook nie my gesin toe om met dolfyne te swem, olifante te ry en ander wilde diere te streel nie.

Johann ·

Ook nie in woonkamers op die sitbanke of in slaapkamers op die beddens op voor die bed op ‘n matjie nie.

tess ·

Ag tog, daar is altyd iemand wat n eier te le het. Soms is diere veiliger op plase as in die wild!! Een van die dae het ons niks meer wild oor as gevolg van mense wat hulle uitroei.

sterkte vir die familie

Cherokee ·

Na al die treurmare lees ek toe tess se lekker brief. Wat ‘n verligting om iets positiefs te lees! By my huis het ‘n silwerjakkals saam met die honde en katte groot geword. Dit was geen ‘fasinering’ om dit aan te hou nie maar bloot die redding van ‘n paar dae oud jakkalsie sonder ‘n ma.

Desire ·

Dit is wat ek ook se. Hoe hou mens ‘n groot wilde dier soos ‘n leeu in ‘n hok. Hulle is gewoond om kilometers te hê om te hardloop. Hulle is seker verstreurd om in daai hokke te bly. Magtig, mense dink hulle kan God speel oor alles. Hulle is wilde diere vir ‘n rede, om in die wild te lewe. Die mense moet vir hulle self ‘n kat kry!

Jimny Malan ·

Ouma, Tannie Adri en oom Herman ek wens ek was daar om jul by te staan maar weet ek dink aan jul elke sekonde en ek hou aan bid vir my Neefie ek weet hy sal mooi herstel

Adel ·

Ons bid vir jou spoedige herstel toe en ons bid saam met julle xx

Cherokee ·

Wilde diere op plase dra by tot die behoud daarvan. Nooit ooit sal ek geblikte jag anders as minag nie, maar boere wat hul plase omskep in reservate waar diere geteel word wat andersins op die gevaarlys sou wees, doen fantastiese werk.

Hoop ·

Dit is so mooi storie, ondanks die tragedie, mag ek vandag net ‘n boodskap van Hoop wees, met so ouma, kan ‘n man net herstel. Baie sterkte en ek stem saam met Ouma, met daai krag en attitude, kan jou kleinseun net jou voorbeeld volg!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Charmaine ·

Enige dier soos ‘n leeu, jagluiperd, luiperd ens is enige iets wat vir hom/haar weghardloop onmiddelik prooi wat gejag moet word. As die ouma wel wou he hy moes gaan wegkruip moes sy hom gese het om te retireer en nie om te draai en te hardloop nie! Maar nou ja die onkundigheid het die seun amper sy lewe gekos en so kon die ouma ook baie seerder laat kry het. Ai dis regtig sleg en ek hoop en bid vir volle herstel van die jong seun en sterkte vir die ouma en ouers.

Cherokee ·

Dit het ek ook opgemerk, Charmaine. Toe ek lees dat die kind weggehardloop het was alles klokhelder. Instink, hetsy dit ‘n wegrollende bal, hardlopende bok of kind is. Dit kon soort van speels gewees het met te min beheer oor die krag in die kake.

Johann ·

Jip julle twee, dit was die kind en die ouma se skuld, hulle moes van beter geweet het. Die leeu was op die regte plek.

Ja nee ·

Ja nee Johan en die Ouma en seun kom dit elke dag oor, so hul weet hoe om op te tree of nog beter hul speel elke dag die speletjie. Mense regtig , gaan op jou kniee, sê dankie dit is nie jou kind en vra jy vir genade vir hierdie seun. Dit was suiwer n ongeluk en werklik soos jul aangaan skaam ek my en wens regtig jul het nie die berig gelees nie. N Kind veg om sy lewe.

Alida ·

Ek hoop die kind herstel volkome en al die leeus word wildtuin toe gevat waar hulle hoort. Hy het bloed geruik en sy natuur neem oor. Raak ontslae van die goed.

M'Lady ·

Alida, ongelukkig kan hierdie leeus wat hans grootgemaak is nooit weer in die natuur vrygelaat word nie.

Mvs ·

Almal se verwyte gaan nou niks help! Wag tot jy self in dai posisie is dan praat ons weer! Baie sterkte aan familie almal se gebede gaan jul hierdeur dra en heel anderkant uitkom. Glo als gaan goed gaan. Bid vir julle! X

Mvs ·

Verwyte gaan niks verander! Wag tot jyself in soort gelyke posisie is dan praat ons weer. Kom ons bid eerder vir di mense vir volkome herstel en almal betrokke voir ons so klippe gooi! Sterkte x

Etta van der Merwe ·

Mvs, jy is so reg. Mag ons net nooit in so n moeilike situasie verkeer nie. Adri Strydom, jy is n merkwaardige vrou. Verwyte en haat sypel deur n mens se liggaam, jy het weg gekies om nie te verwyt nie, ek dink aan julle, die Vosse en natuurlik julle seun.

Diereliefhebber ·

Ek bid vir almal van julle. Die seuntjie, sy ouers en die eienaars van die leeu. Julle is almal wonderlike mense, so jammer oor die ongeluk. Jesus het gesê: “Daarom sê ek vir julle, alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal so wees.” Liefde en sterkte aan julle.

Alida ·

Ag wat almal wat my stenig hou leeus aan en al die wilde diere. Tart die noodlot maar moet nooit weer huil as die ergste gebeur nie.

Leendert ·

Met wysneuse argumenteer mens nie, jy maak net ‘n wet daarteen.

Mel ·

Ons bid dat die Here sal ingryp, God se tyd is ni ons tyd ni. Baie sterkte vir julle almal

Nicola ·

Mag die Here julle dra deur hierdie moeilike tyd. Onthou, waar daar lewe is, is daar Hoop en ons bid saam met julle Kristian se herstel. Die Here sal julle nie alleen laat nie xxx

Kwapie Scheepers ·

Dis tragies, maar die feit is dat leeus nie troeteldiere is nie. Mense wat wilde diere “mak” maak, stel hulself en ander bloot aan gevaar. Selfs wildsbokke, veral ramme/bulle wat hul vrees vir mense verloor het, is ‘n gevaar vir mense. Daar is vele gevalle waar “eienaars” /serrogaatouers later deur die diere beseer of gedood is.
Mense leer nie…

Cheryl ·

Johannesburg hoe kan jy dit waag om te sé dit was die ouma en kind se skuld, nee my magtig man dis some twak!!! As jy ñ leeu in jou kombuis of waar ook al aantref gaan jy net stil staan? Nee ek glo nie, jou instinkte skop in en jy hardloop vir wat jou lewe werd is. So dink mooi voor jy iets sé en sit jou in hul situasie op daai oomblik. En Alida ek stem met jou saam vrou, hou wilde diere weg van woonbuurte af en laat hul wees in die wild waar hul hoort…. En aan die families ek glo en bid jul kind gaan goed herstel baie sterkte en voorspoed voorentoe..

Cheryl ·

Askies Bo lees my berig Johannesburg dit moet wees Johann…. Spel check op my foon.

Ja nee ·

Hi Cheryl, Johann is sarkasties oor die swak kommentaar net bo syne. Pleks dat mense ondersteun of ignoreer, maak hul hartseer kommentaar wat seermaak.

Koos ·

M’Lady, jy praat baie baie waar. Hoeveel mense is al dood getrap deur buffels wat gevoer word vir jare. Nee mense gebruik julle verstand. Sterkte vir julle

Mel ·

Ek wardeur die feut dat iemand na daai leeuws omsien. Maar daar waar sit gebeur het is dit n plot. Teen die kant van die dorp. Ek hoop leeuw en kind bly legend en groot maats na die

Deon ·

Ons bly in Afrika en daarom wil ons wilde diere aanhou!! Ek wens tog so ek kan ‘n olifant aanhou!! Die mense hou al donkie jare wilde diere aan!!!

Sê maar net... ·

Mense asseblief…. Lees weer die opskrif: Ouers vra GEBEDE vir kritieke Pta seun na leeuaanval…. Gebede asseblief vir hierdie seun, sy familie en vriende…Ons bid dat Vader genesing sal bring… Hou op klippe gooi en alreeds erg getraumatiseerde mense verder seermaak met jul gemene kommentaar…. Tree in en bid..

Bekkige Berta ·

Jinne ja ek stem saam dis n wilde dier en hy sal NOOIT mak wees nie maar joh…. julle mense klink soos ou plate wat vashaak kom ons vergeet nou maar eers van dit en Bid vir die Seuntjie dat hy tenvolle sal herstel

Johann ·

Berta, mens mag mos nie tydens ‘n tragiedie die waarheid praat nie, want dan word mens as ‘n buffel en onsensitief gesien. Maar as mens dit ander kere sê, dan luister niemand daarna nie, hulle lees dit nie eens nie, so dan gebruik mens hierdie platform.

Dit is wat Zapiro met sy nuutste opgradeerde spotprent gedoen het, hy het gewag vir die krises en die regte geleentheid/tydstip om dit los te laat, het hy daai spotprent drie of vier maande gelede losgelaat, het weinig mense hulle daaraan gesteur.

Esther de Beer ·

Ek bid vir jou Christian dat liewe Jesus jou sal bewaar en volkome genees vir mamma en pappa wat baie lief is vir jou. Vir ouma moet daar ‘n monument opgerig word. Jy het ‘n wonderlike ouma. Sterkte . X

Chantelle KOK ·

Vir almal wat sulke slegte kommentaar lewer wil ek net se die familie het gevra vir gebede nie julle opinies oor wat gebeur het nie miskien moet jul net bietjie tot stilstand kom en besef ons is nie God om te oordeel nie . Regtig? As jul nie die gesin wil bystaan nie bly dan asb van die blad af!

LATIE ·

JA EK STEM SAAM BEHOORT NIE DIERE OP DIE ERF NIE BEHOORT OP ANDER PLEK WAAR HULSELF BEVRY KAN WORD EN STERKTE DAAR ?

Hannetjie Harvie ·

Dis stories soos die wat in on koerante moet verskyn. Dis baie tragies, maar dis darem nie weer moord en roof nie. Ek bid dat hierdie seuntjie heeltemal sal herstel. Ek glo ook ons Here sal sy gesin en Ouma krag gee en vertroos. Die mense het nie preke en verwyte nodig oor die leeu nie, ons weet nie die omstandighede hoekom die leeus daar is nie. Baie trots op die Ouma omdat sy haar lewe gewaag het vir haar kleinkind. Ek vra ook asseblief, moenie die leeu van kant maak nie, hy het net in sy natuur opgetree, stel liewers net strenger maatreels in. Sterke vir die familie.

Rika ·

Ek bid volkome herstel vir klein Kristian, en vrede en vertroue vir die ouers en die ouma. Baie mense gaan nou aan oor wat die ouma gedoen het, maar hulle was in haar huis, toe die leeu skielik daar opdaag. As jy nie eers in jou eie huis veilig is nie, waar dan? En die eerste ding waaraan die ouma gedink het is om die seun veilig te kry. op daardie oomblik dink jy nie aan hoe nie, jy dink net… hardloop my kind, wees veilig… en jy bid. En dan, skop jou instinkte in en jy stoei n leeu om jou kleinkind se lewe te red. Sy het nie gestaan en wonder wat om te doen nie, nee, sy het n leeu aangevat. Ouma, ek glo klein Kristian is super trots op jou en mamma en pappa het nog hul seun. Ek glo en vertrou dat God hierdie kind gaan genees, en hy gaan n groot getuie wees van God se liefde en wonderwerke daagliks.

Louise ·

Ja nee en se maar net> Ek stem 1005 saam julle, hierdie familie het almal se gebede bitter nodig en nie nou verwyte nie.
Maar laat mens net altyd wonder as mens almal se kommentaar so lees om te weet sjoe dat mens nog FOUTLOSE mense kry wat altyd in elke liewe omstandighede kan dink en die regte ding die, REGTE KLOMP BRILANJIES!!!!!
Nodeloos om te se ek is mens wat foute maak bid vir hierdie gesin en vir daardie seuntjie mag God jou lewe spaar om eendag jou verhaal met mense te kan deel, mag God jou beskerm en veilig hou vir die wat jou nou die nodigste het. Sterkte julle

Sharon ·

Ek bid met erns vir jou Kristian…mag Jesus self jou aanraak en heeltemal gesond maak. God is n God van liefde en wonderwerke. Sterkte en staan vas in julle geloof sê nou alreeds vir God dankie vir Kristian se geneesing

Isabel ·

Ja dit is nou Maklik om te se die leeu Moes nie daar gewees het nie. Dit was en dinge het gebeur. Ek lees egter in die Bybel dat God alles ten goede laat meewerk. Ek het my kleinkind uit die dood SIEN terugkom. Niks is by God onmoontlik nie. NIKS. Ek spreek nou in Jesus Naam le we oor Kristian. Leef Kristian. Leef en wees volkome genees in Jesus Naam. Amen.

VanAfrika ·

M’Lady, nou praat jy nie die waarheid nie. Wilde diere wat hans groot gemaak word kan weer vrygelaat word in die wild. Vat die twee ouens in London, Engeland wat leeu by n petshop gekoop het, hom in n woonstel grootgemaak en toe hy te groot word hom in die wild los gelaat. Jare later toe wil hulle gaan kyk hoe gaan dit met hulle leeu, toe hulle hom roep het hy gekom, met sy wyfie leeu en twee welpies. En hy het die twee broers omhels want hy het hulle herken en sy wilde wyfie het hulle nie eens aangerand nie. Die Bornea Ghorillas wat hand groot gemaak word omdat hul ouers gepoach is, word weer in die wild vrygelaat en word geleer om weer te jag. Kyk bietjie vir n slag Animal Planet

Leon ·

Almal praat oor die leeus moes nie aan gehou gewees het nie. Die diere was in hokke gewees. Die vraag is wie het moetswillig die hokke oop gemaak om die leeus uit te laat. Daai persoon of persone is verantwoordelik vir die hele storie. Nie die leeus of hull einaars nie. Ek weens die jong seun n vinige herstel toe en vrae die Here om die ouers en famielie in hierdie tyd te dra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.