Ouers vrees vir kinders se veiligheid by skool

Ouers van die Verena-nedersetting naby Kwaggafontein in Mpumalanga was Woensdag vreesbevange nadat ʼn groep inwoners hoofpaaie en strate na ʼn plaaslike laerskool versper het in protes oor ʼn tekort aan water. Foto: ANA.

Ouers van die Verena-nedersetting naby Kwaggafontein in Mpumalanga was Woensdag vreesbevange nadat ʼn groep inwoners hoofpaaie en strate na ʼn plaaslike laerskool versper het in protes oor ʼn tekort aan water.

Volgens Linah Mashiyane, ʼn inwoner, het betogers blykbaar gesê hulle sal kinders uit die skole haal. “Ek het my kind vergesel skool toe en weer huis toe gekom, maar ek kan nie ophou dink aan sy veiligheid nie,” het sy gesê.

Toe African News Agency Woensdag in Verena aankom, was talle strate wat na die Somlingo Primary School lei met klippe en ander rommel versper. ʼn Groep leerders het op die skoolterrein gespeel en ʼn veiligheidswag het voor die geslote hek gestaan.

Volgens Mashiyane het die kraan in haar erf verlede jaar November leeggeloop. “Ek is werkloos en moet elke week water by ʼn ander inwoner met ʼn boorgat koop.”

Korombo Mahlangu, ʼn ander inwoner, het gesê hy het die waterprobleem Desember 2017 aangemeld. “Die lewe is moeilik. Soms kom daar net 20 minute per dag water uit die krane.”

Simphiwe Mashiyane, woordvoerder van die Thembisile- plaaslike munisipaliteit, het Woensdag gesê watertoevoerprobleme na die Verena-omgewing het ʼn week voor Kersfees begin. Volgens haar is dit die gevolg van ʼn gebreekte pyp.

Sy het egter genoem ʼn watertekort staar die hele munisipaliteit in die gesig.

“Ons hanteer die probleem en het besluit om water aan alle nedersettings op ʼn geleentheidsgrondslag op verskillende tye te voorsien,” het Mashiyane gesê.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê agt mense is tydens die protesaksie in hegtenis geneem en aangekla van openbare geweld.

“Die situasie is nou weer normaal,” het Sedibe gesê.

Ouers van die Verena-nedersetting naby Kwaggafontein in Mpumalanga was Woensdag vreesbevange nadat ʼn groep inwoners hoofpaaie en strate na ʼn plaaslike laerskool versper het in protes oor ʼn tekort aan water. Foto: ANA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Irene ·

Die regering en dept onderwysmoet nou hul voete neersit en regte besluite neem dit kan nerens meer so aan gaan nie asb

Jack Russl ·

Dan strek jou kennis nie te ver nie, Verena is in MP en nie Gauteng nie

Asjas ·

? Jip, MP nie GP. Toemaar, ek weet noe noe aldag waar ek myself bevind nie.

nell ·

Die berig verwys na die Verena Nedersetting in Kwaggafontein. Kwaggafontein is ‘n dorp in die Nkangala Distriks Munisipaliteit in die Mpumalanga provinsie (aldus Google).

Affie ·

Daar is mos duisend engelse skole, los die Afrikaanse skole. Trots Afrikaans

Potlood ·

Nuwe Jaar Selfde issues as laas jaar, net Groter en Wilder. Hoekom? As jy een keer weg kom met iets, sal jy mos weer dit doen.

nell ·

Ek wens mense wil hulle ego’s berê voor hulle aan hierdie platvorms deelneem en kommentaar lewer oor die onderwerp onder bespreking. Speel die bal en nie die persoon nie. As die skoen pas…

Alida ·

Ek vat ‘n raaiskoot !!! Verena is tussen Bronkhorstspruit en Groblersdal en Groblersdal is Limpopo. Nugter weet waar mens deesdae bly met al die veranderinge.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.