Ouers wag al twee jaar om grafsteen op kind se graf te sit

Christo Engelbrecht. Foto: Verskaf

Vir die afgelope twee jaar gaan ʼn hegte Pretoria-gesin, steeds in rou, elke Sondag getrou ná kerk na die Zandfontein-begraafplaas in die weste van die stad om tussen talle vervalle grafte blommetjies op hul seuntjie se graf sit “net om dit bietjie mooier te maak”.

Louis en Marisa Engelbrecht se rooikrulkopseuntjie, Christo, is op 5 November 2015 op drie dood. Hy het onverwags siek geword en moes ʼn beenmurgtoets (lumbale punksie) kry. Die toets het komplikasies tot gevolg gehad en is glo nie deur ʼn pediater reg gediagnoseer nie. Hy is gevolglik breindood verklaar en nadat hy twee keer na verskillende Pretoriase hospitale oorgeplaas is, is hy uiteindelik na die Garden City-hospitaal gehaas. Ten spyte van dokters daar se volgehoue pogings, is Christo dood met sy ouers en boetie, Coert, en sussie, Zanie, aan sy sy.

Christo is op 10 November 2015 vanuit die Gereformeerde Kerk Innesdal begrawe en in die Zandfontein-begraafplaas te ruste gelê.

“Ons het twee jaar gelede duur betaal vir ʼn diens wat nie verskaf is nie. Die metro [toe onder die ANC-se beheer] het nooit die betonstroke by die grafkoppe gelê waarop grafstene geplaas kan word nie. Toe die DA oorneem, moes ons hoor daar was glo probleme met tenders en dat daar nie geld is om dit te doen nie. My kind sou in Mei vyf geword het en ons grootste wens was om teen daardie tyd al vir hom ʼn grafsteen op te hê,” het Marisa aan Maroela Media gesê.

Louis het gesê deel van die rouproses ná die dood van ’n kind is om ’n steen op sy graf te sit. “Dié treurende pappa en mamma van ’n krulkop lieflingseuntjie is egter die reg ontneem om dit te doen.”

Die toestand by die Zandfontein-begraafplaas

Maroela Media het in Mei die metro om kommentaar genader aangesien daar nou al reeds ses rye grafte staan waar grafstene nie opgerig kan word nie. ʼn Woordvoerder van die metro het destyds beaam dat die stad baie skuld van die ANC “geërf” het en dat daar nie geld in die begroting was om die betonstroke te lê nie. Onderhoud by talle begraafplase regoor die stad het ook erg in die slag gebly.

Die metro het destyds egter gesê daar sal voorsiening vir die probleme gemaak word met die begroting vir die nuwe finansiële jaar wat van Julie 2017 tot Junie 2018 strek.

Maroela Media het in Mei tydens ʼn media-ontbyt ná die nuwe uitvoerende burgemeester van Pretoria, Solly Msimanga, se begrotingsrede hom oor die stand van die begraafplase uitgevra.

Msimanga het genoem dat die metro nagenoeg R2,1 miljoen begroot het vir verfraaiingprojekte vir die stad en dat begraafplase onder dié projekte gaan val. “Meer skoonmakers, loodgieters en elektrisiëns gaan aangestel word wat ook gaan fokus op vernuwingsprojekte en instandhoudingswerk by begraafplase.”

Met die nuwe finansiële jaar wat in Julie afgeskop het, wou Maroela Media weet wat die stand van sake tans by die Zandfontein-begraafplaas is.

Samkelo Mgobozi, die burgemeester se woordvoerder, het aan Maroela Media gesê verskeie kwotasies vir kontrakteurs om die betonstroke te lê is aangevra en ontvang. “Die voorsieningskettingbestuur-departement is tans besig om die aanstelling van ʼn kontrakteur te finaliseer,” het Mgobozi gesê.

Mgobozi het gesê die metro beskou die saak as ernstig en sal dringend aandag aan die kwessie gee. “Inwoners kan gerus wees dat die saak as ʼn hoë prioriteit hanteer word. Sodra die nodige prosesse afgehandel is sal die aanvangsdatum van wanneer die slote gelê gaan word, deur die LUR van landbou en omgewingsake, Mike Mkhari, se kantoor gekommunikeer word.”

Marisa is egter nog nie te optimisties nie. “Ons is nou al soveel keer teleurgesteld met planne wat nie op skrif is nie en klaarblyklik heeltyd uitgestel word, so ek sal ongelukkig eers opgewonde raak as ek sien dat hulle begin om hulle planne uit te voer. Tot dan, stof ons maar elke Sondag die begrafnisondernemer se naambordjie, waarvan ek al self die letters moes oorverf, af en hoop dat ek voor Christo se volgende verjaardag darem ʼn steen op sy graf kan sit,” het Marisa sy in reaksie op die metro se kommentaar gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Anita ·

My seuntjie ook nou 3. Ek voel hartseer vir julle! Baie sterkte!

Elvira ·

Sterkte maar daar gaan niks gebeur nie. My pa se grafsteen by die Militere begraafplaas in Voortrekkerhoogte is verwoes soos hulle die brons beeldjie afgebreek en gesteel het. Verassing vir my asb.

Oompie ·

My familie lê ook daar. Dit is nog steeds verval lê. Daar is werkers. Hul sit net en niks doen.

CAROL ·

Oompie – skuus hoor wil net gou-gou regstel maak asb. Die wat daar sit is nie werkers nie. Hulle sit en suip daar van 09H00 in die oggende. (weet nie wie gaan suip in n begrafplaas nie)!! Die een wat wel daar werk – se hy is privaat. Mense huur hom maandeliks om hul grafte om te sien. Hy het aan my geseTshwane doen dit nie meer nie. Dit is ons verantwoordelikheid om self na die grafte om te sien. As die graf insink moet ons self dit volmaak. Ek voel baie hartseer hieroor. Ek meen dit is mos laas waar ons afskeid van daai persoon geneem het. Ek gaan baie daarheen om te gesels met hulle. (nee ek is nie mal nie – ek voel baie beter as ek klaar daar was). Ek het al ge-epos maar ja wag maar nog vir antwoord …..

Gert ·

Ons ma is ook daar begrawe 2016. Die grafsteen is reeds gemaak en betaal die verskaffer gebruik dit maar in tussen vir n vertoonstuk in sy winkel. Hy het al n hele ry stene wat klaar gemaak is maar wat nie by Zandfontein begraafplaas opgesit kan word nie. Ons was ook Sondag daar en die probleem is mens gaan later nie meer weet waar die grafte is nie.

Johan Green ·

U kan gerus wees. Die grafboek en grafte- kaartstelsel is van so ‘n aard opgestel dat elke graf in enige begraafplaas met behulp van die registers en landmeter-kaarte geidentifiseer kan word.

Liza ·

Hier by ons het my skoonpa so “weggeraak” niemand kan ons sê waar system graf is nadat die please omgedolwe is om grafte te skuif na foutiewe u it meetings nie dis hoe kom my dogtertjie veras is

Cherokee ·

Moet nie mislees dat hulle reeds betaal het. Dit is diefstal deur die metro.

Magda ·

Baie sterkte aan die Familie – maar ook sterkte aan die DA wat al die “gesteelde geld se skuld van die ANC geerf het- wanneer gaan die skelms wat verantwoordelik is vir die diefstal eendag hulle pak slae kry – Hulle (ANC) is die mense wat die skuld moet kry oor dit so sleg lyk daar- nie die DA nie

Hannelie ·

Ditto. Waar die ANC aan bewind is, is altyd ‘n korrupte situasie met slegte skuld en leë beloftes. Sterkte aan jul, ai my hart is seer dat jul jul seuntjie so vroeg moes verloor. Dit gaan oral so, ons kan nie eens meer my skoonpa se graf besoek nie, want die “werkers” wat rondsit, wag net om jou te beroof. Dit is nie meer veilig nie, daarom ons die opsie van verassing eerder verkies.

Johanna ·

Wat n skande! Gee net nie om nie. daarom sal die werkers ook seker nie omgee nie. kyk hoe lyk dit daar!! Ek hoop na die berig doen iemand by Metro iets hieroor. Nietemin, weet dat julle rooikoppie veilig is.

Andre Steenkamp ·

Ons het die week ‘n grafsteen daar ingesit vir ‘n klient. Ek moet sê dit is skokkend hoe sleg die begraafplaas lyk. Geen onderhoud word hoegenaamd gedoen nie, maar voor jy die grafsteen insit het hulle reëls op reëls oor hoe dit gedoen moet word en indien jy nie daarby hou behoed en bewaar jou. DAAR IS NET GEEN BEHEER NIE SOOS OP TALLE ANDER BEGRAAFPLASE. Ons het al telkens die beton Berms self gegiet net om die kliënt te akkommodeer.

MARTIE ·

Ek hoop regtig die metro doen iets hieraan en vinnig ook, is daar nie privaat iemand wat kan help nie. Dit was so pragtige ou seuntjie.

Ek hoop en bid dat julle gou iets sal kan doenn dit sal nie die seer beter maak nie maar at least kan jy sy ou graffie mooi maak.

My mening ·

“Kry ‘n kontrakteur”. So word munisipaliteite net ‘n middelman wat deur ons betaal word wat dan op hulle beurt ‘n kontrakteur kry vir die werk . Natuurlik steek hulle ‘n goeie bedrag in hulle sakke waarvoor daar nie gewerk is.

Wilfred ·

Het ook familie wat daar le,hell wens ek het geld gehad om te kan help.Is hart seer.

Ai ·

Wat n pragtige gesiggie! Sjoe dis baie hartseer. Sterkte aan die gesin.

Se maar net ·

Vermom n akteur soos n Tokkelos. Los hom daar en dis laaste sien vani leegleers.

Leonie ·

Ek het 2 keer gekyk na die foto. N Engel gesiggie. Alle sterkte !

Johannes van Staden ·

Waar jy kyk het die anc alles opgemors en die DA moet nou die stukke optel met geen geld agv al die skuld !

Charmaine Coetzee ·

Moet se middelburg begrafplaas is skoon netjie en die kinder grafies word elke jaar met kersliggies versier en n speeldingetjie op elke kindjie se graf dis sol sleg on geluwfdes in so plek te laat rus as dit so gaan ek het gehoor n vrou het my gese hulle sommer iemand anders op hasr kind begrawe in sandfontein begrafplaas

Rina Potgieter ·

My ma is in Julie 2016 oorlede en ook daar begrawe. Ons wil net so graag n steen op haar graf sit maar wag ook tevergeefs.

Pik ·

Maroela kan julle vir ons die goedkeuring kry en spesifikasie dan maak ons self n plan ek is nie vertroud oor die reels maar sien Andre is in die bedryf en kan ons dalk saam n plan maak hier

A. Z. ·

Centurion Begraafplaas – ek het nou al n paar keer daar gewees die werkers wat die gras gesny het le en sit op die grafte ek het foto’s geneem wat dit kan staaf, hul het geen respek eers vir die oorledennis nie.

bgj van der westhuizen ·

die da gee die skuld vir die anc maar wat doen hulle ook maar niks kruip weg agter alles dit is tyd dat as daar betaal is vir dit en dit is nie gedoen nie is om hulle hof toe te vat dat hulle gemaak word om dit te doen of geld tug te betaal

SARIE VAN HEERDEN ·

My pa is in Zandfontein begrawe met voorsiening vir plek ook vir my moeder, maar toe sy sterf het ons haar laat veras want Zandfontein is ‘n hool en daar is al helderoordag dames verkrag en besteel. My ma, asook my man se as staan nou in houertjies op my boekerak en hulle pas my op.

w ·

Verassing is baie beter opsie. Sover ek weet sal mense wie graf opmaak en steen opsit die hele proses mut afhandel. Ek ini Begrafnisbedryf

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.