Ouers weer by skolesport toegelaat

Ouers kyk van buite die skoolgrond na hul kinders se sportaktiwiteite. (Foto: Maroela Media)

Ouers en ander ondersteuners word nou weer by skole se sportbyeenkomste toegelaat.

Dit volgens regulasies wat Vrydag deur die departement van basiese onderwys gepubliseer is. Daar word steeds van ouers verwag om die algemene Covid-19-regulasies, onder andere die dra van maskers en die handhaaf van sosiale afstand, na te kom.

Toeskouers is einde verlede jaar verhoed om langs die veld uit te span weens regulasies wat die verspreiding van Covid-19 by skole wou verhoed. Sport self mag wel sedert Oktober by skole beoefen word.

Ouers én kinders is uit hul velle oor dié besluit. “My kinders was die laaste paar maande van verlede jaar sommer depressief oor al die regulasies. Ons het gister huissport gehad met al die ouers daar en ek kan nie vir jou sê hoeveel dit vir die kinders se gemoed gedoen het nie,” sê Udelene Barlow, ʼn ma van laerskoolkinders in Pretoria. Sy sê al die ouers met wie sy gesels het, was net so opgewonde en almal het mooi by die reëls gehou.

“Daar is geen beter antidepressant as ʼn skole-sportbyeenkoms nie. My jaar het fantasties begin.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.