Ouers woedend oor ‘sataniese’ kunswerke by spogskool

Verskeie ouers van leerders aan die Grantleigh private skool buite Richardsbaai in KwaZulu-Natal is woedend nadat kunswerke van ʼn leerder waarin “sataniese” beelde uitgebeeld word, by dié Christelike spogskool uitgestal is.

Andrew Anderson, pastoor en ouer, het Maandagaand in ʼn video sy skok oor die kunswerke uitgespreek nadat dit vroeër die dag by die skool se jaarlikse prysuitdeling in die skoolsaal uitgestal is. Dié video het sedertdien soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei en wyd negatiewe reaksie ontlok.

Volgens Anderson is die leerder agter die nou omstrede kunswerke by dié prysuitdeling vir sy kunswerke vereer.

Grantleigh maak deel uit van die Curro-groep en dui op sy webwerf aan dat hy Christelike waardes en etos handhaaf.

“Ek het die uitstalling gesien en die applous tydens die prysuitdeling gehoor en ek het gevoel of ek deel was van die groep mense wat toegejuig het toe Jesus gekruisig is. Ek kon nie anders nie, ek moes buite gaan staan. Die demoniese teenwoordigheid in die saal was oorweldigend,” sê Anderson Dinsdagoggend aan Maroela Media.

Op die oog af lyk dit of die leerder Jesus onder meer as die Ronald McDonald-nar in sy kunswerke uitbeeld. In sommige van die leerder se tekeninge kan daar gesien word hoe ʼn nar vir Jesus bid. In ander word Jesus se maag oopgeskeur met sy ingewande sigbaar. Die Laaste Avondmaal word ook in die uitstalling uitgebeeld waarin Jesus se dissipels as varke en bokke uitgebeeld word.

Die uitstalling sluit nie net tekeninge in nie, maar ook beelde wat van versnipperde blaaie uit die Bybel gemaak is.

Die werke herinner aan die omstrede kunswerk getiteld “McJesus” waarin die Ronald McDonald-nar aan ʼn kruis hang. Dié kunswerk het vroeër hierdie jaar opskudding veroorsaak en is later uit ʼn museum in Israel verwyder.

Anderson sê hy het die kunswerke gister vir die eerste keer gesien, maar van die kunswerke is reeds vantevore in die skool se ingangsportaal uitgestal. Dit is egter later verwyder op aandrang van ouers.

Die uitstalling is reeds verlede week in die skoolsaal opgerig en ouers het sedertdien verskeie oproepe aan die skool gemaak, sê Anderson.

Hy vertel verder dat ʼn ontstoke ouer selfs haar kinders uit die skool gehaal het oor dié kunswerke in die saal. “Sy weier om die kinders terug te neem skool toe voordat die kunswerke verwyder word, maar die skool doen niks aan die saak nie.

“Al drie my dogters was in Grantleigh. Dit was Maandag my jongste se laaste dag in matriek by die skool. Ek kom al jare saam met die skool. Hoe kan die skool dit toelaat?” wil Anderson weet.

Anderson verduidelik dat die beelde nié verkeerd geïnterpreteer word soos sommige sosialemediagebruikers aanvoer nie. “Jy sien wat jy sien,” meen hy.

“Dit is ʼn absolute bespotting van die Christelike geloof wat uitgebeeld word. ʼn Nar spreek van bespotting. Ons leer ons kinders om God te vrees en te respekteer. As ons van Hom ʼn bespotting maak, maak ons van ons geloof ʼn bespotting en dit is wat dié kunswerke uitbeeld. Dit is die een bespotting na die ander.”

Lees die skool en ander ouers se kommentaar op die video hier.

 

https://www.facebook.com/leoni.anderson.39/videos/10157160626257912/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

156 Kommentare

Ekke ·

Nou gaan die poppe dans – vat hulle Pastoor Anderson – kry sommer vir Solidariteit ook op die saak ! Genoeg is genoeg !!!

Spieels ·

Kuns is ‘n spieel van wat binne jou aangaan. Jou interpretasie is subjektief

Tiaan ·

Spieels, dit hoort nie by ‘n skool nie. Subjektiewe interpretasie moet antisipeer word en in so ‘n opset bestuur word deur die skool. Om bloot enige iets toe te laat in die naam van ‘kuns’ is onsin.

Lizzy ·

Skrikwekkend en skokkend. Die kind het duidelik pastorale , sielkundige hulp nodig. Bid dat d Here sy siel sal red. Bid ook vir bewaring vd bose vir d res vd skool. Here wees ons almal genadig asb.

Iemand ·

Ek dink ek verstaan wat die student wil sê. Jesus het in die Bybel gemaan dat mense in privaatheid moet bid, en nie soos die Hypocrites wat heeltyd op die straathoeke staan em verkondig dat hul gelowing is nie. Mense gebruik die naam van God en Jesus ydel. Vir eie gewin. As jy op jou Facebook profile iets skryf soos “Ek hou van sport en van Jesus”, dan maak jy geloof goedkoop. Dis soos kits-kos (McJesus). Ek dink nie die kunswerke is Satanisties nie, ek dink dit wys hoe godkoop mense geloof maak.

Vera du Toit ·

Ek stem 100% saam. As ‘n skool sy waardes as Christelik ‘adverteer’, laat jy glad nie sulke beelde en prente toe nie. Moenie eers probeer skuil agter kuns nie, waar daar is regtig ‘n streep wat getrek moet word. Sal ook nie my kind in so ‘n skool wil hê nie.

Anoniem ·

Elke een kan kuns op sy manier doen MAAR as n Christelike skool moet ons waak teen die bose. Ek is self n onderwyser en as n gelowige laat ek geen kuns of prente toe in my klas wat teen God is nie. As volwassene is dit my plek om kinders op die regte plek te lei en hulle nie aan te stoot in dit wat verkeerd is nie.

Ruan ·

Waar gaan ons skole heen? Dis omdat Godsdiens uuit die skole gehaal is en daar nie meer skriflesing en gebed in die oggende gedoen word nie. On skole en veral die leerders kort gebed vir krag.

Nico ·

Ja en ook by die huis lê BYBELS in asblik, want ryk mense dink hulle het nie God nodig nie hulle het die geld.

Maria ·

My genade ek het video gesien wens kon media wys dit vreeslik …..skokkendwekkend. Wat weet ouers wat by die skool aangaan…jong net gebede. Beskerm my kind asb Here

@Maria ·

Dankie Andrew dat jy bewus maak deur jou dapperheid om ons besef wat is besig om in die land gebeur. Tyd om wakker te word. My hartbreek was in trane.

Johan ·

Stel ‘n nuwe BL aan. Gee die Hoof en enige personeellede wat hom ondersteun, die trekpas. En stel dan personeel aan wat inval by die skool se etos en waardes!

Johan ·

Die Curro-Groep doen voor om Christelike waardes te handhaaf slegs om die Christen bevolking se geld te trek na sy skole……. as die skole dan so Christelik was hkm moet mens enigsins iets betaal om jou kind in die skool te he???????

Jesus het geen betaling gevra vir sy leerlinge of volgelinge, Hy het sy wysheid en opleiding met sy Christen volk verniet gedeel….. om die waarheid te se Hy het met sy lewe betaal vir ons……

Nicolette Spitzer ·

Privaat skole moet onnies uit eie sak betaal…..

Johan ·

LOL….ja-ja Nicolette ek hoor jou en steeds kan ek nie onthou dat Jesus se dissiples geld ontvang het vir die werk wat hulle vir God gedoen het nie.

Die vraag is eenvoudig, doen jy iets vir God onder die naam Christen of doen jy iets onder die naam Christen vir geld?

Kwagga ·

@Johan……ek stem met jou saam. Dit is tragies hoe mense vandag verkondig hoe hul grootgemaak is volgens Christelike begunsels en volgens dit leef net om mense te bevark. Ek praat uit ondervinding en daardie mense kry hoegenaamd nie skaam nie.

Ons was ook betrokke by n privaatskool wat Christelike waardes voorhou om geld te maak, uiteinde, ons het bedank en kon nie langer met die valsheid saamleef nie. Die mens verkoop sy siel vir geld!!!!! Tragies en daar sal niks van kom nie

Ag regtig ·

Jy verloor perspektief Curro is nie ‘n sending of kerkskool nie. Hulle onderrig nie die Bybel nie maar wel vakke soos Wiskunde, Wetenskap en Ekonomie. Daarvoor is spesialis onnies nodig. Tot ons predikante werk vir ‘n salaris.

susan ·

Hierdie en wat by die “prestige” skool Bishops gebeur geen dissipline by onderwys en opleiding. Help nie om te brand nie.
Mense sien in goed wat hulle wil sien.

Mags ·

Johan ek wonder net werk jy vir n salaris? Gaan jy elke dag in werk toe met jou eie vervoer ens sonder om die end van die maand vergoeding te verwag?

Ronalda Botha ·

Alles is mos deesdae toelaatbaar. Niks en niemand is heilig nie. Skokkend!

GESKOK & gebroke hart ·

Die het my geruk tot in my binneste. Ek het van die kommentaar op hulle facebook blad gelees, as ook verklaring van die skool. Dit word goedgekeur deur die skool.

My dogter is ‘n kuns leerling, as sy ooit so iets moet doen, sal ek teen dit staan met alles wat in my is. Die pyn van ie man in daai is so tasbaar, ek het begin huil. Wat as almal ‘n blinde oog gooi? Ek self is ‘n kunstenaar en grafiese ontwerper van beroep. Nog nooit het ek so iets gesien nie, nooit sal ek dit toelaat laat my kinders dit tekn, “sculpt” of uitbeeld nie. Die geskeer van die bybel? Genade, hoe het die ouers van daai leerling dit toegelaat? Ja, God het daai leerling ‘n talent gegee, daarmee stry ek nie. Maar die talent is nie bedoel om HOM te bespot nie. My hart breek in stukke, ek kan net dink hoe huil God oor die.

Wilma ·

Walglik. Skokkend. Sies. Hu kan ouers toelaat dat hul kind/kinders sulke walglike dinge doen en dit kuns noem.. Gelukkige weet ek dat God Lewe en die godslasteraars sal nie ongestraf bly nie. Sies

Dirk ·

Dit was God se plan dat die leerlinge hom spot. Alles is God se plan. Niks wat iemand se trane en saniking aan die saak kan doen nie

andre venter ·

Bo alle twyfel ‘n satanis en die skool steun hom/haar. Deel maar in die sonde. Ek wil net vir die meeste wat kommentaar lewer, vra, het julle nog nie agtergekom dat daar ‘n verskil tussen Jesus en sy vader, die skepper is nie ?

Jan ·

Lyk my vanaf Richardsbaai tot Rondebosch is ons land se skole vrot. “One of the greatest problems of our time is that many are schooled but few are educated.” – Thomas More.

Jeanette ·

Dis jammer dat hulle hulself n christelike skool noem . Ek neem die skoolhoof en onderwysers kwalik dat hulle toelaat dat sataniese beelde daar ten toon gestel word. Die skool is duidelik nie n Christen skool nie en ook nie die leerkragte nie. Mens verstaan nou waarom waardes van kinders afneem, lyk my nie die ouers weet wat by die skool aangaan nie.

Werner ·

Skokkend om die minste van te se. In ons dorp het n Curro Skool oopgemaak. Ons was baie opgewonde om ons kind daarin te plaas volgende jaar, Never sal ons dit nou doen nie . Sies vir julle, Ek hoop die bestuur van Curro sorteer hierdie gemors uit.

Daniël ·

Ons moet glad nie kwaad wees vir die skool of die petetiese verduideliking van die hoof op hulle briefhoof nie. Die Curro groep gaan baie jammer wees oor die gevolge ongeag van hoe-ookal hulle dit probeer beredder.
Die uitbeeldings in die kuns is alles getuigskrifte van innerlike worsteling met kwessies wat ons siek samelewing oplewer.
Dis egter ook alles negatief, nie-opheffend, spreek van ‘religious intollerance’ al glo enigiemand dis ‘freedom of expression’.
Na gelang van die kommentare blyk dit vir my of niemand sovêr veel dink van die tema van die sogenaamde ‘kuns’ nie, ongeag geloof, dit bring ‘n walging op by moslem, bhuddis, selfs by ateïste.
Dit kan verwag word dat dit byval sal vind by diegene wat ook oorloop van haat, self-destruktiewiteit, onvergewensgesindheid, en agressie.
Jammerlik dat daar beloning is vir dit.

Kanarie ·

My kind is ook n kunstenaar en by hulle skool word geloof en politiek nie toe gelaat vir uit beelding nie. Moet die curriculums nie standaard gehou word nie? Maar onthou…spot en met jou sal gespot word!

Andrea van Vuren ·

Bog man. Die kind is dan vereer vir sy meesterstukke. Sy naam is dan mos bekend. Ek glo steeds die detail in sommige van die werke is nie ‘n minderjarige se werk nie.

N mamma ·

Ons wou ook ons kinders in die Overberg in Curro plaas volgende jaar. Daar gaan n bussie ry vanaf ons dorp. Maar na dit sal hulle net in hulle huidige skool bly.

Trotse curro mamma ·

My kinders is in ‘n curro en ons skool se standaard en christelike waardes is van die hoogste! Daar is nie ‘n beter skool!
Ek stem wel saam dat hierdie kunswerk heeltemal onaanvaarbaar.
Dis net jammer dat al die curro skole oor dieselfde kam gesleep gaan word en daarmee stem ek nie saam.

Sanet Du Toi ·

Dit is skokkend, Julle verduidelik julle is ń Christelike skool.Weet julle dat ons stryd op aarde is nie teen Vlees en bloed nie soos verduidelik in Efesiers 6 maar teen demoniese magte.Jul stel groot demoniese magte vry deur sulke kunswerke…Studeer as ń Christelike skool meer die woord van God…dan sal jul verstaan.Julle het geen reg om met Christus te spot nie. Ek as Christen sal nie stil bly of julle swak verskoning aanvaar nie.

AV ·

Hierdie is ‘n kras aanslag teen Christene en hulle geloof.

Ongehoord om van enige godsdiens ‘n bespotting te maak, selfs al is daar dan nie meer voorkeur vir Christenskap by skole nie. Respek vir ander se geloof is tog niks minder as reg nie.

Waarom word daar nie met Hindoes of Mohammedane of ander godsdienste die spot gedryf nie, maar wel met Jesus?

Hierdie hoof en sy bestuursraad moet ernstig voor stok gekry word.

Oupahen ·

Hoekom het die pastoor dit nie van die mure afgeruk en opgeskeur nie?

Hanna Hoekom ·

“Kunstenaars” sal dit nie waag nie! Daar sal fluks bomontploffings en ander slagtings volg sou hulle aan die “godsdiens van vrede” durf raak. Ons almal weet dit.

Clown spotter ·

Mnr skoolhoof. Jy het geen respek vir Christeskap nie. What a joke! If I was a parent of a so-called Christian school, I would have you removed. What a disgrace.
“IF YOU STAND FOR NOTHING, YOU FALL FOR EVERYTHING”
May God have mercy…

Angelo ·

Ek kan nie glo die skool sien dit is kuns werke nie.
Verwyder dit so gou as moontlik!!!!!

Estelle ·

Absoluut walglik!!! kan nie glo dat ‘n skoolhoof dit toelaat nie. dit is duidelik dat hulle nie hulle skool se leuse respekteer nie.

HEVW ·

Almal daarby betrokke die skoolhoof, onderwyspersoneel wat goedkeuring daaraan verleen en dit verdedig moet met onmiddellike efek afgedank word. Hierdie kunswerke hoort by die leerder en sy ouerhuis sodat hul elke dag teen die hel kan vaskyk. As dit dan hul keuse is.

Martie ·

God wees ons asb genadig….die mens weet nie wat hy doen nie

Wielspore ·

Die verantwoordlikheid is by die Curro groep om die skoolhoof en die kuns onderwyser te ontslaan weens haatspraak teenoor die christelike gemeenskap. Die mense regte kommissie moet in kennis gestel word van die saak en nodige stappe teen die persone en skool te neem. Die leerder kort ‘n paar lesse in respek, dit is jou saak as jy geen geloof het, maar moet nie christene beledig. Mag God jou tot beter insigte bring.

Johan Human ·

Onderwysers moet ook verantwoording doen. Dit is onaanvaarbaar, skokkend………..

GEWETE ·

Hierdie “kuns” is heeltemal onaanvaarbaar vir enige Christen wat die Here ken. Nou moet ‘n lyn getrek word. Ook juis deur die Afrikaner Christelike Gemeenskap..

Sanet ·

Daar is nie woorde om dit te beskryf nie. God slaap nie. As die kinders eers begin met satanspeletjies is daar nie omdraai nie. Bid soos nog nooit tevore vir ons kinders nie! Dankie pastoor Anderson – dat jy opstaan vir Jesus!!!!!!!!!!

Tilly ·

ek voel siek, net om daarna te kyk.ONS GROTE GOD, ONS EER U EN LOOF U. Here verwyder die demone wat ons land so aanval deur ons kinders. Heer waar U is, kan niks ons raak, daarom bid ek vandag dat U nie hierdie dinge sal dult nie, maar dat u ons sal verlos van die bose. In U naam AMEN. ALLE ERE AAN ONS LEWENDE GOD.

Annelize ·

Wat is ons besig om aan ons kinders te doen? Hierdie moes as ‘n soort opdrag gekom het anders sou dit nie so eksplisiet deel gewees het van die uitstalling nie. Suid-Afrika, Curro, Ouers, kinders, kom skrik wakker!! Ek bid dat iemand sal ingryp en hierdie kinders, skool en onderwyser wat dit toegelaat het sal vergewe en herstel. Ek is hartseer as ek hierdie dinge sien en dan besef ek net weer hoeveel genade ons daagliks nodig het.

Shalom ·

Andrew sê ‘n baie waar ding. Was dit die koran was Moslems wêreldwyd in opstand en die kunstenaartjie se lewe in gevaar.

Daai is walglike sataniese simbole… En onwaar. Jesus het klaar die bose oorwin.

Liewe kunstenaar… Ek bid vir jou vir bevryding. Onthou Jesus wat hy so bespot, het vir jou ook gesterf, is way sterker as satan. Onthou jy sal nooit te sleg wees vir Jesus nie.
Maar ek bid ook vir die onderwysers wat so verblind word deur “talent” dat hulle nie die bose raaksien nie.

Maar ja, almal dink mos haloween is cool.

Word wakker Christene. Staan op teen die bose.

AB ·

Ek bid ook vir daardie kustenaar! Ek bid dat sy beker sal oorloop van dit wat hy verdien!

Is daar Hoop? ·

Ek het die rasionalisering van die student gelees oor hoekom hy die gemors gemaak het; Ons kan net bid vir sy siel. Mense sal nie deurdring tot hom nie, slegs Goddelike ingryping sal sy siel kan red.

Valerie ·

Marius, daar is 10,000 ander maniere om daai boodskap te bring sonder om Jesus te bespot, maar “kunstenaars” skuil agter vieslikheid en noem dit kuns. Was daar, lank terug gelede al. Meeste stand-up “comedians” kan nie wag om op die verhoog te kom en godslasterlik te wees en na privaat dele te verwys nie, want dis mos kamtig ‘n kuns. Nope.

LK ·

Die beskrywing —-Warm onder die kraag is baie baie lig gestel. Ek is woedend sal daai “kunswerk” iewers opdruk waar dit hoort.

Skerpioen ·

Dan haal ek maar my kinders uit die skool en begin met home schooling by die huis. Dis bitter bitter hartseer wat hier gebeur het. In Openbaring staan daar dat dit egter nog erger en erger sal gaan. Maar God sal genadig wees vir die een wat vas staan in sy geloof. Ek bid dat die Heilige Gees hierdie kunsternaar hierdie kind hierdie verlore siel sal kom verander en ook red.

Valerie ·

Dis jou keuse om te dink dis die snaakste ding ooit. Niemand gaan jou veroordeel nie; jyself gaan dit doen. Jou keuse; vrye land.

Harry ·

As daar in enige plek se naam christelike of christen voorkom skyn die rooi ligte helder bly weg van so n plek dit is net moeilikheid ek praat van ervaring

Marius ·

Hulle is slim want die kunstenaars mag nie genoem word omdat hulle minderjaarig is.

Phillip Jessen ·

Ek het van oggend die video gesien en nou is dit waar sjoe het hom ook aan my vriende gestuur hoop hulle jaag daai hoof weg skors hom sonder n sent

HetMari ·

Dis skokkend en terwyl ek dit kyk kom ek tot n baie skielike besef….: Ons kla oor n land wat uitmekaar val.. bid ja ons moet.. MAAR ons moet opstaan ook en veg vir ons God. Ons moet Sy Woord verkondig en besef Hys nie n patetiese god nie Hys die Koning van die Heelal..en ons tyd loop uit! Ek dink ons Christene sit graag handjies gevou en bid. En dink “dis wat Jesus sou gedoen het..” Nee ek glo dis n verskoning wat ons gebruik om agter weg te kruip… Hy het kwaad geword ook.. Bome vervloek, tafels omgegooi, mense met n sweep verjaag, oor handeldryf in tempel…Hoe swaar het God nie Israel gestraf omdat hulle nie opgestaan en geveg het vir Hom nie.. Ons moet begin optree DAADWERKLIK. Kinders uit sulke skole haal en gaan bid by daai skole waar die duiwel die botoon voer! Ons moet petisies optrek en betrokke raak…Onderwysers afdank…Mag ons Here ons genadig wees want ons vou ons hande, stuur n skietgebedjie op en voila!! Hierdie land is gedoem as Gelowige Christene nie gaan begin hulle kant bring nie!! God sou Sodom spaar vir 10 daadwerklike gelowiges..

MIA ·

Dit is so skokkend !!!!! Kan nie verstaan dat n Christelike skool dit kan toelaat nie.

SPROETJIES ·

Here HELP!!! Dit skreeu teen die Hemele uit, vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.

Mimmi ·

As daai skool rerig Christelike waardes gehad het sou hulle dit NOOIT toegelaat het nie!

Spioen ·

Ek wonder net as hulle “muahmmad” in die moslem geloof so uitgebeeld het as ‘n nar, wat sou gebeur het? Jy hoor nie ‘n dooie woord van die Christelike Kerk raad af nie, want kyk jy moet mos die ander wang draai…

se maar ook net ·

wow ek het gedink die mense oordryf alweer tot ek die video gesien het as daai nie direk satanisties is nie weet ek nie wat is nie daar is nie ‘n ander woord vir dit nie, mense al wat ons kan doen is om op on kniee te bly en te bid dat die kind se siel gered kan word en die mense wat dit goedkeur en prys tot verantwoording geroep word. Dat die kind ‘n gawe het vir teken is beslis maar DIE werke is gin kuns nie!!!! Ek het gedink niks meer in die land kan my skok nie maar om so iets te prys is ‘n klap in ‘n Christen se gesig!!!!

Adri ·

My kommentaar het seker nou nie veel met die kunswerke te doen nie, maar ek hoop dat elke liewe een sy lewe volgens die Bybel lewe…volgens die 10 gebooie. Jy mag nie haat nie…niemand nie…jy mag nie oordeel nie…niks en niemand nie.

Uit ondervinding het ek al gesien dat Christene n bespotting van hulle eie geloof maak…gebruik die Bybel waar dit hulle pas, glo in die Bybel net die stukkies wat hulle wil.

Ek hoop ook dat dit wat julle in die Bybel lees letterlik op geneem word…”soos wat jy sien is wat jy sien”.

Klink my ons moet mense begin met klippe bestook.

Aster ·

@ Petro…ek stem, brand ook sommer daai kuns en beeldhouwerke!!

Liza ·

Dis skokkend om die minste te se….. Waar is al ons Christelike waardes…. Ek as ouer sal dit nooit toelaat dat my kind so ‘n projek aanpak nie….. Here Jesus vergewe die mens

Spioen ·

Wat sou gebeur het as daar so bespotting van “muhammad” van die moslem geloof gemaak was by die skool??? Almal weet wat sou gebeur het. Maar soos gewoonlik het die Kerk Raad in SA geen woord geroer oor dit nie, asook nie na menseregte kommissie toe gegaan het nie. So nou wat nou? Draai ons maar die ander wang?

Jan Aucamp Seerot ·

Nee wat, hierdie is uiters swak oordeel van die skoolbestuur. Daardie werke hoort nie daar nie. Glad nie, Nooit nie.

Sies ·

Dis walglik om die minste te sê. Hierdie tipe “kuns” moet altyd veroordeel word en verwyder word. Ek dink daai tiener kunsternaar het of depressie of een of ander vorm van geestesteuring. Geen regdekende mens sal die as kuns aansien nie. Die voel vir my na n noodkreet van die kind se innerlike demone.

Vra Net ·

Waar is die kommentare van die Christen leiers in ons land, Oom Angus Bucham, Andries Enslin, tradisionele kerke en nog vele ander wat elke week op televisie is. Hoekom word die uitroep van God se kinders nie ondersteun nie. Julle en ander verkondig sondag na sondag die woord onbevrees van die kansel af. As daar so met Mohammed gespot geword het was daar nou chaos van die Islamiete af. Of is julle ook maar gewoonweg lafaards wat bang is om op te staan vir die God omdat Hy net vir julle salarisse sorg?

HetMari ·

Walglik!! En mense kla oor omstandighede soos moorde, droogte… N volk van God verwyder, dis wat ons besig is om te word. Ek kan net smeek O Here wees ons genadig!! U Woord sê self “Vreeslik is dit om te val in die Hande van die Lewende God!” Omdat God lankmoedig is, is nie n teken dat Hy alles oorsien nie. n God van Liefde, maar ook n jaloerse God vir Wie die wraak toekom. Mense ons tyd loop uit. Om fyn te trap met diesulkes maak ook van ons n vyand van God. Jesus Self het kwaad geword, mense met n sweep verjaag, bome vervloek.. Gelowige Christene kan hier nie handjies vou in die naam van liefde nie. Laat ons opstaan vir ons Lewende Ware God!

Maddie ·

As die kunstenaar ‘n warm reaksie by my probeer uitlok, het hy/sy duidelik gefaal.
1. Ek bid vir jou.
2. Jesus het nie so gelyk nie. Dit is
n komersiële foto van sy beeld
wat jy gebruik.
3. Die duiwel wat almal uitbeeld…
ook verkeerd.
Jy het duidelik nie jou huiswerk gedoen nie. Ek kry jou eintlik jammer. #Justmyopinion

Spieels ·

Kuns is n spieelbeeld van wat binne jou aangaan. Dit se nie hoe jy dit moet interpreteer nie. Jy besluit dit met wat binne jou aangaan

Ron ·

Die skool het n vloek geword deur dit toe te laat en te vereer!
Hoe kan n maaksel sy Skepper so minag sonder om die oordele van GOD nie te ontvang nie en ook diegene wat met hulle saamstem ?
Hoop elke christen kind word uitgehaal deur die ouers of loop self!
God Leef !
Jesus Leef!
Heilige Gees leef!
Wanneer jy deur die dal van doodse skaduwee gaan eendag of binnekort . . . sal jy ook erken GOD LEEF!

Isa ·

Dit is skokkend, kan nie glo die skool laat dit toe nie hulle leuse “TO GOD BE THE GLORY” hulle maak ‘n bespotting van my GOD. Mag SY toorn julle tref dat julle die skool se deure moet sluit tot julle tot julle sinne sal kom en besef GOD LAAT HOM NIE BESPOT NIE.

Sterkte vir jou ook pastoor en dankie dat jy dit onder ons aandag gebring het, ons stuur ons kinders na skole om opgevoed te word se nie veel vd onderwysers nie……..

Juffrou ·

Die matrieks werk al ‘n l-a-n-g tyd aan hierdie “kunswerke”. Waarom het niemand by die skool dit raakgesien vir wat dit werklik is nie? Geen skool sou dit waag om so ‘n bespotting van Mohammed of Islam geloof te maak nie. Die verskoning van “kunsvryheid” gaan nie goed af nie …

LANA ·

Wat ‘n afskuwelike gemors!!
Julle is besig om die toorn van God op die hals te haal.

Karinda ·

Ja pappie is seker op die beheer liggam so nou word die sogenaamde kuns toegelaat. Pateties!! Ek is trots dat 99% van die kommentators hul hulle stem laat hoor. Daar is niks kunstig aan die goed nie. Kind ek bid vir jou! Daar is verseker ernstige fout in jou kop en lewe.

Nika ·

@ Nie ‘n statanis nie… ja want in die 18de en 19de eeu het mense nog God se Woord uitgeleef en gedoen doen soos wat die Woord van God sê jy moet doen met hekse en duiwel-aanbidders, jy mag hulle nie laat lewe nie en ook so met mense wat gay is. Mense regte het oorgeneem en nou is dit wettig om beelde van satan in n Christelikke skool uit te stal, gay te wees en in die kerk te trou en die sataniese geloof uit te leef! Mense vrees nie die Here. Dis so snaaks want as die Mohammed was of iets met Islam en die skool word gebom sal niemand n oog knik nie maar laat die Christene ongelukkig is oor iets dan is ons skeinheilig en oordeel. Geen mens is sonder sonde nie maar in die Woord staan gaan heen en sondig nie meer nie. Vir jou om uit te wys die Christene is skeinheilig maak jou ook skuldig aan skeinheiligheid. Hou ook in gedagte dat n verhouding met die Here n pad is wat jy elke dag moet stap en dit is n verhouding wat dood loop as jy jou rug op die Here draai, daar is mense wat net op Sondae kerk toe gaan en die res van die week vergeet hulle van God, dit is ook nie hoe Christenskap werk nie. Nie alle Christene preek een ding en lewe n ander nie daar is van ons wat ons liggies laat skyn.

Charmain ·

Kom ons wees nou maar reguit hier.. hierdie is geen kuns nie punt, die goed is beslis gemaak uit die vyand se hand en denk wyse… as die kind dan nou “konsuins” wou aandag trek met die twak hoekom het die onderwysers nie werk gemaak aan die probleem nie. Hierdie leerder het beslis te doen met satanisme. Maruis asb ons leef nie in n gekke paradys nie ou, wat het McDonalds enige iets met Jesus te doen? hierdie het niks met kos uit te waai nie! Dis absoluut n disgrace en skokkend. Volgens Facebook is die hoof se kommentaar: I dont fear God! Vat asb daai hoof aan sy kraag en wys hom die deur na sy kar toe, die is nou 1 van die perfekte voorbeelde hoekom dit met ons mense in die land so gaan, ons kan nie saam staan en saam n besluit neem en dit uit voer nie NEE almal wil net tog ietsie se!!! Dis ons skole en dalk die laastes ook, laat ons asb saam n besluit maak vir ons kinders se toekoms en los nou maar die ou storietjies vir n ander leeftyd. Die leerling en hoof sowel as onderwysers moet uit gesort word hulle word betaal om hul daar te wees hul moet hul werk begin en rigting pluk.

Leonard van der Dussen ·

God laat soms die bespotting lank toe, maar verdra dit nie. Ons moet ons bekeer! As land, as volk, as kerk: hierdie uitwasse noodsaak ‘n herbesinning of Christelike onderwys werklik die absolute eer van God bely, en of dit maar ‘n aanplaksel van ‘n soort waardestelsel is waaroor mense maar kan besluit hoe dit toegepas word. Daar is ‘n mode om die die onderwysdepartement aan te val oor sulke dinge en nog ander: gaan daar ‘n helder en duidelike boodskap van burgerregte-organisasies aan Curro en die IEB uitgaan dat God se heiligheid bely moet word ten alle koste?

Anon ·

Ons moet ons bekeer? Het die ons waarna jy verwys hierdie kunswerke gemaak? Het die ons waarna jy verwys hierdie uitstalling toegelaat en ondersteun? Nee, begin bietjie nadink oor die “ons moet ons bekeer” dwepery waaraan jy onskuldige bekeerdes bind!

Leonard van der Dussen ·

Natuurlik is die een se sonde nie die ander s’n nie, maar as dit moontlik word in ‘n samelewing dat daar wel onderwysers en bestuurders is wat dink dis maar reg dat sulke “kuns” gepleeg word, stem dit elke gelowige om opnuut te besin, en ‘n land om te erken dat die verdraagsaamheid ter wille van mense se regte te ver gegaan het. Die reaksie om nie raak te sien dat ons almal opnuut oor ons eie sonde, en ook vir die gebrek aan getuienis om die atmosfeer te verander dat hierdie lasterlike “kuns” nie na vore sal kom nie, dat ons ‘n ware gelowige gemeenskap van Christus sal wees, moet nadink, is opsigself kommerwekkend. Alles is net genade!

Magda ·

Brand af – brand af – Satan se kinders – SHAME ON YOU

Stoffel ·

Die skoolhoof behoort summier afgedank te word. ” To God be the glory” maar nooit uitgespel wie is hul god nie.

Johann ·

Gaan lees die skool se amptelike reaksie. Nimmer een word die boosdoener se “perspektief” verdedig en regverdig!!!!!!!!! En dan n blatante miskenning van enige verandwoordbaarheid van die skool af??????SHAME IN YOU!!!!!!

Rainer ·

Word dominees en pastore nie ook betaal nie? Of lewe die van lug en liefde?

Engela ·

Hierdie is glad nie kuns nie. die is absolute bespotting van ons VADER.
Hierdie kind het dringend hulp nodig. Wat moet in sy gedagtes aangaan as hy sulke tekeninge maak.

HS ·

Slaan en skeur die goed stukkend!
Steek die plek aan die brand! Dit is mos wat die res van SA doen wanneer hulle ontevrede / ongelukkig is met iets.

jo ·

Ja nou kry die skoolhoof en onderwysers en wie ookal die skuld! Vra liewer hoekom sien jou kind die onderwerp in so siek lig? Die skool het dit miskien toe gelaat maar is hulle werklik vearntwoordelik vir die kind se seining? Miskien is so uitstalling nodig meneer en mevrou sodat jy kan sien wat in jou kind se kop aangaan!

dolphin ·

sies hoort te skaam .verander die gedagtes na Jesus toe .jesus maak ons sondes vry.amen…

Mo ·

Die natuurlike mens haat God, hierdie is maar net sy hart waarvan die brieke afgehaal is…

Mm ja nee ·

Ek sien hierdie “kunswerke” as n spieelbeeld van presies wat oral om ons aan gaan. Die leer wat ek hier uit leer is dat dit eintlik oral Goddeloos is wat ons nie eers meer raak sien nie…

Ateïs ·

AI julle gelowiges! Die Bybel, veral die ou testament, is ‘n grustorie. Baie van die stories in die nuwe testament is net dit; stories. Onwillekeurig dink ek aan nog ‘n legende: Racheltjie die Beer. ‘n Storie wat net ‘n herhaling van ‘n Amerikaanse legende was. Skaam julle nie vir julle om nounog te preek nie! Of is die geld goed?

Michelle ·

Ek was in my hele lewe nie so kwaad nie!!!!!Wat gaan in hulle koppe aan?!!!! Boikot die skool!!!

legens ·

Adri
die probelem met hierdie tipe gelowige is dat die nie net gepla is oor wat in kuns toelaatbaar is al dan nie , maar hoe jy jou seksualiteit ook uitoefen .
dit is tyd vir die wegraping dat daar vrede en liefde op die aarde neerdaal .

Kobus ·

Ek dink dis tyd dat elke een van julle mooi in jul bybles gaan lees wie Jesus regtig is… N vriend van sondaars… He who has no sin cast the first stone… Die kind skree dalk vir liefde en aandag om te weet wie en wat Jesus is… Wat sou jy wou hê moes ander mense doen en sê as dit JOU kind was ? Jesus is liefde gee hom liefde dis al wat hy kort..

Neels Wijkamp ·

Kobus ‘n goeie pakslae is die regte antwoord. Maar met so ‘n apologetiese houding voed jy nie op nie – jy laat toe! En as jy toelaat dan is jy ook skuldig hieraan!

Jean ·

Dink net aan die kuns styl van die matriek kind en hoeveel skade hy/sy bv oor tien jaar periode gaan doen…..daar moet opgetree word, mens kan mos nie die gemors toelaat nie…..

Morris ·

Dan bid ons vir reen. Ons wonder hoekom val R S A uitmekaar. Dan wonder ons wat het ons gesondig. Jammer Cirro julle sal antwoorde moet gee. Dis siek.

Leandri ·

Praat vir jouself Harry. Mense verskil en mense se ervarings verskil. Ek praat ook uit ondervinding. Ek was in ‘n wonderlike Christelike skool en is nie een dag spyt nie. Niks is op ons afgedwing nie en niemand is verstoot nie. Geen plek en geen persoon is perfek nie. Leef en laat leef. Moet asseblief nie alle Christelike instansies sleg maak nie… Dié video breuk my hart. Ek hoop die kind kry die regte ondersteuning. Hy/sy, het al die liefde in die wêreld nodig. Die kunswerke skree vir hulp…

Waarheen Nou ·

Dit is duidelik dat ons nie meer ons kinders na staatskole en baie privaat skole kan stuur nie. Die enigste alternatief is dat ons moet kyk na tuisonderrig waar ons seker kan maak dat ons christelike en morele beginsels gehandhaaf word en by ons kinders vasgele word. Ons as ouers sal maar doodeenvoudig daardie ekstra moet doen en nouer betrokke raak byons kinders se onderrig om ons kinders nie in die steek te laat nie. Daar is genoeg aktiwiteite wat aan delgeneem kan word binne jou eie kulturr om kinders sosiale interaksie met andere te kan he en blootgestel kan word, binne jou morele waardes. Ek het dit al in 2006 toegepas en albei my kinders is suksesvol in die samelewing geintegreer met respek vir almal, maar behou en leef hulle morele waardes en kultuur uit.

Winx ·

Al wat nou voorgegooi gaan word deur die voorstanders van die absolute twak wat as kuns deurgaan (en nogal beloon word) is human rights en freedom of expression…. dis waar alles lankal verkeerd begin gaan het…. die regte van mense is eerste gestel en opgehef bo die wette van God. Wat ‘n tragedie. Ek bid vir die wegraping en Wederkoms om ons as gelowiges te verlos van hierdie siek, siek wêreld.

M ·

Ek sukkel om die regte woorde te kry, dis by verre skokkend. Uit biljoene mense of wesens wat geleef het, steeds leef en nog gaan leef kies die “kunstenaar” om my God te laster. Waar is mense se selfrespek deesdae, want wanneer jy respek het vir jouself sal jy vir ander respek kan he. Maar opvoeding begin by jou ouerhuis. Hoe laat ouers hierdie dinge toe? Daar moes ‘n tyd gewees het wat hierdie kind ‘n gelowige was want waarvandaan die Bybel, maar dan voel ek ook jammer vir hom dat hy voel God hom verlaat het. Dan verstom dit my dat onderwys departement hierdie dinge bloot stel. Die tyd het gekom dat ons werklik vir hierdie boosheid moet intree. Bid ook vir hierdie kind se siel dat hy uit die kloue van die vyand en sy demone bevry sal word, want net God kan hom red

Johan ·

Ek wil net se, almal kla en met reg maar nie een van ons doen iets nie. Ouers en kinders in daai skool moet die kind se naam bekend maak en iemand moet iets doen! DAAI HOOF EN ONDERWYSERS IS NIE ONSKULDIG NIE! Julle in die skool het dit uitgestal so volgens julle is dit baie goed so goed dat dit aan almal vertoon moet word. daar is geen reel in enige skool dat kuns uitgestal moet word nie, nee julle het besluit om dit te doen. die vraag is wat kan ons doen? eenstens as Christen verwyder jou kinders van n skool wat hulle voordoen as skool wat Christelike waardes voorhou en dan sulke werk uitstal. Ek verag enige persoon wat nou deel is van die Curro groep.

Esther ·

Bietjie kortsigtig van jou. Leer jou kind wat reg is en wat verkeerd is. As geloof voor opleiding kom by jou is daar iets verkeerd met jou.

Elmarie ·

Mense asb kom ons kyk nie hierna met ons emosoes nie hierdie seun beeld uiy hoe vals die christine van vandag is hoe ons n bespotting maak van God met ons valse leering en preking hy wys hoe die valse profete God se woord misbruik om geld te maak hoe kerke n Geldmaak besigheid geword het hoe die christine van vandag n quick fix (Ronald Mcdonald) soek as dit kom by christen skap die kind se motiewe is suiwer en wat eintlik skokkend is is dat ons eers dmv so iets geruk moet word maar al die valse prosperity teaching gay dominies aborsies etc word net aanvaar die kind is ongelooflik talentvol en begaafd en 100% reg ps diebybels is fotostate

Ywerige Koerantlesertjie ·

Die bybels in winkels is ook afskrifte van die oorspronklike Woord… met Woord was die wereld geskape… God het gesê laat daar lig wees, hy het nie balletjies glas gerol om die son en maan te maak nie. Hy het gepraat met sy mond, woord ongeag of dit op skaapvel op sneesdoek ‘n herdruk of ‘n foto is bly woord… wat van Hom af kom. Die kunstenaar spot, en die skool laat dit toe.

AndrewL ·

Onder die vaandel van Christenskap het Curro net hul ware identiteit gewys. Sal hulle dieselfde tentoonstel as die Moslem geloof en Quora gebruik word? Of sal dit aanstoot gee?

Derick ·

Dan wonder ons hoekom is dit so droog, hoekom reen dit nie.
Hoekom is misdaad so hoog.
Hoekom is die ekonomie so sleg.
Omdat ons ons rug op die Here gedraai het.
Wens die mense wil ons God dien soos die Moslems hulle Allah dien.
Hulle is fanaties oor hulle godsdiens, terwyl ons Christine maar so koud en louerig die Here dien.

Charlene ·

Wanneer n persoon studeer vir onderwyser doen hul ook sielkunde, so die moment to die leerder met die goed daar op gedaag het moes hy/sy dadelik vermoed het die leerling het n probleem. Daai goed moes nie eers verder as die hoof se kantoor gegaan het nie, so ja die hoof en onderwysers het skuld hier aan. As jy jou kind goed opvoed met liefde en liefde van die Here, sal jou kind nie bybels verplunder en beelde van Satan maak nie.

Nie regtig nie ·

Charlene ek is gemolesteer deur onderwysers wn familie lede. My hele lewe was ñ uitroep vir hulp. Hulle sien net wat hulle wil sien – en sê vir jou mede studente: ag sy is so ñ goeie atleet, akademies sterk, as sy nou net ñ ander persoonlikheid gehad het.
Hierdie kind pleit lankal vir aandag… soos ek, het hy duidelik nie baie liefde in sy ouerhuis nie en die liefde & aandag waarna hy smag, kry hy ook nie by onnies nie.
Nóú het hy almal se aandag en gaan hy ekstaties bly wees vir ñ rukkie….

Gabby ·

MyMening, die lappe is die minste van hierdie probleem, daar is n groter prentjie …ons kinders se opvoeding wat ons in skole se hande los en met skok besef dis n groot fout…

Grys ·

Afrikaners gister teen sensuur is vandag vir sensuur. Dis sy vryheid van spraak, sy reg om dit uit te beeld insluitend spotprente van moslems of enige ander. Daars kerke wat bedrog pleeg, tans klein seuns seksueel mishandel en jul huil oor ʼn paar prente en beelde ?

Helien ·

Dit is n skande dat dit so in ons skole en self die land aan gaan. Wonder baie keer hoe De Klerk voel om te sien in watse gemors hy die volk gelos het. Ek wens God wil aarde toe kom en ons land kom skoon maak, Ons het hom so nodig en kan nie die dinge allen doen nie.

Michael (... wat beteken "Wie is soos God") ·

Omdat hierdie baie dramatiese en skokkende uitbeeldings is wil ek tog net ‘n opinie tot nugterheid uitlig…

Ons moet net oppas, of seker maak, dat die kunstenaar/s nie in werklikheid die korrupsie en boosheid van ‘n verbruikers/kitskos kultuur op die aard en waarheid van die Christendom het nie.

Dit is dalk ‘n refleksie op wat die mensdom reeds met die Christendom gedoen het, in die hoop dat mense moet besef dat ons kerke reeds die Woord en die Waarheid aan McDonald’s en Satan oorgegee het.

As so ‘n motief die waarheid is dan is hierdie uitbeeldings juis bedoel om Christene tot introspeksie te roep, van uit ‘n diep en seer werklikheid van ons goddeloses toestand.

Die regte ding om te doen is om die Heilige Gees se invloed in die kunstenaars se harte uit te vind en nie ons eerste reaksie sonder die inspraak van die Heilige Gees los te laat nie.

As dit blyk dat die kunstenaar/s bespotting en godslastering in hulle harte bedoel het sal dit ook aan die lig kom en God se geregtigheid sal geskied.

JJ ·

Ja ja. definitief bid en vir die Heilige Gees vra vir leiding en hulp vir die wat betrokke was…..maar as die Afrikaner net weer dit aanvaar en nie eens so skool wat dit verdedig booikot, dan is ons maar net weer die volk wat laas saamgestaan het met DeLaRey

Helien ·

Skande is al wat ek kan se wonder waar die land gaan eindig

Adam ·

Ek gaan nie die video kyk nie en ook nie vir die kunstenaar preek nie, maar sal graag wil weet hoekom skilderye met ‘n godsdienstige tema so prominent in die skool vertoon is terwyl die Dept van Onderwys “hellbent” daarop is om nie godsdiens in enige leerder se keel af te druk nie. Die Dept behoort summier teen die hoof op te tree.

Herman ·

Dit is skokkend en Godslasterlik ! Die skool behoort aan alle christene n verskoning aan te bied vir die lastering wat onder die naam van kuns daar toegelaat was .

Santjie ·

Moet nie nou alle Curro skole onder dieselfde kam skeer nie. My kleinseun was in Curro Durbanville en het ‘n baie goeie Christelike opvoeding gekry by die skool.

Janco ·

Santjie, het jy die Curro-groep se jongste verklaring op Maroela Media gelees? Daarin verdedig hulle hierdie walglike uitstalling.

Liezl ·

Maak nie saak nie Santjie, As jou naam Curro skool is, dan behoort jy tot ‘n groep. As jy NG kerk is, behoort jy tot die Sinode. As jy Pick n Pay is, dan behoort jy tot die groep. As 1 ou nonsens aanjaag, dan is almal onder dieselfde vaandel en moet almal versigtig trap en moet hulle antwoorde reg hê van hoekom dit gebeur het. As Curro Durbanville ten sterkste gekant is teen dit, dan moet hulle opstaan en dit beveg. Dit sal hulle naam ook wees wat daar onder lei. Maar kom ons kyk maar wie staan regtig op. Die pappa is ‘n held in my oë. Dis ‘n skokkende, diep ontnugtering!

Anni ·

Ek haal my hoed vir hierdie ouer af wat hierteen opgestaan het, en dit op sosiale media versprei het. RESPEK!

Wendy Hebbert ·

Op ‘n ander blad het iemand gevra “wat sou die skool se reaksie wees as die seun die hoof in plek van Jesus uitgebeeld het?” Ek dink die antwoord gaan wees: Dis ONAANVAARDBAAR om van jou skoolhoof so ‘n bespotting te maak!! ……. maar om ons God so uit te beeld? ????????????????

Trotse Kruinie mamma ·

My 2 kinders is in Curro en ons skool se standaard en christelike beginsels is van die hoogste! Ons is baie gelukkig in Curro. Ek stem wel saam dat die kunswerk onaanvaarbaar is. Dis net jammer dat al die Curro skole oor dieselfde kam gesleep gaan word en daarmee stem ek nie saam nie. Mag God sy hand om ons almal en ons kinders hou.

Apie ·

Het enige iemand dalk al probeer vasstel wat die kind eintlik met die uitbeelding wou se? Dalk is sy boodskap juis teen die spot wat met Christine gedryf word en hoe die Bybel deesdae geen waarde in ons samelewing het nie? Dalk is daar eintlik ‘n positiewe boodskap in as negatief.

HD ·

Julle die mensdom is boos, kyk wat doen mense aan mekaar, aan diere en ons planeet.

Al hoe minder gelowige mense. Vir my ook baie erg om daarna te kyk en tog wil ek vra as jy ‘n uitbeelding moet maak van die wêreld en mensdom, wat jy hoor en sien en wat om jou aangaan, of na aan jou al gebeur het, hoe sal jou kunswerk lyk?

En ek praat nie die uitbeelding enigsins goed nie…wonder maar net uit ‘n ander perspektief of dit ‘n uitbeelding is van hoe siek die mensdom is en hoe ver ons van God af leef.

My mening ·

Absoluut siek! Wat gaan in hierdie kind se kop aan?! Hoe boos is hy/sy. En dat n skool dit toelaat en ouers dit toejuig?! Boosheid is regtig los in hierdie skool. Curro maak n bespotting van God. Ek kan net nie glo en verstaan hoe n skool, veral n skool met Christelike waardes, so iets toelaat en verdedig nie. Ek is so dankbaar dit het uitgekom wat hulle werklik is sodat minder kinders hopelik deur hulle vir die bose gewerf kan word.

Ollie Olivier ·

My Liewe Vriende

Kalmeer en bid vir die “kunstenaars”. Dit is nou nodig om saam te staan in gebed! Asseblief, ek pleit dat ons, as gelowiges, nie nog verder verdeel nie. Die basiese waarheid is eenvoudig. Ek is bereid om te wet dat diegene (Menseregtekommisie) wat dit moet aanspreek, nie as ‘n menseregteskending sal erken nie . So bedaar, ons Hemelse Vader wat was, is en altyd daar sal wees, is saam met ons.

Onnie ·

Ek is ‘n onderwyser by ‘n skool wat neutraal teenoor godsdiens/ras/kultuur staan. Christen, Moslem en ateïs is almal ewe welkom. Maar onder geen omstandighede word dit geduld dat een mens/leerder ‘n ander se godsdiens, taal of kultuur afkraak of slegmaak nie. Hierdie walglike “kuns” sou nie by my skool wat die waarde van respek teenoor alle godsdienste, kulture en tale uitleef, toegelaat word nie. Ons respekteer mekaar al is ons almal anders. Daardie goed respekteer nie die Christelike geloof nie. En ek weet my Moslem- en Hindi-leerders sal ook almal hierdie “kuns” veroordeel.

Elizabeth curle ·

My eerste reaksie was skok en ongeloof, toe woede en toe hartseer. Huil hartseer. Ek wou God om verskoning vra, vergiffenis afbedel. Ons word tog geleer om vir mekaar te bid? Toe besef ek deur net te bid gaan nie hierdie saak oplos nie. Ons samelewing is vrot tot in die gebeente. Die blote feit dat hierdie leerder geloof is vir sy kunswerke, pryse en toekennings ontvang het en n ovasie daarvoor gekry het, laat my glo dat die “spogskool” se totale struktuur indruis teen sy motto van “Aan God al die Eer”. Die skade aan Grantleigh is onomkeerbaar. Die algemene opvatting dat n christen ook die ander wang moet daai, is nie geregverdig nie. Geen mens kan n ander dwing om te glo nie. Ons kan wel aandring op dieselfde respek wat vir alle denominasies geld. Selfondersoek deur Grantleigh kan dalk vrugte afwerp. Dit is hartverskeurend om Die Een wat aan n Kruis vir my gesterf het as n nar uitgebeeld te sien. Dit maak intens seer…hier waar my hart in my bors klop.

elna ·

Die tema vir die eindeksamen was roetines en rituele, daaruit moes die leerders n eie onderwerp bou…

Mitzi Viljoen ·

As die sogenaamde kunstenaar wou wys hoe vals ons Christene is, hoekom wys hy nie die méns se verrotte binneste en geveinsdheid nie, hoekom val hy Christus aan? Ons moet verdraagsaamheid hê teenoor alle ander gelowe maar net nie die Christengeloof nie – dis vir elke “clown” om ‘n bespotting van te maak en ons mag nie beswaar maak nie. Hoekom die duiwel uitbeeld as die oorwinnaar oor Jesus? Dis verwronge en kan nie verdedig word nie. Dankie aan mnr Anderson ons ondersteun jou.

Ware Kleure ·

Bome word altyd aan hulle vrugte geken. En so is dit duidelik wat kruip daar onder rond in die ‘wonderlike christen skool’. En die skool se bestuur hou hulself eweskielik dom. Ek lag.

Gysbert Dunsbergen ·

To God be the Glory is die skool se leuse….hoe ironies! maar God slaap of sluimer nie en dit sal nie ongestraf bly nie .Ons kan nie net die skool blameer maar kinders word nie meer met Christelike waardes opgevoed nie!! Dis skokkend!! Duidelik weet die ouers nie meer wat hulle kinders doen nie…..

susan ·

Elna, jy verwys na Dept v Onderwys se kunstema vir gr 12, 2019. Die leerling onder bespreking is by IEB en hulle kunstema is “In a limenable space”, wat verwys na “what was” en “next”. My persepsie is dat Christendom was en satanisme is volgende. Skokkend en tog tiperend van die nuwe orde in dife wêreld.

Michelle ·

Die is nie kuns nie daar is nie meer respek vir ons Almagtige God nie. Dit is satanisme.

Julie ·

What a load of face saving rubbish in the statement the school has released. Of course they knew how satanic and desecrating of Jesus that is. Nothing ends up in the foyer like Oops, just got there somewhere along the way. Teachers and the principal all knew. How did the teenager even get past completing the first ‘artwork’ (abomination)? At the very first one he should have been stopped – No, you don’t do that here! But he went on to produce enough material to start a coven and even get awarded for it??? No Grantleigh. Your statement released is hogwash and vapour and a blatant lie. ‘To God be the glory.’ You will be accountable because in bare faced hypocrisy you denigrated the Lord of glory and held it up on display for all to see and commended it. Though so disgustingly defiled on earth by ignorant arrogant sin filled finite creatures, in heaven living creatures surround His throne and cry out day and night Holy Holy Holy! He is worthy. (ref Revelation 4 .)

Martin ·

OK, kom ons kyk wat gebeur as een van die kinders iets soortgelyks daar uitstal met Alah en voorvader geeste. Dan dien ons hoe groot herrie gaan daar los reek en tien teen een gaan dit in n hof eindig en/of gaan die kind geskors word.

Buckles ·

Eks jammer, ek sien niks satanisties hier nie, en ek weet meer van dit as baie van julle.
Wat ek hier sien is ‘n uitbeelding van die sameleweing, en julle sien dit ook maar wil dit net nie erken nie.
Ek is ‘n christen, maar stem al lankal nie meer saam die kerk of ander christine nie.
Julle kies watse gedeeltes om te volg en in te glo.
Julle sal die man op die straat nie help nie, maar elke sondag in die kerk sit.
(en wat van gay mense in die kerk…?)
In julle gemeentes is daar mense wat nie weet waar hulle gan kos kry nie, maar julle sal eerder vir julle self take-aways gan koop.
Julle sal nie die ou mense wat aleen is in die ouetehuis gan help nie, maar elke sondag hoor julle julle moet vir julle ouers lief wees.
Die afrikaanse musiek wat julle luister, is net vol seks, maar dis ok, want dit dans mos lekker.
Die engelse musiek, weet julle nie eers waaroor hulle sing partykeer nie, maar die beat is mos cool.
Gan kyk na Lady GaGa musiek videos, en dan kyk jy weer na die kuns, dis presies die selle!!!!
En dan wil julle nou kom stem dik maak oor die??
Jy kan nie een vorm van kuns kruisig en die ander een los nie.
So klim maar van julle perdtjies af, en maak julle oe oop.

Ag regtig ·

Buckles, jy is ‘ n Christen, maar jy stem nie saam met die kerk of ander Christene nie? Nou raas jy oor almal die ‘kunswerke’ veroordeel, maar in dieselfde stem veroordeel jy. Hoe weet jy hoe voel ek oor gays, hoe weet jy of ander mense die armes en ou mense help? Of ons verkeerde musiek luister? Jy klink vir my baie soos die Fariseër wat gebid het en dankie gesê het dat HY nie soos die tollenaar is nie. Ek dink jy gaan baie eensaam wees in jou eiegeregtige hemel.

Buckles ·

Ag Regtig – Ek het gesukkel om ‘n antwoord op jou comment tekry, eers toe ek agtrerkom jyt nie rerig ‘n stelling gemaak nie, net geraas, was dit makliker.

Jyt heeltemal gemis wat ek proebeer se, dalk moet ek meer verduidelik…..

Ek gan weer se, jy kan nie een vorm van kuns kruisig en die ander los nie, net omdat jy nie saam met dit wat uitgebeeld is stem nie.

Maar niks van jou argument het gegan oor dit nie….

En gan lees maar na al die comments op die blad, ekt lanklaas so baie haat en woedde op een plek gesien, is dit nou nie ‘n wonderlike voorbeeld van ons christenskap nie?

Niemand praat van om die kunstenaar te proebeer help nie, nee nee, dis te veel moeite, almal se eerder maak die skool toe, of dank die onderwyser af, of erger!

So kom ons proebeer weer?

“I wouldn’t say a single word to them. I would listen to what they have to say, and that’s what no one did.” – Marilyn Manson :

Honeybee ·

Ag goeie genade! Klim tog net van julle verhogies af en hou op dweep met julle Christenskap! Julle veroordeel en “smite” links en regs voordat julle weet wat die storie agter die storie is. Al wat ek in hierdie video gesien het, was fantastiese kunswerke deur baie talentvolle jong kunstenaars wat deur hul kuns kommentaar lewer op ‘n siek, geldgierige samelewing. As julle regtig Christene was, sou julle nie so vinnig veroordeel het nie. Dis nie God se wense nie. Judge and be judged.

B.B. ·

Skokkend…dan vra mense nog…Hoekom bly die reent weg..? .As ek so bespot word…sou ek dat dit NOOIT gereen het nie…DIT HOORT GEENSINS BY N SKOOL NIE…en waarom die Bybel opskeur …al klaar n teken van GEEN RESPEK…kon mos n koerant of iets anders gebruik het…Wel, OUERS …………………
Besluit self of jy jou kinders wat daar skool-gaan deel wil maak van sulke tipe van KUNS…..
Dis aaklig…en die Hoof moet ook verantwoordelikheid neem van wat in sy skool aangaan..!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.