Ouetehuis in Bethal beroof

Argieffoto

Die SAPD is op soek na drie persone wat op ʼn ouetehuis in Bethal in Mpumalanga toegeslaan het.

“Twee mans en ʼn vrou het Vrydag omstreeks 23:00 op die ouetehuis toegeslaan,” het kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die vrou het ʼn japon aangehad. Hulle het ʼn veiligheidswag genader, wat by die hoofhek aan diens was, en haar in kennis gestel dat hulle ʼn familielid wil besoek.”

Die veiligheidswag het hulle in kennis gestel dat besoekure verby is, waarna die twee mans vuurwapens na voorskyn gebring en die veiligheidswag gedwing het om die hek oop te maak. Die wag het die hek oopgemaak, uit vrees vir haar lewe.

“Die vrou het die twee mans gewys waar om ʼn sleutel tot die perseel te kom. Sy het slegs vir hulle gewys sonder om ʼn woord te sê, en haar gesig was met ʼn bruin serp bedek,” het Bhembe bygevoeg.

Die drie persone is daarna na die matrone en het haar gedwing om hulle na ʼn kluis te neem waar hulle sleutels tot die woonstelle kon bekom. “Die groep het juwele uit die kluis, televisiestelle en dekodeerders gebuit.”

Hulle het van die toneel gevlug in ʼn wit bakkie.

“Die waarde van die gesteelde eiendom is nog nie bekend nie. Niemand is nog tot dusver in hegtenis geneem nie. Enigiemand met verdere inligting word versoek om ao George Makgamata te kontak by 082 304 0052.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Koos ·

Maroela media, miskien moet jul net weer gaan seker maak oor jul feite.

Gerrit ·

Feite ,waarvan praat jy hier word net met woorde gespeel soos verdagtes,vermoedelik ens geen feite nie.

Coenie ·

Beter beskrywings sal goed te pas kom was die drie verdagtes ,Maori,australiese aboriginals en die maak van die wit bakkie met die inligting sou nie eers Piet Byleveld of lt Joe Kend kon help met die ondersoek nie.

John ·

‘n Eensame vroulike wag… die skelm moes geweet het van die swak plek in die mondering… Selfs die platteland is nie meer ‘n rustige plek nie en kluise net ‘n troos…

Peet Schabort ·

Ek was sopas met die ouetehuis in verbinding. Soos ook berig deur die plaaslike koerant die Ridge Times was die wag MANLIK.
Koos is reg dat julle feite verkeerd is alhoewel julle daarop gewys word maar dit ignoreer.

Daan ·

Ek het weer gehoor daar was net n paar ganse wat by die deur saam was maar hulle is verwilder nadat die skietgeveg uitgebreek het.

Buitestander ·

Mense verstaan tog asb. die ouetehuis mense moet gekalmeer word en nie oploop gesit word met sikruteits probleme nie.
In die feesseisoen is baie van die mense by hul geliefdes en nie in die tehuis nie.
Die wat nie geliefdes het waarna hulle kan gaan nie moet rustig gehou word.

Vanessa ·

Daar is so baie soortgelyke fasiliteite sonder ‘n enkele sekuriteitswag in sig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.