Ouma, dogter en kleindogter wreed vermoor

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

(Argieffoto: Kent Williamson)

ʼn 29-jarige man is in Sobantu in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, in hegtenis geneem op drie aanklagte van moord en twee aanklagte van verkragting.

Konst. Thenjiswa Ngcobo, woordvoerder van die polisie, sê ʼn 65-jarige ouma is Maandagaand in dié gebied vermoor en haar 46-jarige dogter en agtjarige kleindogter is verkrag en vermoor. Die voorval het in Duberylaan plaasgevind en Mountain Rise-polisie ondersoek die saak.

“Die polisie het inwoners ondervra en inligting het hulle na die huis van ʼn 29-jarige man gelei. Hy was die laaste persoon wat saam met die slagoffers gesien is,” het Ngcobo bygevoeg. “Beamptes is na sy huis om meer inligting te kry vir hul ondersoek, maar hulle was geskok toe die man steeds in bloedbevlekte klere aangetref is. Hy kon nie ʼn behoorlike verklaring gee oor die bloedvlekke aan sy klere nie.”

Die man is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

LeanetteS ·

Siek!!! Wat gaan aan in KZN in die laaste maande, asof die Duiwel los is daar?

Yvonne ·

Ons pragtige land is besmeer met die bloed van slagoffers…..boosheid neem by die dag toe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.