Ouma en kleinseun kritiek ná swerm bye hulle aanval

Argieffoto (Foto: PollyDot, Pixabay)

Argieffoto (Foto: PollyDot, Pixabay)

Twee persone is in ʼn kritieke toestand nadat ʼn swerm bye ʼn gesin Saterdagmiddag in Doonside, Amanzimtoti in KwaZulu-Natal aangeval het.

“Die swerm het ʼn ouma aangeval,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Haar kleinseun, ʼn volwasse man, het haar probeer help en hy het die ouma op sy rug getel en ʼn kombers om hulle gegooi om van die bye te probeer wegkom. Binne ʼn paar meter het die man ook honderde bysteke gehad en hy moes gaan sit.”

Volgens Botha het die brandweer hul toerusting en asemhalingstoerusting gedra om hulself van die swerm bye te beskerm.

“Die man en sy ouma is na veiligheid gebring,” het hy bygevoeg. “Die brandbestryders het ʼn fyn misreën om die pasiënte en paramedici gespuit om die bye te laat bedaar.”

Eers toe hulle die kombers kon afhaal, het hulle gesien die ouma het duisende bysteke opgedoen.

“Die man en die ouma is na ʼn provinsiale hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Botha gesê.

Volgens berigte op die toneel het kinders op ʼn swerm bye in ʼn buiteband afgekom en hulle het klippe na die band toe gegooi. “Die oomblik toe die bye gesteur is, het hulle die mense begin aanval. Die ouma het ongelukkig op daardie oomblik by die toneel verbygeloop.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kobus ·

As daai kindertjies myne was sal hulle vir die volgende paar dae nie baie gemaklik kan sit nie.

DPJ ·

Kobus jy is reg maar jy sal van kindermishandeling aangekla wees.
Gaan die kinders nou van openbare geweld aangekla word?

Patricia ·

Julle het my kommentaar watter velde moet ek invul laat weet asb. En dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.