Ouma en oupa het glo kleinkind vergiftig

ʼn Man en ʼn vrou, tussen 75 en 80 jaar oud, is in Masoyi naby Hazyview in Mpumalanga in hegtenis geneem op aanklag dat hulle hul kleinkind vermoor het.

“Die inhegtenisneming volg ná lede van die gemeenskap die egpaar voorgekeer en ondervra het oor die afsterwe van hul 18-jarige kleinseun,” het brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, gesê. Hy het op 19 Januarie verdwyn. “Ná die ondervraging het die gemeenskap die reg in eie hande geneem en die egpaar met buitebande aan die brand gesteek. Die polisie is na die toneel ontbied en hulle het die egpaar gered. Beamptes het gehoor die gemeenskap het opgetree ná die seun se liggaam op 24 Januarie in die bosse naby hul huis gevind is.”

Die egpaar is tans onder polisiebewaking in die hospitaal waar hulle aansterk.

“Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die jong man vergiftig is. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord (een die egpaar) en twee sake van poging tot moord (teen lede van die gemeenskap),” het Hlathi bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johann van Cullinan ·

Nou is julle juge en jurie. Neem net aan, ouma en oupa is skuldig. Hoekom sal sulke oumense so iets aanvang.

Lola ·

Dit is te verstane. Die kinders maak babas en dump hulle by die grootouers wat seker nou regtig nie lus is om om daardie ouderdom na ‘n babatjie om te sien nie.

Skerpioen ·

Dis n siek wereld. Mens moet eers wag om te hoor of die ouma en oupa dit wel gedoen het en hoekom. As die jong mans was soos baie van vandag se swart jeug wat net wil demand en afbrand, kon hy seker vir sy ouma en oupa n harde tyd gegee het… ek sê maar net.

Kraai Hartzenberg ·

??????? dis n groot vraag. meer ondersoeke moet gedoen word

Poppie ·

seker het kleinkind dwelm.probleem… ek sou ook so iets doen uit ondervinding met dwelmverslaafte mens kom tot op daai punt wat mens so voel

Vivian ·

Die wereld is wat dit is omdat mense aan neem en suggereer wat hulle dink die waarheid is!Dis jammer om te lees vd jongman se dood en my simpatie met die familie.Sal ons ooit verstaan hoekom die mensdom homself as regter en toediener van straf sien?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.