Ouma gaan valskermspring op 100ste verjaarsdag!

Georgina Harwood Foto: NSRI

Georgina Harwood Foto: NSRI

Georgina Harwood vier op 10 Maart haar 100ste verjaarsdag en beplan om op dié dag uit ʼn vliegtuig te spring ten bate van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI).

Harwood is al haar lewe lank betrokke by omgewingsake en is ʼn ywerige NSRI-ondersteuner.

Sy gaan die valskermsprong opdra aan al die NSRI-vrywilligers en sy wil bewusmaking skep oor die organisasie. Sy het ook ʼn fondsinsamelingsveldtog ten bate van splinternuwe lewensreddingsbaadjies wat aan soveel as moontlik bemanningslede geskenk kan word. Een lewensreddingsbaadjie kos R1 200.

“Ek is banger as wat ek vroeër was,” het sy gesê. “Dit is ʼn groot sprong, met dié dat ek 100 jaar oud word.”

Klik hier om ʼn bydrae te lewer tot die NSRI deur Georgina se bladsy.
Klik hier om haar Facebook-blad te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Alet ·

Wat ‘n besondere persoon. Good Luck met die sprong en ek hoop jou geld insameling veldtog werp baie vrugte af.

Tammy ·

Ouma, is jy nou laf om sulke dinge aan te vang? Dink aan die gevolge.

Eish! ·

Ek is 49, en liggestemd in my voete. Wens ek kon dit saam haar doen. Wonderlik dat sy kans sien vir dit. Dit is nog my droom ook, maar ek het nie geld nie.

Drieks ·

Help iemand vir Eish om sy droom te kry asseblief. Voorspoed vir tannie…

SNEL ·

Ek weet darem nie of ek dit op 100 sal doen nie, ek sal bang wees my blaas laat my in die steek daar in die hoogtes as die vrees sy kloue om my slaan. Nee vrek, ek sal eerder aan iets anders dink om op my “bucket list” te sit, iets nader aan die grond. Die tannie sien vir baie kans, ek haal my hoed vir haar af en eet hom op.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.