Ouma glo deur kleinseun verkrag

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 77-jarige vrou is na bewering voor haar sieklike man deur die egpaar se 20-jarige kleinseun verkrag in Bloemfontein in die Vrystaat.

Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het gesê die kleinseun het na bewering op Oujaarsdag by sy oupa en ouma se huis in die JB Mafora-woonbuurt opgedaag. Die ouma was in die kombuis besig toe die kleinseun glo op haar gespring het en haar met sy vuiste bygedam het.

“Sy het probeer om vir hulp te skree maar haar man kon net magteloos toekyk. Die verdagte het aangehou om haar aan te rand voor hy haar klere uitgetrek en haar verkrag het,” het Kareli gesê. Die verdagte het van die toneel gevlug waarna die vrou na die bure se huis gehardloop het om hulp te ontbied.

Die 20-jarige kleinseun is Saterdag in hegtenis geneem waar hy by ʼn stortingsterrein weggekruip het. Die verdagte sal binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

snel ·

Goeiste, dis vreeslik. Wat n skok vir n Ouma en Oupa, dat hulle eie bloed so iets aan hulle kan doen. Waar gaan alles heen, waar is respek, omgee en liefde vir jou naaste, wat nog te praat van eie familie. Dis vreeslik!!!!

Anne Fourie ·

Dit is siek, siek, siek! Wat word van die jeug? Hoeveelste berig waar kleinkinders hul groot ouers aanrand of vermoor! Weereens – SIEK!!!

annette duvenhage ·

Die vernedering wat die arme ou mens moes deurmaak deur haar eie vees en bloed…ongelukkig glo hulle nie in disipline nie en ook nie aan vitamine 5 nie. Wat leef ons mee saam. Bring die doodstaf terug en al hierdie nonsens sal stop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.