Ouma help polisie soek na vermiste tiener

Lisakhanya Siwani (14) (Foto verskaf)

Die polisie in Port Elizabeth het Dinsdag gesê beamptes is op soek na ʼn 14-jarige seun. Lisakhanya Siwani is oor die naweek as vermis aangemeld.

Kapt. Andre Beetge, woordvoerder van die polisie, het gesê die tiener se ouma het hom verlede week Vrydag laas gesien net voor sy weg is werk toe in Ranisistraat by NU8 Motherwell.

Toe die ouma later terugkeer van die werk af, was Lisakhanya nie by die huis nie. “Die ouma het die tiener by familielede en vriende se huise in die omgewing gaan soek. Sy het Saterdag ook gesoek, maar daar was geen teken van hom nie.”

Enigiemand wat weet waar Lisakhanya homself bevind word versoek om die polisie te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

PIPPIE LANGKOUS ·

Het hulle dalk vir die skool gevra of hy daar was die dag? Sekerlik kan die skool hulle ‘n antwoord gee?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.