Ouma in hof op seksaanklag

2013_10$thumbimg131_Oct_2013_102847204ʼn Ouma van Mpumalanga het Maandag in die Nelspruit-streekshof verskyn op aanklag dat sy haar oorlede man aangemoedig het om seks te hê met haar sewejarige kleindogter.

Die 65-jarige vrou het onskuldig gepleit op aanklagte dat sy iemand aangehits het om ʼn seksuele misdaad te pleeg, sameswering om te verkrag en poging tot moord. Die hof het gehoor dat die vrou se man die meisie twee keer in 2008 verkrag het. Die man, die slagoffer se stiefoupa, is in April verlede jaar oorlede. Lucas Ndlovu, wat ten tyde van die beweerde voorval as ʼn dokter by die Rob Ferreira-hospitaal gewerk het, het getuig dat die meisie, nou 12 jaar oud, MIV-positief is. Hy het aan die hof gesê dat hy die meisie op 13 Desember 2008 ondersoek het en dat hoewel hy nie kon bevind dat sy onlangs verkrag is nie daar tekens was dat sy wel vroeër verkrag is. Ndlovu sê dit is nie duidelik hoe die meisie MIV opgedoen het nie. Hy sê die slagoffer se ma is MIV-negatief en is die meisie dus nie met die virus gebore nie. “Ons toetse het nie gewys hoe sy die virus opgedoen het nie maar haar ma is nie MIV-positief nie en daar was geen semen in haar gevind nie.” Landdros Andre Geldenhuys het aan die hof gesê die slagoffer kon nie Maandag in die saak getuig nie aangesien sy besig is om eksamen te skryf. Die beskuldigde is op waarskuwing vrygelaat en die saak is tot 22 Mei uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Slim Daan ·

Benewens dit. Hoe ernstig is die regering van ons om hierdie aanslag op vrouens en kinders hok te slaan, as die besk. op waarskuwing vrygelaat word ??

Alta ·

Die regering gaan nie hierdie ding hok kan slaan nie. Die mense gaan maar gereg in eie hande meot beginne neem, en sommer ontslae raak van die lyke. Dis al wat gaan werk wnat niemand luister nie en niemand gee om vir hierdie kindertjies nie.
Ék dra self kennis van ‘n paar molestering en verkragting and aanranding sake op kinders, neimand word skuldig bevind nie. Sodra die kinders nie self kan getuig in die hof nie, word die sake uitgegooi.
My ex swaer het sy dogtertjeis gemolesteer, was nog nie eers 5 jaar oud nie, pornografie flieks ens saam hulle gekyk,m die die een verkrag, waar is hy vandag, ‘n vry man. Die saak het amper 7 jaar gehardloop op die hof rol, elke 3 maande uitgestel en uitgestel, en op die ou einde kon die kinders nie meer getuig nie, die saak is uitgegooi.
My ander suster se vriend eht haar seuntjie van 3 met die vuis opd ie bors geslaan, was potblou, hy het haar half dood geslaan, voor en terwyl die aanranding op die kind se saak gehardloop het, wat gebeur, die saak is uitgegooi wnat die kind is uiters bang om voor die man te verskyn.

So kan ons aangaan.

Die hof se stelsels werk nie reg nie, dus, eie gereg is die beste vandag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.