Ouma, kleindogter deur boerboel aangeval

Wonde wat die 61-jarige vrou opgedoen het (Foto: Verskaf)

ʼn 61-jarige vrou en haar vierjarige kleindogter van Ottawa in KwaZulu-Natal word vir bytwonde behandel nadat hulle glo Vrydag deur ʼn boerboel aangeval is.

Die gemeenskapspolisiëringsforum Reaction Unit South Africa is glo Vrydagmiddag na die 61-jarige vrou se huis ontbied.

Nooddienspersoneel verbonde aan dié forum het die vrou en haar kleindogter met hul aankoms by die toneel vir verskeie wonde behandel en die twee toe na die hospitaal vervoer.

Prem Balram, woordvoerder van Reaction Unit South Africa, sê die vrou en haar dogter het glo na ʼn snoepwinkel oorkant hul huis gestap om ʼn brood te gaan koop toe die boerboel uit een van die erwe in die omgewing losgekom het.

Dit is onduidelik of die boerboel aan die eienaars van die snoepwinkel behoort.

“Die boerboel het glo van sy ketting losgebreek en die kind aangeval,” sê Balram. “Die ouma het die hond weggeruk in ʼn poging om die kind te beskerm en is ook aangeval.”

Sowel die ouma as die kleindogter se lewe is nie in gevaar nie. Hulle is volgens berigte reeds uit die hospitaal ontslaan.

Wonde wat die 61-jarige vrou opgedoen het (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Elria Jordaan ·

Ouma jy is n heldin jy verdien n medalje. Hoop jy en jou klein dogter word gou gesond. Maar die mense van dai hond moet betaal. Bid vir julle na die trauma.

D V ·

Elria ek stem saam die ouma vedien ‘n medallje.
Ek hoop die eienaar van die honde kom navore en vrae te minste omverdkonig die 0uma en klein dogter en help hulle.

PJC ·

Wanneer mense nie behoorlik na hulle kwaai honde kan omsien nie moet die diere weg gevat word by hulle. ń Groot kwaai hond moet soos ń vuurwapen verantwoordelik na omgesien word.

Francois Joubert ·

Geensins gevaarlik vir jou as eienaar mits dit ‘n opregte boerboel is. Probleme kom met ‘n hond wat lyk soos ‘n boerboel maar nie een is nie. Hoeveel van julle het geweet dat een van die veiligste honde by kinders ‘n rotweiler is? Moet dit net nie in SA probeer tensy jy ‘n baie goeie teler ken nie.

Leeutjie ·

Rottweiler…ek stem. Die mooiste dier en getrou! Lief hulle!

Verstom ·

Hoe verskriklik is dit nie en moes dit nie gewees het nie. So jammer dat gevaarlike honde nie eerste hulle eienaars byt nie. Moet tog nou net nie weer met die veiligheid storie begin nie. Daar is ander maniere om jouself te beveilig as met ‘n mensvreter hond.

LOL ·

Ketting die verdomde eienaar!!!! Dis teen die wet om n dier te ketting juis omdat dit aggressie kweek. Sterkte aan die slagoffers.

Daan Erasmus ·

Geen hond word gevaarlik gebore nie. Honde word gevaarlik geleer. Ongelukkig met ons misdaad situasie moet jy ‘n hond kwaai leer.

Valerie ·

Gevaarlike honde hoort nie in woongebiede nie. Wat verstaan die eienaars nie?

**anoniem** ·

Nee Koos hy moenie, dis ‘n dier wat verkeerd geleer is en nie reg aangehou is nie! Die eienaars moet verantwoordelik gehou word vir mediese kostes!

Corne ·

Stem saam. Die Eienaars moet verantwoordelik gehou word. My man leer alle rasse honde met hul eienaars en die honde is baie gedisiplineerd en gehoorsaam. Absoluut die eienaars se skuld, nie die hond s’n.

JohanII ·

Eks met jou koos…maak van kant, onmiddelik. Kry v jou n brak wat nie mense so kan verskeur nie…niks meer as 12kg weeg nie. Klein hondjies is in elkgeval beter waghonde ook.

pieter ·

boerboele gevaarlikste brakke, bly weg gevaarliker as puttbulls, bly weg van kinders asb, hulke temprament swaai vinnig

Linda van Mosselbaai ·

My kleindogter het ook ‘n waarskuwing van ‘n boerboel weg – was baie kere aan huis van die eienaar – hy het haar oor haar kop so ligte waarskuwings byt gegee merke het aan haar oor gesit

LouE ·

Die eienaar van die hond moet in sy persoon verantwoordelik gehou word asof hyself die aanval uitgevoer het. Hy moet ten minste tronkstraf kry en die hond moet vankant gemaak word en hy moet die ouma en kleinkind vergoed soos per siviele eis. Mens praat en praat en elke keer is daar verskonings soos hierbo. Dis nou tyd om te voel.

**anoniem** ·

New LouE, ek dink jy redeneer heeltemal verkeerd! Ja, die eienaar moet verantwoordelik gehou word vir mediese behandeling en self dalk trauma behandeling, maar die hond is/word verkeerd aangehou en is so geleer! Jy is duidelik nie ‘n diere liefhebber nie!

Leser1 ·

Honde word word kwaai geleer. Enige hond sal so optree as hul aan n KETTING vasgemaak word. Die eienaars is skuldig deur hul hond met n ketting vas te maak. Enige dier, en selfs mens, sal frustreerd raak

Driekie ·

Gevaarlike honde mag dalk ‘reg geleer’ word en vredeliewend wees teenoor hul eienaars, maar hulle sien enige ander persone as indringers of n bedreiding…. Sommige verbygangers kon diere dalk al geterg het…..dit is waarom hulle aanval. Dus, aan eienaars…jou goed opgeleide hond is dalk nie vir jouself n bedreiging nie, maar wel vir ander onskuldige bure of verbygangers….

Natan ·

Interessant hoe baie die hond belaster. ‘n Persoon wat naby my bly het my hond raakgery terwyl by onder die invloed van drank bestuur het en voor my hek gejaag het toe die hek oop was en ek moes inry. Die hond het buite die hek sy plek gemerk en was sigbaar. Die hond het mantelvliesbreuk opgedoen. Na ‘n operasie van oor die R6000 is die hond genadiglik weer reg. Die persoon het soos mis voor die son verdwyn rakende enige belangstelling na die ongeluk alhoewel ek hom telefonies ingelig het oor die hond se situasie, soos hy gevra het. Sal bly wees indien by ook uitgesit kan word, kan net goed vir die genepoel wees. Wonder hoekom trek die hond altyd aan die agterend terwyl die mens intelligenter moet optree.

Miekie ·

Ek dink aan die trauma vir die ouma en kleinkind. Maar net soos die pitbulls en boerboele wat met iets van alles gekruis word en geleer word om te baklei kry hulle ‘n slegte naam. Ons het op ‘n plaas gebly en het net boerboele gehad en later ‘n Jack Russel in die huis. Die kleinkinders het perdjie op die boerbulle gery daar was nooit enige aggressie teenoor ons as huismense of kinders nie. Honde moet net soos kinders reg opgevoed word en nie aan kettings om hulle nekke aan bome vasgemaak word ni.

Blommie ·

Sulke goed maak my sommer baie kwaad, hoekom moet die arme honde daaronder ly, net omdat hulle eienaars hulle nie kan toe hou nie.
Nee man en dan word die arme hond van kant gemaak, daar moet sommer n ordenklike boete of straf aan die eienaars gegee word wat nie na hulle diere kan omsien nie.
Ek draf gereeld en tenminse 2 uit die 5 keer kry ek gevaarlike honde buite die erf wat m wil aanval, gelukkig nog nie. Alhoewel ek nou maar met Pepper spray draf en glo my ek bid laat ek dit nie hoef te gebruik nie. Maar wat doen ek as die hond my aanval??? Nee man mense kry verdomde verantwoordelikheid vir julle gevaarlike diere.

kas ·

Ek verstaan nie hoekom moet die hond vankant gemaak word nie.Hy was duidelik nie ordentlik toegemaak nie.’n Kwaai hond moet ‘n aanwins vir sy mense wees en nie ‘n las vir ander nie.Ek het self ‘n boerboel gehad.My hengelmaat Nie eers ‘n bees het naby my gekom nie.Hy was nooit agressief teenoor ons nie maar het wel mense gebyt wat sommer net ingestap het.Hy was pa se seun en het altyd in die middae kom groet as ek by die huis kom.Op die bank gespring en met sy kop op my skoot gele.

kas ·

Ag ou Blommie.hoe weet jy hulle is gevaarlik as hulle jou nog nie aangeval het nie.Blaf hulle vir jou.Ek het nou so geskrik want ‘n hond het geblaf.Pepperspray het geen uitwerking op honde nie.Dit is hoekom hulle gebruik word vie skarebeheer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.