Ouma, kleinkinders gyselaar gehou ná rooftog

Argieffoto (Foto: SAPD/Facebook)

ʼn Selfoonwinkel is Dinsdagoggend in Cato Ridge in KwaZulu-Natal beroof toe vyf mans die winkel betree en personeellede met vuurwapens gedreig het. Die voorval het omstreeks 10:30 plaasgevind.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê die verdagtes het ʼn groot hoeveelheid selfone gebuit voor hulle in ʼn wegkomvoertuig van die toneel gevlug het. “Magma-sekuriteit is dadelik ontbied en hulle het reageer voor hulle die polisie gekontak het.”

Die verdagtes het in die rigting van Umbumbulu gevlug. “Hulle het op ʼn grondpad beheer verloor oor die voertuig. Hulle het uit hul voertuig gespring en weggehardloop terwyl hulle skote op die beamptes gevuur het.”

Een van die verdagtes is in hegtenis geneem. Die ander het in die bosse in gevlug. “Polisiebeamptes van die honde-eenheid en die spesiale taakmag het ook by die jaagtog aangesluit. Een van die verdagtes het in ʼn nabygeleë huis ingestorm en die inwoners gyselaar gehou.”

Gyselaar-onderhandelaars was op die toneel en die verdagte is in hegtenis geneem. Daar is beslag gelê op sy vuurwapen. “Die ouma en haar twee kleinkinders is gyselaar gehou. Hulle is ongedeerd vrygelaat.”

Drie verdagtes is nog voortvlugtig. Die honde-eenheid is op hul spoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kokerboom

Dwing maar die gevange boef om te erken wie sy maatjies was. Enigste oplossing

Diline

Lyk my meeste van die kriminele het nou KZN toe getrek! Die aantal kriminele dade wat daagliks daar plaasvind is skokwekkend! Tyd dat die USELESS polisie hulle werk daar begin doen.

Shakespeare

Zuma se kriminele is hard aan die werk. Wat vir my die ergste is, is dat die vervloekte ANC/EFF dit toelaat en goedkeur. BLERRIE KOMMUNISTE !!!