Ouma, kleinkinders sterf in brand

Foto verskaf/ANA

Die polisie in Mthatha in die Oos-Kaap ondersoek drie sake van moord ná ʼn ouma en haar twee kleindogters Maandagoggend onherkenbaar verkool het.

Dineo Koena, woordvoerder van die polisie, het gesê die 61-jarige vrou en haar kleinkinders, onderskeidelik vyf en agt jaar oud, is omstreeks 07:00 dood aangetref by hul huis in Wushestraat in Slovo Park. “Die drie persone het vermoedelik in die huis geslaap toe die huis afgebrand het. Die polisie ondersoek drie aanklagte van moord en brandstigting, aangesien vuilspel vermoed word.”

Die motief vir die moorde is nog nie bekend nie. Niemand is al in hegtenis geneem nie.

Brig. Mandlakhe Twala, waarnemende bevelvoerder, het die aanval veroordeel. Hy doen ʼn beroep op die gemeenskap om die polisie met inligting by te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

marous ·

Die publiek smeek die polisie om hulle by te staan , en die strate dag en nag te bewaak , met eerbare beamptes wat nie skroom om vuilgoed uit te roei nie ,en wie se bevelvoerder hul ten volle ondersteun . Maar nou ja , die publiek kan seker meer hoop op Jan en die boontjie rank wat snags groei om te kan vlug ….

Plase/Boere ·

So waarom kan die sg. weermag nie ons boere beskerm nie? of is hulle ook deel v/d moorde en misdaad soos sommige polisielede? oh Pleeze!

Elsa ·

Plase/Boere, hoe wil jy hê moet die sg. weermag die boere beskerm.? Die plase is wyd oor die land versprei en sommige plase is so groot dat plaashuise nie eens naby mekaar is nie. Waar gaan daardie weermaglede tuisgaan? Gaan boere hulle op hul plase huisves en hulle elke dag kos gee? Dis net nie moontlik nie en ook nie prakties nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.