Ouma, kleinkinders sterf in brand

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 70-jarige vrou en haar twee kleinkinders is dood toe hul huis afgebrand het in Willowvale in die Oos-Kaap.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die huis waarin die ouma en haar twee kleinkinders was, het vroeg Dinsdagoggend begin brand. Bure het omstreeks 05:00 vlamme uit die huis sien kom en die ouma en haar kleinkinders probeer red.

“Die ouma en haar twee kleinkinders, onderskeidelik nege en 11 jaar oud, het ongelukkig in die brand omgekom.” Volgens Manatha het ʼn elektriese fout glo die brand veroorsaak. “ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen. Die identiteit van die slagoffers sal weerhou word tot hul naasbestaande in kennis gestel is,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.