ʼn 70-jarige ouma en haar 11-jarige kleinseun is Dinsdagoggend kritiek beseer ná aanvallers hulle by hul huis in Florida, Gauteng, met grawe aangeval het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici is die oggend omstreeks 08:23 na die huis ontbied. Met hul aankoms op die toneel het hulle die ouma en kleinseun in die huis in ʼn kritieke toestand aangetref. Hulle is glo met grawe in die gesig bygedam.
Dit is nog nie bekend hoeveel aanvallers in die huis was nie.
Paramedici het die ouma en kleinseun op die toneel behandel. Hulle is daarna per ambulans na nabygeleë hospitale geneem vir verdere mediese behandeling.
Die polisie was ook op die toneel om ondersoek in te stel.
Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, sê die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord.
Enigiemand met meer inligting oor die voorval kan die misdaadnommer by 08600 10111 kontak.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Meneer die President, woon jy nog in Suid-Afrika? Waar is jy?
Vrot land…vrot nasie!!
Dis tyd vir oorlog!!
Dis nou openlike terrorisme!!!!! Iemand sit agter die aanvalle en stook anargie
Ek het lanklaas oor so baie geweld in een week gelees in die nuus… dis skokkend. Hierdie land het nou totaal en al in wetteloosheid verval – maar jy word gearresteer as jy sigarette wil koop of drank oor ‘n naweek.
Wat ‘n sirkus…