ʼn Vrou, vermoedelik in haar 60’s, en haar kleinseun is ernstig beseer toe ʼn swaar boomtak tydens hul oggendstappie op Umbiloweg in KwaZulu-Natal afgebreek en op hulle geval het.
Garrith Jamieson, Rescue Care-woordvoerder, sê die twee beseerdes het op die plaveisel geloop toe die fratsongeluk gebeur het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24 wat ook op die toneel was, sê albei mense het ernstige beserings opgedoen.
“Paramedici het die beseerdes op die toneel behandel en vir hulle pynmedikasie gegee voordat hulle na ʼn hospitaal geneem is,” sê hy.
Meiring sê plaaslike beamptes was op die toneel. Dit is nog nie bekend hoe die ongeluk plaasgevind het nie, maar sterk wind word in dié stadium as oorsaak vermoed.
Waarskynlik sterk wind ja. Ons het hewige winde sedert gister.