Ouma, twee kleinkinders wreed vermoor

(Foto: SA Polisie)

Die polisie in Senwabarwana buite Dendron in Limpopo ondersoek die wrede moord op ʼn 67-jarige vrou en haar twee kleinkinders.

Die ouma en haar twee kleinkinders, onderskeidelik sewe en nege jaar oud, se liggame is Dinsdagmiddag in ʼn huis in die Maokeng-nedersetting gevind.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het die bure onraad vermoed toe hulle die vrou nie in die hande kon kry nie. Hulle het gaan ondersoek instel en op die grutoneel afgekom voor die polisie ontbied is.

“Die vrou en twee kinders is in ʼn plas bloed aangetref. Daar was gapende wonde aan hul liggame. Die 29-jarige ma van die twee kinders was glo nie tuis ten tyde van die aanval op haar ma en kinders nie.”

Die polisie vermoed die ouma en kinders is Maandagaand of Dinsdag in die vroeë oggendure vermoor.

Die oorledene is geïdentifiseer as Paulina Mafifi, Nathaniel Mafifi en Selaelo Mafifi. “Die motief vir die moorde is nie in dié stadium bekend nie en word deur die polisie ondersoek.”

Die polisie ondersoek drie sake van moord en het mense met inligting versoek om AO Albert Manaka by 082 414 6634 of Stop Misdaad by 08600 10111 in te lig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Genis ·

Liewe hemel, slaap CR in al die chaos? Is die goue seun ooit wakker? Kan iemand in die verotte SA opstaan en se, dis genoeg? Dit sal nie langer Geduld word nie?

Trotse Boervrou ·

Net soos al die moorde in hierdie land is hierdie weereens so tragies. Simpatie en sterkte aan die familie.
Steeds geen woord van die sogenaamde leier van Suid-Afrika nie. Nie dat ons ‘n sinvolle verduideliking te wagte is nie. Weet net dat julle ondersteuners besig is om in massas teen julle te draai. Uiteindelik sien hulle ook nou die ware kleure van ‘n patetiese, mislukte Regering wat apartheid holrug gery het. Ons vreet maar op en byt nog vas. Ek voorspel egter dat julle nie so gelukkig gaan wees met jul (gewese) ondersteuners nie. Hulle is woedend. Dit is ‘n kwessie van tyd voor die pot oorkook. Slaap/swyg rustig…

Faraway ·

My magteloosheid hierin kweek emosies wat ek kwalik kan hanteer!!!!!

Mariaan ·

Hoe hoe hoe ? Vermoor mens kinders sommer so?? Hoe? Walg my….wat op dees aarde gaan van ons word in hierdie aaklige land???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.